Die WordPress Leser (Reader)

Ek het nou eers die WordPress Leser ontdek!

Ek het nog nooit van WordPress se leser gebruik gemaak nie. Ag, ek het een keer daar gaan kyk en toe nie veel verstaan nie en sommer gelos. Nou het ek weer dit bekyk en gedink – dis seker daar met ‘n rede?

Ek wil graag weet:

Wie van julle gebruik die leser? Hoe gebruik jy dit? Hoe maak jy dit meer user-friendly?

Ek sien in HIERDIE BLOGINSKRYWING dat hulle praat van ‘communities’. Is julle deel van sulke ‘gemeenskappe’? Hoe maak mens om deel te word daarvan? Vind jy dit die moeite werd?

Een van die redes hoekom ek nie maklik ‘follow’ druk nie, is omdat ek benoud raak as al die eposse so inkom en ek nie daarby kan kom nie. Iemand het lank gelede een keer geskryf dat sy dit in die reader volg. So hoe maak mens? Aanvanklik het ek die URL van ‘n blog ge’copy’ en gaan ‘paste’ by die by die leser by ‘followed sites’, by ‘bestuur,’ maar daar is ‘n makliker manier! 🙂  Wanneer jy by ‘n blog lees, verskyn regs onder in die hoek ‘n spookknoppie: Follow blog! Dis hy! 🙂 Ek leer mooi! 🙂 Terloops, dís hoekom julle nou skielik almal boodskappies kry dat ek julle volg! 🙂 Maar eintlik volg ek julle nog altyd, ek was net self in beheer daarvan.

Dit lyk my dat as ek ‘n etiket op die leser byvoeg, dit vir almal se oë is.  Watter etikette volg julle?

Hierdie oulike bloginskrywing oor ‘lists’ is nogal interessant. Het julle sulke lyste van blogs? Dit lyk my dan kan jy jou blogs organiseer volgens onderwerpe? Ook dít is vir ander se oë ook sigbaar.

Watter raad het julle omtrent die leser? Help asseblief! Slim mense, waar is julle? Hoe benut julle die leser ten volle?

Die leser? Kyk bietjie heel bo aan jou blog, heel links in die hoekie, staan: My Sites. Net langs hom, Leser. En weet julle wat? As ‘n mens op die leser lees op jou selfoon, maak dit kommentaar lewer by blogs ook aansienlik makliker! Ek begin vertroud raak met my leser. Kan myself skop dat ek dit nou eers ‘ontdek’! Die leser maak dinge regtig makliker en lekkerder.

Dankie!

Toortsie

Ek lees in HIERDIE NUTTIGE BLOG die volgende:

Organize your feeds with Reader lists.

In your Reader, you can keep up with the blogs you’ve followed in Followed Sites, our editors’ picks and features in Discover, and any tags you’ve followed under Tags.

You can also create Lists to organize your feed by topic or group, or create a blogroll of multiple lists, which is handy for people who read a lot, have varied interests, and love to share their recommendations. Ra, the writer and reader at Rarasaurhas built a following of loyal, engaged readers, as well as forged dear friendships offline, compiled in her Reader list, Blokin (short for “blog kin”).

Toortsie by Finesse: Wegbreek

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging and tagged , , , . Bookmark the permalink.

23 Responses to Die WordPress Leser (Reader)

  1. Ek het my blog is so gestel dat ek geen e-posse van bloggers af kry wanneer ek hulle “follow” nie. Ek hanteer alles deur my Leser, want ek sal e-pos gek raak – ons “host” en bestuur webwerwe vir kliënte en probeer altyd om alle e-posse te beperk tot die minimum.

    Like

  2. Kameel sê:

    Moet my nie in blogland laat verdwaal nie Toorts, asb tog nie!!!!

    Like

    • Toortsie sê:

      Wees jy net waar jy graag wil wees, maar ek vind nogals die leser maak dinge regtig vir my makliker. Is daar mense wat jy reeds volg? In daardie geval, kyk gou heel links bo-aan jou skerm is LESER. Kliek daarop, dan kom al die blogs wat jy volg se bloginskrywings soos wanneer dit gepubliseer is. Anders, gaan net voort soos jy reeds doen, solank jy dit net geniet. 🙂

      Liked by 1 person

  3. Jy jok? Dit kan nie wees nie! Ek lees elke aand my gunsteling blogs en kry geen eposse nie.

    Like

  4. Toortsie,ek voel-voel ook maar so hier en daar en kom toevallig op goeters af,dan wil ek ook myself skop dat ek so onnosel is.Dis maar die sware las van tegnologiese gestremdheid😝😝😃

    Liked by 1 person

  5. Toortsie sê:

    Dankie! Ek soek hom!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s