Vroue van die Kaap

Eers was die uitdaging: Blog van A tot Z. Een aand, my lig was al af, het Isabella gebeur, ‘n 100% produk van my verbeelding. Ek was net klaar geskryf aan die letter, I, toe die woorde, ‘I staan vir Isabella’ in my kop gedraai het.

Isabella is ‘n vrou van die Kaap, en skielik het nog vroue van die Kaap hulle kom tuismaak in my brein. Ek vermoed dat Scrapydo onbewustelik ‘n groot aandeel hierin het met haar Toeka Tokkel uitdaging oor verbeelding. Dit het aanleiding gegee dat ek my eie verbeelding vrye teuels gegee het, iets wat ek nie sommer doen nie.

Die idee van die Blog A tot Z is dat jy oor ‘n sekere tema sal blog, wat ek nie gedoen het nie. Ek het mos maar net woorde met die letter van die dag gebruik. Nou daag ek myself en vir julle uit om oor 26 vroue  te skryf. Ek skryf oor 26 Kaapse vroue, almal fiktief, wat op verskillende tye in die Kaap gewoon het. Hulle sal hopelik op die ou end elke letter van die alfabet verteenwoordig, maar nie in alfabetiese volgorde nie. Dit sal ook oor ‘n lang tyd gebeur, ek gee nie vir myself ‘n afsnytyd nie.

Dankie dat julle so lekker saamgespeel het met die A-Z uitdaging en elke dag nog woorde bygesit het.  Ek hoop julle sal ook met hierdie uitdaging lekker saamspeel. Lewer kommentaar, of skryf sommer jou eie bloginskrywings oor die 26 vroue van jou keuse! Dit maak nie saak wie hulle is of waar hulle woon, of hulle werklik is of fiktief nie, Toe, speel saam! Of wat van 26 mans?  Onthou om hierdie inskrywing te tag as julle dit gaan doen.

So, stap saam met my deur die Kaap en ontmoet die vroue van die Kaap. Ons begin binnekort daarmee.

Groetnis

Toortsie

So ‘n reeks is vir my ‘n groot uitdaging.

Toortsie by Finesse: Die storie of die foto?

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

21 thoughts on “Vroue van die Kaap

  1. Ha ha, het nou jul twee se gesprek gelees. Ek voel presies dieselfde! Steeds gedaan en my kop raas nog steeds. Sal nogal n uitdaging wees want ek glo nie ek ken so baie verskillende vroue nie. Ongelukkig of gelukkig as mens begin dink kom daar nogal heelwat name tevoorskyn.

    Like

    1. Ek ken hulle ook nie! 🙂 Soms moet die internet selfs help om ‘n naam uit te dink. Jy kan dalk vertel van 26 NZ vroue en dan leer jy ons ook sommer so van die geskiedenis van die land.

      Like

      1. Dis nou n goeie plan. My dame wat ons skryfwerk Vrydae aanbied is Audrey. Daar het ek wraggies die eerste letter se naam. Sal bietjie die naweek gaan sit(ons het lang naweek!) en letters met name neerskryf. Die Audrey is n 91 jarige oud onderwyseres. Baie interessante vrou.

        Like

  2. Ag Toorts ek is nog besig met Salomo in die A-Z uitdaging. Gaan dit klaarmaak want ek glo nie aan onvoltooide dinge nie. Emosioneel is ek in die laaste tyd ‘n wrak…. sou ek nou oor vroue moet skryf sal die hele klomp sit en huil.

    Like

    1. Ek is bevrees, myne is ook maar ‘n treurige lot! Konsentreer jy maar eers op jou Bybelkarakters, wat ek in elk geval voel nog uitgebou kan word, as ek nou ‘n eier mag lê. Ek moet oppas, dis juis met sulke eierlêery wat ek alewig in die moeilikheid is!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!