Toortsie se Toeka Tokkel oor eetgoed, toe en nou

In opdrag van Scrapydo.

As ek aan my kinderjare dink en die eetgoed warvoor ek lief was, kan ek nie anders as om aan tannie Mags van Ouplaas te dink nie. Sy het outydse koekies gebak en outydse lekkers gemaak.

Tannie Mags het outydse soetkoekies gebak, die lekkerste van lekker koekies wat sy dun uitgerol en in sirkeltjies uitgedruk het. Niemand anders het ooit ‘n soetkoekie so lekker uitgedruk nie. Daar was ook altyd fudge in haar huis. Sag en romerige fudge. Ek het op ‘n tyd by haar loseer toe my ma in die dorp skoolgehou het. Om daardie fudgepot uit te lek … is ‘n 8-jarige in die sewende hemel! ‘n Ander lekker wat sy gemaak het, was Turkish Delight. Manne! Dis lekker! Later jare in die koshuis sou ek graag vir my Turkish Delight koop, sommer dié met sjokolade om, wat heerlik was, maar ‘n heel ander smaak en tekstuur gehad het as tannie Mags s’n.

My skoonma het lekkers van droëvrugte gemaak wat ek behoorlik wou verslind as ek daar kom. Sy het soms vrugterolle ook gemaak, maar hierdie was ‘n blokkie, iets tussen sag en droog. Ek het die perske- en appelkooslekkers die meeste geniet, die koejawellekkers het soms ‘n pit ingehad wat nie lekker was nie. By my skoonmense het ek ook vla-appels geëet. Dis ‘n vrug met ‘n groen skil met ‘n spierwit vleis en sulke groot, pikswart pitte. Op ‘n stadium het ek ‘n tipe van allergie daarvoor ontwikkel en dit nie meer geëet nie.

As ek aan my skoonmense dink, kan ek nie anders as om aan vrugtebome te dink nie. Skoonpa het ‘n verskeidenheid vrugtebome geplant en dit was so lekker om sommer vrugte van die bome af te pluk. Natuurlik het ek dit nie tóé genoeg waardeer nie. Vrugte eet was ‘n geleentheid.

By my ouma het ons ook so in die boord ingestap en appels en pere gepluk. Wat ‘n mooi herinnering. Ek sien my niggie het ook nou die dag op facebook geskryf van hul vrugteplukkery.  My ander ouma het moerbeie en vyebome in die tuin gehad en oom Pieter Jack, ‘n hele turksvyboord. As jy by hom gekom het het hy geskil en jy kon eet en eet en eet en net betyds stop! 🙂

Oor vandag se etery skryf ek regtig meer as genoeg.

Groetnis
Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosfaceboekpage

Toortsie se Faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

10 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor eetgoed, toe en nou

  1. Ai die lekker vrugte…laat my dink aan al die soorte vrugtebome wat in ons tuin was.Daardie jare het almal vrugtebome gehad en dit was ongehoord dat mens dit by ‘n groentewinkel kon koop!

    Like

  2. Vrugte van ‘n boom afgepluk en net daar in die boord geëet – die heerlikste voorreg!

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Laat jy my terugdink aan die plaas met sy vrugteboord!! Gekoopte vrugte kom nie naby aan daardie wat jyself pluk nie. Mooi dag vir jou daar in die Kaap!!

    Like

  4. Ooo daardie vrugte van die boom af ; heerlik. Ons het n vye gehad wat sommer wegsmelt in jou mond. Perskes ook en aardbye. Fudge het ek in skoolleer maak en dit was heerlik soos jy sê om pot uit te skraap. Vandag is my fudge gladnie meer omoor huistoe te skryf nie. Baie dankie vir jou heerlike eet-vertelling.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s