Soos met baie stories, is dit wat soos die einde lyk, nie altyd die einde nie, en net soos op RSG waar almal help om ‘n storie te ontwikkel, gebeur dit in blogland ook! Danksy Kameel se hulp het die ongelukkige einde van Isabella se verhaal ‘n kinkel in.
Want sien, ons het gedink dat dit struikrowers was wat Isabella se koets voorgelê het, dalk iemand wat jaloers was op haar en haar uit die weg wou ruim, maar dit was glad nie die geval nie! Nee, ‘n Spaanse edelman wat die Kaap met sy skip aangedoen het, het haar gesien en was onmiddellik verlief op haar. Hy wou haar saamneem Spanje toe. Hy het die storie nie mooi oordink nie en het gevoel dat daar net een uitweg was: Ontvoer haar! Toe die ontvoering misluk, en die ontvoerders nie met Isabella by die skip opgedaag het nie, het die skip maar sonder haar weggevaar.
Roneldo, die Spaanse edelman kon haar net nie vergeet nie. Hy het in ‘n knorrige brombeer ontaard.
Een dag hoor Isabella ‘n klop aan die deur en toe sy dit oopmaak, staan die mooie Roneldo voor haar deur. Sy kon haar geluk nie glo nie. Sy was destyds só verskriklik verlief op hom en kon net nie verstaan waarheen hy verdwyn het net ná haar ongeluk nie. Dit was ook die rede vir haar emosionele toestand en dat sy haar totaal uit die samelewing onttrek het, sy het getreur oor Roneldo en gedink dat sy mans nie kon vertrou nie, want hulle verdwyn sommer net in die niet!
Intussen fluister Seegogga dat daar ‘n boer ook is wat ‘n oog op haar gehad het en gereeld daar gaan inloer het en gekuier het in die sitkamer.
Hierdie keer het Roneldo egter sy planne beter gemaak, lank genoeg in die Kaap spandeer om haar behoorlik die hof te maak en haar te oorreed om met hom te trou en saam met hom in Spanje te gaan woon. Dit was ‘n spoggerige troue en daarna het Roneldo en sy stralende bruid na Spanje vertrek.
Hoe sal Isabella aanpas in ‘n Spaanse herehuis waar die kultuur soveel anders is as in die Kaap?
………
Steeds ‘n verbeeldingsvlug van Toortsie, met ‘n tikkie Kameel- en Perdeby-inspirasie daarby.
Toortsie se faceboekblad
Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad
Sug van verligting….dis nou mos hoe ‘n storie moet eindig!😊😊
LikeLike
As JY en KAMEEL en SEEGOGGA ook nie gehelp het nie, het ons in ‘n DROEWIGHEID verval! 🙂 Dis mos waarvoor blogmaats daar is!
LikeLiked by 1 person
Ons het genoeg smart in hierdie droewige land!
LikeLike
🙂 Elmar Steyn se moses!
LikeLike
Hehehe sy sal moet oppas! Met die blogmaats hier rondom my wat almal help kan ons dalk nog ‘n verhaal van ‘n verhaal skep!
LikeLiked by 1 person
Elmar Steyn se regte naam was Marthanus Steyn en hy is in 2001 oorlede – lees bietjie hier: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2003/07/14/B1/09/02.html
Ai, ek het sy verhale verslind!
LikeLike
Ek hou hiervan!
LikeLike
🙂
LikeLike
Hoe bly is ek Isabella is weer haar sprankelende self….. en dat die Spaanse edelman haar hand erower het!!!
LikeLike
Nou moet jy weer help! Die storie moet aangaan. 🙂
LikeLike
O ja, Isabella en Roneldo is gelukkig getroud maar daar is ‘n skoonma…. en ‘n Spaanse meisie uit die adelstand wat nie so gelukkig is dat Isabella Roneldo se hart verower het nie.
