Helena

Helena is gefrustreerd. Vanaand is dit die goewerneur se bal en natuurlik is sy ook genooi, soos altyd.

Sy het regtig nie lus om te gaan nie. As daar ‘n bal is moet sy al vroegmiddag begin regmaak. Eintlik is die regmakery heeldag se storie. Haar hare is die grootste probleem. Dis lank en krullerig. Dit vat ure om droog te word en het baie dieselfde geaardheid as syself. Dis moeilik om hulle getem te kry en in ‘n netjiese styl te kry en dit so te behou.

En dan die rok! Genade! Sy kan nie verstaan hoe almal so opgewonde oor rokke kan raak nie. Dis valle op valle en onderrokke, heeltemal te veel lap! Dan word daar van haar verwag om die hele aand kiertsregop te sit en mooilyk en hóóp die jongmanne kom vra haar vir ‘n dans. Nie dat sy enigsins ‘n tekort aan dansmaats het nie, dis net nie heeltemal waarmee sy gemaklik is nie!

Helena is ‘n buitelugmens. Dis vir haar lekker om soggens vroeg uit die vere te wees en saam met haar pa op hul plaas te beweeg. Sy hou van perdry en sal haar heeldag daarmee besig hou. Haar ouers het dit al aanvaar dat sy soms selfs ‘n langbroek aantrek om gemakliker te kan beweeg tussen die diere as sy haar pa daarmee help. Hul besef dis eintlik onvroulik en onaanvaarbaar, maar sien hoe gelukkig sy is om deel te kan neem aan die boerdery-aktiwiteite. Hulle boerdery is net buite Kaapstad.

Die Kapenaars fluister agter hul hande oor haar, noem haar ‘n rabbedoe. Hul sê sy gaan nie ‘n man kry nie. Hul kan nie verstaan nie, sy is regtig mooi en vroulik, maar sy wil eintlik buite wees. Die son het haar al lelik gevang en saam met die rooikop ‘n paar sproete of twee gebrand.  Die jongmanne loer na haar kant toe, maar dit lyk nie of sy te veel steur nie.

Wat húlle egter nie weet nie, is dat ‘n jongman van Swellendam se wêreld haar aandag getrek het, ‘n boer, en dat hy al aanduiding gegee het dat hy dalk ook in háár belangstel. Wie weet wat kan gebeur?

Toortsie

Toortsie by Finesse: Ek vra ‘n veer

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 26 Kaapse vroue, Toorts se verbeeldingsvlugte. Bookmark the permalink.

3 Responses to Helena

  1. Kameel sê:

    Helena het nog nooit werklik ‘n man liefgehad nie. Op die horison is daar iemand wat haar lewe gaan binnekom en haar hele lewe omvêr gaan gooi.

    Liked by 1 person

  2. Pixie sê:

    Sy klink awesome!!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s