Sadika

Hello, my naam is Sadika. Ek woon in die Kaap saam met my man en twee pragtige kinders.

My naam was nie altyd Sadika nie. My ouers noem my Christine. Ek het grootgeword op ‘n plaas naby Caledon. My pa werk vir die boer en my ma werk in die boervrou se huis. My niggie het in die Kaap gaan werk en dit was nie lank nie, of sy het vir my ook werk gekry. Die mense het my op die plaas gaan haal.

Hier in die Kaap het ek my man ontmoet, ‘n Moslemman. Ons was só verlief. Ons het getrou en ek het die Moslemgeloof aangeneem en my naam verander na Sadika, wat ‘steadfast and true’ beteken. Ons is baie lief vir mekaar en my man sorg goed vir my.

Net soms kan ek nie help om te wonder nie. Die Moslemgebruike is baie anders as waaraan ek gewoond was in my ouerhuis. Ek het nou al gewoond geraak daaraan, maar in die begin was dit baie vreemd. In die begin was dit vir my ‘n lekker uitdaging om by die andersheid in te pas.

Partykeer loop ek op ‘n Sondag by ‘n kerk hier naby verby en luister hoe die mense sing, dan roer iets in my hart. Ek onthou baie van daardie liedere.

Elke jaar, as Oktober kom, raak dit vir my moeilik. Dis wanneer die winkels die kersversierings begin uitpak, die dorpe hulle kersliggies opsit en wanneer jy orals kersmusiek begin hoor. Dan wonder ek, en ek dink terug aan die tye op ons plaas. Kerstyd. Ons het nie baie geld gehad nie, maar my ma het altyd ‘n kersboom opgemaak en gesorg dat daar vir ons elkeen ‘n geskenkie aan die boom is. Sy het altyd gesê dat ons vir mekaar geskenke gee omdat Jesus die groot geskenk is wat God vir ons gegee het. Sy het kerskoekies gebak en op kersdag het sy spesiale poeding gemaak. Kerstyd het ons altyd net saam gekuier en wederliefde ervaar. Ek mis dit. My ma het altyd gesê my naam is Christine, amper vernoem na Christus, en dat dit ‘n besonderse naam was.

Ek kan nie vir my man vertel wat in my kop aangaan nie, hy sal baie kwaad wees vir my. Die gevaar is ook dat hy my sal verwerp as hy weet ek hunker terug na my geloof soos wat ek dit in my ouerhuis geleer het.

Ek wens ek weet wat ek moet doen. Ek wil nie my kinders verloor nie.

…………………………………………………………………………………………

Hierdie is suiwer fiksie, suiwer verbeelding van Toortsie. Dit het geen verwysing na enige persoon nie en sou daar ooreenkomste wees, is dit toevallig.

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 26 Kaapse vroue. Bookmark the permalink.

8 Responses to Sadika

  1. Kameel sê:

    My mening: Christine het godsdiens geken maar nie wedergeboorte nie…. anders sou sy nie haar rug op Jesus gedraai het nie. Sadika het nodig om die lewende Verlosser te ontmoet, eers daarna sal sy weet wat haar te doen staan.

    Liked by 1 person

  2. Dis die innerlike stryd wat mense voer teenoor waarmee jy nie grootgeword het nie.Goed uitgebeeld,Toortsie!

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Toorts as jy elke keer jou skrywe met ‘n vraag gaan eindig gaan ek voel ek is ‘n antwoord skuldig. Jammer as ek in jou storie rondkrap vir antwoorde 😉

    Like

    • Toortsie sê:

      My dearie, jy kan maak net wat jy wil! 🙂 Skryf die storie klaar, antwoord die vraag, stel nog ‘n vraag, maak ‘n vervolg … ens. En daardie ens. beteken enige iets waaraan jy kan dink wat ek nou nie genoem het nie! 😉

      Liked by 1 person

  4. ekmyselff sê:

    Mooi – ek het lekker gelees. Foitog, dis nogal hartseer.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s