Eers was die uitdaging: Blog van A tot Z. Een aand, my lig was al af, het Isabella gebeur, ‘n 100% produk van my verbeelding. Ek was net klaar geskryf aan die letter, I, toe die woorde, ‘I staan vir Isabella’ in my kop gedraai het.
Isabella is ‘n vrou van die Kaap, en skielik het nog vroue van die Kaap hulle kom tuismaak in my brein. Ek vermoed dat Scrapydo onbewustelik ‘n groot aandeel hierin het met haar Toeka Tokkel uitdaging oor verbeelding. Dit het aanleiding gegee dat ek my eie verbeelding vrye teuels gegee het, iets wat ek nie sommer doen nie.
Die idee van die Blog A tot Z is dat jy oor ‘n sekere tema sal blog, wat ek nie gedoen het nie. Ek het mos maar net woorde met die letter van die dag gebruik. Nou daag ek myself en vir julle uit om oor 26 vroue te skryf. Ek skryf oor 26 Kaapse vroue, almal fiktief, wat op verskillende tye in die Kaap gewoon het. Hulle sal hopelik op die ou end elke letter van die alfabet verteenwoordig, maar nie in alfabetiese volgorde nie. Dit sal ook oor ‘n lang tyd gebeur, ek gee nie vir myself ‘n afsnytyd nie.
Dankie dat julle so lekker saamgespeel het met die A-Z uitdaging en elke dag nog woorde bygesit het. Ek hoop julle sal ook met hierdie uitdaging lekker saamspeel. Lewer kommentaar, of skryf sommer jou eie bloginskrywings oor die 26 vroue van jou keuse! Dit maak nie saak wie hulle is of waar hulle woon, of hulle werklik is of fiktief nie, Toe, speel saam! Of wat van 26 mans? Onthou om hierdie inskrywing te tag as julle dit gaan doen.
So, stap saam met my deur die Kaap en ontmoet die vroue van die Kaap. Ons begin binnekort daarmee.
Groetnis
Toortsie
So ‘n reeks is vir my ‘n groot uitdaging.
Toortsie by Finesse: Die storie of die foto?
Toortsie se Faceboekpage
Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage
Aa, ek sien uit na jou reeks.
LikeLike
Oeee ek wonder soms self … daar is al 8 geskryf, so dis ‘n ver pad,,maar ek gaan dit nie onnodig druk nie. Dit sal met tyd gebeur.
LikeLiked by 1 person
Na ons alfabet-uitdaging is ek nog steeds gedaan!
LikeLike
Ek ook! Dis hoekom ek dink ek my kop moet laat lees!
LikeLiked by 1 person
Ha ha, het nou jul twee se gesprek gelees. Ek voel presies dieselfde! Steeds gedaan en my kop raas nog steeds. Sal nogal n uitdaging wees want ek glo nie ek ken so baie verskillende vroue nie. Ongelukkig of gelukkig as mens begin dink kom daar nogal heelwat name tevoorskyn.
LikeLike
Ek ken hulle ook nie! 🙂 Soms moet die internet selfs help om ‘n naam uit te dink. Jy kan dalk vertel van 26 NZ vroue en dan leer jy ons ook sommer so van die geskiedenis van die land.
LikeLike
Dis nou n goeie plan. My dame wat ons skryfwerk Vrydae aanbied is Audrey. Daar het ek wraggies die eerste letter se naam. Sal bietjie die naweek gaan sit(ons het lang naweek!) en letters met name neerskryf. Die Audrey is n 91 jarige oud onderwyseres. Baie interessante vrou.
LikeLike
Sien jy! Jy kan REGTE vroue beskryf, of jou eie opmaak.
LikeLike
Ag Toorts ek is nog besig met Salomo in die A-Z uitdaging. Gaan dit klaarmaak want ek glo nie aan onvoltooide dinge nie. Emosioneel is ek in die laaste tyd ‘n wrak…. sou ek nou oor vroue moet skryf sal die hele klomp sit en huil.
LikeLike
Ek is bevrees, myne is ook maar ‘n treurige lot! Konsentreer jy maar eers op jou Bybelkarakters, wat ek in elk geval voel nog uitgebou kan word, as ek nou ‘n eier mag lê. Ek moet oppas, dis juis met sulke eierlêery wat ek alewig in die moeilikheid is!
LikeLiked by 1 person
Jy mag maar jou eier lê 😆 iemand moet kloek!!!
LikeLike
Ek gaan heerlik hier by julle lees…te lui om self deel te neem😳👍
LikeLike
Oooo – dis ‘n lekker uitdaging – ek dink ek wil saamspeel 🙂
LikeLike
Dit sal tog te lekker wees as jy saamspeel. Jy doen dit mos op jou eie manier, eie tyd. 🙂
LikeLike
Kry vandag ‘n whatsapp: When a woman is silent, listen to her very carefully…
Ek het pas oor 26 vroue vroue geskryf, maar hulle was silent – niks in die blogs nie 🙂
LikeLike
Ai dit moet erg wees! 26 vroue met STILSTUIPE! Sterkte ou maat! 😉
LikeLiked by 1 person
Ek sien uit om te kom lees
LikeLike
Oee ons sal maar sien. Hoop nie dis boring nie!
LikeLiked by 1 person
Nee wat jy kan mos!
LikeLike
wow dis ‘n lekker projek! een vd dae is jy ‘n fiksieskrywer1
!
LikeLike
Nou skiet jy hoog!
LikeLike