LikeLike
Jaaaa ek het ook nogals aan hulle gedink! 😉
LikeLike
Elmar Steyn was ‘n man. Hy het pragtige ou Kaapse verhale geskryf. Dink nie jy is bekend met sy boeke nie…. jy was nog nie gebore toe ons sy boeke verslind het nie. 😄
LikeLike
Ek het hulle baie gelees. Ek dink ek het gedink sy is ‘n vrou! Oeps
LikeLike
My jongdae skrywers was: Elmar Steyn, Ela Spence, Ena Murray, ag daar was nog, Tryna du Toit (lugwaardinne dink ek).
LikeLiked by 1 person
Ja, dit was die skrywers van ons dae. Boeke met die pragtigste Titels…. Goudgeel Kappertjies, ens.
LikeLiked by 1 person
Die ding is net, as ek oor al die 26 vroue ‘n boek moet skryf, gaan my kleinkinder dalk nog moet help skryf, so lank gaan dit vat!
LikeLiked by 1 person
Lekker lag ek nou vir jou. Miskien kan jy dit as jou lewenstaak opvat…. of wat sê ek?
LikeLike
Ek wonder darem
LikeLike
Ek gaan nou terugkeer na my eie bybelkarakter toe wat al my breinkrag nodig het. Net vir ‘n titseltjie spice, is daar nie ‘n ouvrou ook in Spanje wat ‘n geheim rondom Roneldo se geboorte weet… en alles wat in daardie gesin gebeur fyn dophou nie.
LikeLike
Ek dink ek moet nou eers stop, maar jy mag mos hier in die kommentare die opvolg skryf … 😉
LikeLike
Nou toenou, ek kom agter ek het n hele paar stukke van jou oorgeslaan. Hierdie Isabella storie het lekker ontwikkel. Onthou net die Spaanse adelikes is nie mense om sonder handskoene aan te pak nie Die skoonmoeder gaan beslisnie daarvan hou dat haar seun nie met die uitgesoekte dame getrou het nie. Nou is hul nog Katoliek ook so, Of hul gaan huwelik nie erken nie of hul gaan hom onterf omdat hul nie egskeidings aanvaar nie!
Ek sien jy het nou by my I Scrap 2 ingeskryf- al gewonder hoekom jy nie na my toe terug “pieng” nie as jy scrapydo insit nie.(Dis my vol ou blog)
LikeLike
Maar ek sit dan altyd jou skakel in? Ek het nog nooit blogs ge’folloe’ nie omdat die baie emails my oorweldig ek kry verskriklik vaie mails vir my werk en raak gespanne as daar so baie lê en ek kom nie by hulle uit nie. So ek lees maar soos ek die mense onthou. Nou het ek die reader ontdek so ek kan nou inskryf by mense sonder om mails te ontvang. So almal sal nou kennisgewings kry dat ek hul volg.
LikeLike
Ek sien en verstaan nou ook wat jy doen. Ek moet dit eintlik ook doen want ek voel ook berdreigd deur al die emails. Skakel jy net die email kennisgewing af by die persoon wat jy gevolg het?
LikeLike
O ek weet nie hoe jy moet maak as jy reeds email ontvang nie. Dalk by die email unfollow en dan weer op die blog follow? Oor pingbacks wat nie werk nie, lees bietjie hierdie een: https://dailypost.wordpress.com/2016/06/10/a-message-on-pingbacks-2/
LikeLike
Ek skkel hul af by follower maar delete hul nie dan verskyn hul steeds in reader. Die email ouens moet mens maar delete. Ek sien daar is juis n stuk oor pingbacks hierdie week
LikeLike
Lyk my jy het hom onder beheer. 🙂
LikeLike
Ja wat, vat nie rerig nonsies nie. Dis net ek is te nuuskierig om te lees wat almal skryf. Daar is egter net nie genoeg tydom alles te lees nie. Ek sie die pingbacks het toe n probleem. Geen wonder hul het nie by my gepieng nie. Gelukkig hou ek die skrywes steeds op my lysie sodat dit maklik is om almal wat meestal deelneem op te volg.
LikeLike