Oor intieme sake en kinders

Seks is ‘n wonderlike geskenk wat God vir getroude pare gegee het. Net soos wat seks buite die huwelik verkeerd is, net so reg is dit binne die huwelik. God wil hê dat getroude pare mekaar in hul volheid sal geniet.

In die ou dae was daar die gevaar van ‘n onbeplande swangerskap wat paartjies sekerlik versigtiger sou maak. Die gevaar is sekerlik steeds daar, maar deesdae is daar oorgenoeg hulpmiddels om ‘n ongewenste swangerskap te verhoed.

God het die mens so geskape dat mans en vrouens ‘n natuurlike behoefte aan mekaar het. Vroue mag dalk langer daarsonder klaarkom, mans het dit baie gereeld nodig. Gód het mans so gemaak. Soos my liewe oom Christo so mooi stel: “’n Mens kan hóé kwaad wees vir mekaar, die natuur bring jou weer bymekaar uit.”

Ek is nie ‘n voorstander van babas in jou slaapkamer grootmaak nie. Jou slaapkamer is daar vir jou en jou man. Dis privaat. Ek praat nie daarvan dat die kinders dalk in die oggend ‘n bietjie by julle kom inkruip nie, ek praat van kinders wat die dubbelbed oorneem. Ja, die kinders raak dalk in die nag wakker, dan kan jy selfs ‘n rukkie by hulle gaan lê indien nodig tot hulle rustig is. Ek is ook ten gunste daarvan dat kinders, veral klein kindertjies, geleer word om saans vroeg te gaan inkruip in hulle eie bedjies. Jy kan natuurlik ‘n rukkie by hulle gaan lê en lees, maar hulle moet in die roetine kom om saans vroeër te gaan slaap sodat mamma en pappa ‘n bietjie alleentyd met mekaar het. Wie is in elk geval lus vir seks met kinders in die kamer, selfs in die bed, of wat nog daar ronddwaal en enige oomblik jou deur kan oopmaak? Jy voel dalk nie lus om in die nag kinderversorging te doen nie, maar vir jou huwelik se onthalwe …

Mammas, pappas, maar veral mammas, jy stel jou huwelik in gevaar as jou kinders jou slaapkamer oorneem. Wees gewaarsku! Jy stel jou huwelik onder geweldige en onnodige druk, en veral in vandag se tye wat daar alreeds so baie eksterne druk is, moet ons ons huwelike oppas.

Die Bybel stel dit baie duidelik: “Moenie mekaar omgang weier nie, behalwe as dit is dat jy ‘n tyd in gebed verkeer.” Dis nié ‘n grap nie. Seks gee vir huwelikspare ‘n gemeensaamheid soos niks anders nie, ‘n gevoel van behoort, ‘n gevoel van liefgehê wees.

Ons moet ons huwelike oppas! Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en is veral daarop uit om huwelike te verwoes.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die storie of die foto?

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings, Ouerskap en ouerleiding and tagged , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Oor intieme sake en kinders

  1. seegogga sê:

    Hang af vd ouderdom v kinders. . Ek glo in d wiegie in d kamer langs d mamma se bed vir ten minste d eerste jaar. Dit benadeel nie seks ni maar gee d mamma genoeg rus sodat sy d seks ook nog kan bybring. Maar ja! Kinders moet vroeg gaan slaap! Hulle sowel as hulle ouers het dit nodig om verskillende redes.

    Like

  2. Kameel sê:

    Ek het my kinders vroeg in hul eie kamers gesit, en in roetine gehad…. maar nie om seksuele redes nie…. om bietjie rus vir my siel te kry. 😆

    Liked by 1 person

  3. Ek wens baie ma’s wil hier lees. Ons het ook maar die eerste klompie maande (dalk ‘n jaar) die babas by ons in die kamer gehad. Daarna is hulle eie kamer toe (wat darem nie te ver van ons af was nie).

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s