Vreesloos

2 Tim 1:7: “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.”

Iets wat my absoluut bybly van die Christene wat ek ontmoet het in ‘n Arabiese land wat ek besoek het, is hulle vreesloosheid. Selfs te midde van vervolging en gevaar, huiwer hulle nie om op te staan vir hulle geloof en ook hul regte nie. Dit was vir my op daardie stadium só opvallend omdat ek dáár besef het hoe beskermd ons leef en in watter gemak ons ons geloof beoefen.

Selfs onder God se volk, die Israeliete van die Ou Testament, het daar verkeerde dinge gebeur. Die profete het al hulle dae gehad om die volk op die regte spoor te hou en het hul teen hul opgetree, was hul soms in groot gevaar. Die mense het Baäl aanbid en Elia het vreesloos, man-alleen, teen 450 Baälprofete opgetree.  Gaan lees gerus in 1 Konings 18 hoe Elia, met God se hulp bewys het dat God die ware God is en dat Baäl geen god was nie. Die Baälprofete is daar en dan doodgemaak. Natuurlik was Isebel nie daarmee tevrede nie en Elia moes weer vlug.

In vandag se tye, selfs tussen Christene, is dit nie altyd maklik om op te kom vir dit wat reg is nie. Daar is al soveel kompromieë aangegaan, die Woord word verdraai om mense te pas, die Waarheid word nie altyd meer geleef nie.

Daarom bid ek vir vreesloosheid om te sê en te leef wat reg is, om onreg teen te staan, selfs al veroorsaak dit ongemak. Ek bid vir vreesloosheid, dat, sou ek ooit in my lewe marteling of die dood in die oë staar, ek sterk sal staan en God nie versaak nie. So ‘n vreesloosheid kan nie uit myself kom nie, slegs deur die Gees wat in my woon, slegs deur ‘n lewende verhouding met Hom te hê sodat ek, wanneer dit nodig sou wees, my vertroue en krag in Hom sal hê.

Here, gee my asseblief ‘n gees van vreesloosheid, tot U eer alleen.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Wegbreek

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

7 thoughts on “Vreesloos

  1. Toe vind ek hierdie blog deur die Reader 🙂 Goed gestel Toorts, net Saterdag sit en lees hoe die Christene vervolg en gemartel word. Not by might, nor by power, but by my Spirit says the Lord. Alleenlik deur sy Gees sal ons staande kan bly.

    Like

  2. In die bekende vers uit Openbaring wat so dikwels aangehaal word wanneer gelowiges oor homoseksualiteit argumenteer, word “vreesagtigheid” ook as ‘n “gruwel” bestempel (1933-vertaling).

    Like

Gesels saam, asseblief!