‘n Week van oorvloed

Die twee skerms voor in die kerk wys ‘n cowboy wat op sy perd sit met ‘n “lasso” in sy hand; die musiek van “The good, the bad and the ugly” vul die groot gebou. Die tema “A week of bounty.” Dit beteken dat daar gevra word dat mense uit die oorvloed van hulle kaste, aan die armes sal gee. Vir twee Sondae kom mense met swart sakke vol klere, en kartonbokse vol kruideniersware by die kerk aan, en sit dit voor die verhoog neer. Aan die einde is daar 1 406 sakke klere, en beddegoed; dit is kos uitgesluit.

Die stoorkamer van die kerk is groot, maar te klein om diè oorvloed te hanteer. Twee “containers” is gehuur vir die taak. Ken is elke dag in die week daar om “gacebos” op te slaan, tafels uit te dra, en sakke aan te dra. Die groot uitsortering het begin. Elke etenstyd kom hy flou van moegheid by die huis aan. Hy hou by my aan dat ek moet gaan help maar ek skop teë. Die eenvoudige rede is dat ek nie met my dronkkop by tafels kan staan, rondloop, sakke optel ens nie, maar diè Vrydag besluit ek om te gaan. Alhoewel dit staanwerk is sal almal verstaan as ek dit sittend doen… sê Ken. Al sittende pak ek dus die groot taak aan.  Elke kledingstuk word omhoog gehou,  geinspekteer vir vlekke, skeure ens. en dan volgens hulle kwaliteit in groot deurskynende sakke gepak.  Daarna word dit gemerk vir die verskillende welsynorganisasies en arm kerke waarna dit toe moet gaan. Daar is klere te kies en te keur, party splinternuut met nog hulle kaartjies aan, die pragtigste babaklere, die mooiste kinderklere, jasse, en baadjies wat ek nie sou omgee om te besit nie.

Die werk is hard, vreet aan jou skouerblaaie en armspiere maar dit is nie dit wat my onkant vang nie, maar wel die realiteit van die armoede en behoefte in ons land. My emosies is aan flarde, en skaars by die huis of die trane begin loop, en loop nogsteeds die Sondagoggend. So is ek kerk toe. Ons selgroepleier sê vir my “remember, the poor we will always have with us,” en later die middag bedink ek diè woorde en dit bring ‘n mate van berusting. Op Ken se aansporing gaan ek weer die Dinsdag help, en hierdie keer benader ek dit as ‘n daad van liefde. My taak daardie oggend is om mooi netjiese klere – wat nie te kaal is nie – uit te soek, en te pak vir ‘n tehuis wat met prostitute werk wat hulle lewe wil verander. Ek geniet elke oomblik daarvan, en vir die eerste keer in ‘n lang tyd voel ek dat my lewe weer betekenis het. Dit is vervullend om vir ander te doen, jouself te gee. Ons is nie gemaak om vir die eie-ek te lewe nie, maar om onsself uit te stort vir ander. Is dit nie wat Jesus vir ons gedoen het nie?

Advertisements
This entry was posted in God en ek. Bookmark the permalink.

14 Responses to ‘n Week van oorvloed

  1. Werner Olivier sê:

    The good the bad en the ugly kom uit die sestigerjare as ek reg onthou.Ek dink dit was Clint Eastwood se eerste rolprent.Dit laat my altyd aan my laerskool jare dink.Ek stem Kameel,ons is hier om te dien en nie om gedien te word nie.Mooi skrywe.
    Groetnis.

    Like

    • Kameel sê:

      The good the bad and the ugly was een van my gunsteling rolprente. Diè musiek is die “ringtone” vir ons Engelse seun waarby dit soos ‘n handskoen pas 🙂 Werke kan ons nie in die hemel bring nie, maar dit is ‘n uitvloeisel van ons liefde vir God. Dankie vir die lees… mooi dag verder Werner.

      Like

  2. ekmyselff sê:

    Baie bly jy geniet dit. Ja armoede is oral.

    Like

  3. Darem ongelooflik hoe lekker dit is om vir ander iets te doen.Dis ook verstommend hoeveel mense nog omgee.

    Liked by 1 person

  4. seegogga sê:

    Onder aan hierdie skrywe van jou, waarin jy my ook motiveer om meer te gee, is ‘n advertensie waarin Castle, die bier, belowe om vir ons 6 biere gratis te gee saam met ons vadersdagbestelling! Hulle het seker jou blog gelees!

    Like

  5. Toortsie sê:

    So bly jy kon dit wel beleef.

    Like

  6. Dit verstom my altyd dat dit wat ek dink ek vir my naaste doen, op die ou einde vir myself soveel seën en vreugde bring.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s