Struggle

Baie jare gelede was ek deel van die ‘daily post’ waar hulle daagliks ‘n onderwerp gee waaroor jy kan skryf. Baie gou het ek gevoel of ek verdrink tussen al die posstukke wat in my inboksie geval het en het ek opgehou daarmee. Ek was mos lus om oor ander goed ook te skryf! Nou, danksy die WordPress Leser wat ek, agteros, ontdek het, kom die ‘daily prompts’ nou ook voor my oë verby.

Struggle was een van die laastes wat nou verby gekom het. Deesdae het ‘struggle’ politieke waarde gekry en is jy ‘n held as jy deel van die ‘Struggle’ was. Die bevrydingsbeweging. Maar dis nie hoe ék aan die woord dink nie. Dalk verstaan ek dit verkeerd en ek het nie nou ‘n woordeboek naby nie, maar ek sien struggle as sukkel.

Soos, ek het ge’struggle’ om vol te hou om elke dag oor die gegewe onderwerp te skryf.

Ek sukkel met baie dinge, onder andere verhoudings. Ek dink nie ek is ‘n moeilike mens nie, tog trap ek tog te maklik in ‘n slaggat. Eintlik wil ek so graag dit reg hou met élke persoon, maar geen mens kry dit reg nie. Wanneer ek misluk op hierdie gebied, sukkel (struggle) ek om dit te verwerk.

Terselfdertyd, so lief soos ek vir mense is, so uiters nodig ek mense om my het, net so het ek baie alleentyd nodig, raak ek ook moeg vir mense.

Ek sukkel om vroeg op te staan. Sal daardie sukkel onder struggle tel? Ek sukkel om my tyd goed te bestuur. Ek sukkel om aan die gang te kom met sekere projekte, maar as ek eers aan die gang is, dan lóóp dit! Ek sukkel regtig om name te onthou, selfs my eie naam soms! Omdat ek te veel goed wil aanpak, sukkel ek om spertye te haal. Ek kry dit reg, maar op die laaste sekond! Ek sukkel om ongeskikte, dwars mense te verstaan. Ek sukkel om stil te bly as mense onregverdig is, veral as hul in my teenwoordigheid hulle mag misbruik. Ek sukkel sulke tye om my skerpioenangel in bedwang te hou.

Sukkel jy ook? Waarmee sukkel jy?

Toortsie

Toortsie by Finesse: Ek vra ‘n veer

19 thoughts on “Struggle

  1. Arrie gedorie Toorts, verbasend hoeveel struggles ons in gemeen het. Ek dink ons is ook vryheidsvegters. Die vroegopstaan struggle is die ergste. Ek wonder of ons ook by die regerende party kan gaan aanklop vir besoldiging. Ek verpes die bullebak tipes wie so hulle mag misbruik. Dan is dit veral mans wie hulle “superioritiet” oor hulle lewensmaats misbruik. Dis tussen aanhalingstekens omdat die bullebakke onder die indruk is dat hulle meer is as enige ander mens maar veral meer mens is as hulle vroue. Dit maak my sommer openlik wrewelrig en onbeskof teenoor hulle.

    Liked by 1 person

    1. Olga, ek was nie van die lot wat bra’s verbrand nie, tog het ek baie baklei vir vroue, veral in huwelike. Ek het ook in my jongdae baie baklei teen die idee dat vroue sekere goed nie mag bywoon, net omdat hulle vroue is nie. Ek dink nogals daar het ek wel iets reggekry. Een keer was daar opleiding vir boere toe nuwe arbeidswette ingekom het. Al die boere was daar en ek. Een man het 3 keer gevra hoekom ek daar is! Hy het net nooit vir mý gevra nie. Deesdae is dit nie meer vreemd dat my man my saamnooi na goed nie!, selfs al is ek amper die enigste vrou daar. Ek was ook een van net drie vroue op ‘n melkboertoer na Denemarke, iets war 20 jaar gelede totaal ondenkbaar was. My struggle het duidelik gewerk!

      Like

  2. Name,netheid,tik op sel, koordinasir, verhoudings, vroeg opstaanlewe, mmm alles behalwe miskien niksdoen. Ek struggle pm genoegctyd te he om niks te doen ni. Ek het my alleenniksdoentyd baie nodig!

    Liked by 1 person

  3. Dankie tog dat ek nie alleen is in my struggle met vroeg opstaan nie!!! Ek struggle met die idee dat ek nooit die verhouding met my twee seuns en hulle kinders gaan hê as wat ek met my ander kinders het nie. Ek struggle dat Marlé hulle regte suster niks met hulle te doen wil hê nie. Net vanoggend voor ek hier gelees het sê ek vir myself “Kameel kyk realiteit in die oë, jou prentjie van die hele familie herenig in een sirkel van liefde is onrealisties.” Ek struggle met Menieres wat my lewe so beperk. Ek struggle met onregverdigheid… dit maak my kwaad.

    Like

    1. Kameel, daai onrealistiese droom wat jy het is dan ook myne. Ek sal tot my dood daarvoor veg. Jy weet waaroor ek die meeste struggle, ek wil dit net nie hier uitblaker nie. Ek gee dit nog ‘n jaar kans.

      Like

      1. Ek glo joune sal kan realiseer Toorts, en dit gaan. Die gaping van al daardie verlore jare met my twee seuns is baie groot. Daar is te veel seerkry, en wantroue hierby betrokke. En om te dink my kinderdroom was altyd hierdie gesellige wit huisie met ‘n huisgesin vol liefde.

        Like

          1. Die beste is om te kyk na die seëninge wat ons nog het. Ek het gesien wanneer ek inspring en dinge probeer regruk vererger ek dit. Die pyn en trane sit vlak, en word maar onderdruk. Daarom moet ek myself toespits op die kinders en kleinkinders om my wat my lewe verryk.

            Liked by 1 person

              1. Baie moeilik!!! As ek nie wil verdrink nie moet ek vashou aan die woorde “He makes everything beautiful in His time.” Miskien sien ek dit nie in my leeftyd nie maar Hy is besig om te werk in elkeen van hierdie lewens wat vir my so kosbaar is.

                Like

    2. Ten spyte van al jou struggles met regtig groot goed, bly jy blymoedig en regtig ‘n groot voorbeeld vir ons almal. Ek is regtig bly God het jou oor my pad gestuur. Ek het ‘n paar sulke mense wat beslis van God af kom. 🙂

      Like

      1. Het hom nounet gelees. Ek is heel agter met my antwoord en leeswerk. Kom netnie by die poste uit nie. Dis reeds alweer verby my slaaptyd uur. Nog nie eers geraak aan volgende tokkel nie en my dag en aand more is reeds vol! Ek sukkel om by te bly, ha ha.

        Like

  4. Ek dink ‘n mens struggle soms te hard om alles te wees vir almal en dan sien hulle dit nie eens raak nie. Ek is darem bly dat ek nie die enigste is wat ly onder hierdie soort struggles nie. 😀

    Like

Gesels saam, asseblief!