Something for the old man’s tea

Scrapydo se toeka:tokkel – Eetgoed

Ons het grootgeword met boerekos; baie vleis, baie groente, en natuurlik rys en aartappels daarby. Net Donderdagaande het die spyskaart verander dan het my pa sy neus opgetrek en so deur sy kos gekrap, krap. Alle kinderoë was op sy bord met vis, skyfies, en slaai. Ons het geweet die skyfies gaan onaangeraak bly, en het gewag vir die oomblik wanneer hy sy bord wegskuif. Donderdae was dit koue poeding, Sondae warm. In die winter was daar ‘n afwisseling; lekker dik boontjiesop. Ek dink jy sou my pa in ‘n wip kon vang met sop. So nou en dan sou my pa deur die loop van ‘n Vrydagaand opstaan, en vir ons vla maak. Diè uit roetine uit vla-aand was natuurlik vir ons kinders ‘n groot bederf.

Eers baas van die plaas, of beter gestel van my kombuis is daar net Sondae boerekos gemaak – die rys het met tye plek gemaak vir ‘n Engelse “yorkshire poeding.” Deur die week was dit pastas, hamburgers, warmbrakke, kerries, bredies, pannekoek en dies meer. Ken is nie ‘n vol fiemies eter nie, dus kon ek myself lekker uitleef in die kombuis. Die kinders praat nou nog van die nagmerrie jare toe ek al wat ‘n huisgenootresep is, uitprobeer het. Nou en dan was dit ‘n groot sukses, dan is die resep uitgeknip en het ‘n ereplek in die resepteleêr gekry. (Ek het in “Top Secret” daaroor geblog.) Maar menigmaal is daar maar langtand aan die kos geeët. Die resep wat die koek gevat het as ‘n totale flop – en heeltemal oneetbaar was – was die een waarin sardientjies en grondboontjiebotter saam gebruik was in ‘n pastei. Oom Basil – ‘n 79 jarige oom wat in daardie jare vir ‘n paar maande by ons gebly het – sit een middag voor sy bord kos, en vra wat eet hy nou. Nadat ek aan hom verduidelik het wat daar op sy bord is sê hy; “This is a very interesting household, no meal is ever the same, and you always wonder what you are going to get next.”

Vrydagaande was ons bederfaand. Daar is fudge gemaak, of bakke vol springmielies gespring, en dan het ons as gesin voor die tv gesit, en lekker saamgekyk. Piekniekaande op die mat was natuurlik ‘n fees; ons kon dit nie dikwels doen nie want die sjokolades, eetgoed en drinkgoed wat daarmee saam gegaan het was duur, maar diè gat wat dit in ons sak gebrand het was die moeite werd – die kinders dink nogsteeds nostalgies daaraan terug.

Dit is nou net ek en Ken. Ek is nie meer lus vir die kombuis nie, dus maak ek kos wat vinnig gaar word, met min beslommernis. Nou het ek egter ‘n man wat met die ouderdom saam besluit het hy soek drieuur die middag iets lekkers om te eet. Nie net ‘n koekie of twee nie, nee ‘n bak poeding of ‘n groot stuk koek. Die aardigheid kom van sy pa af; hulle het dit “something for the old man’s tea,” genoem. Nou hierdie “something for the old man’s tea,” dryf my teen die muur uit, maar wanneer ek uiteindelik iets saamgeflans het, eet ek lekker saam.

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

16 Responses to Something for the old man’s tea

  1. Toortsie sê:

    Om een of ander rede dink ek altyd jy het ‘n baie gesellige kombuis gehad, en het dalk steeds een!

    Like

  2. Sjoe jy moet seker hard dink om elke dag iets anders te kan voorsit?Lekker gelees hier by jou…sommer nou lus vir rys,vleis en aartappels!

    Liked by 1 person

  3. Dit was nou lekker lees en (kamma-kamma) eet!
    Sardientjies en grondboontjiebotter – Kameel, “What were you thinking?!” (Het self so ‘n stel afgetrap met ‘n tuna-en-ryskonkoksie waaroor die kinders weke later nog geskinder en gegril het.)

    Like

    • Kameel sê:

      Jy sê amper die presiese woorde wat my man gesê het… “What were you thinking!” maar die resep het dan so gesê 😦 Ek word na amper dertig jaar nogsteeds deur die kinders herhinder aan daardie dag. In die Top Secret resepteboek wat ek vir elkeen laat druk het, het ek die episode ook ingesit 😆 Mooi dag vir jou!!

      Liked by 1 person

  4. Ha ha, die sardientjies en grondboontjie botter gee my sommer koue rillings! n Bord boere kos bly darem maar lekker. My skoonma het regte egte boere kos gemaak, te heerlik. Klink of mens maar drie uur by jul kan kom tee drink met n eterigheidjie by! Baie dankie vir jou deelname jy los my nou hier sommer met n waterige mond.

    Like

    • Kameel sê:

      Ek het gevind dat Mariebeskuitjies handig inkom by “the old man’s tea.” Krummel ‘n klomp op, en sit ‘n homp roomys bo-op. Dit is heel lekker. Of sit lae Mariebeskuitjies, afgewillel met ‘n lekker yogurt. Maar kan dit ook net eenkeer ‘n week doen. Die winter is hier… so dié maklike poeding gaan ook nie lank meer werk nie. Mooi dag vir jou!!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s