Die ding van die jakkals

Die spreekwoord lui, ‘Jakkals verander van kleur, maar nie van streke nie.’ Só het my skoonma my geleer kort na my troue toe ek haar ‘n storie vertel het, en hoe bly is ek nie dat sy dit vir my geleer het nie. Ek het dit al hoeveel keer in my lewe gesien: Jakkals verander wel van kleur, maar baie moeilik van streke.

Die ding is, om van streke te verander moet ek in myself iets verander, en dís nie so maklik nie. Om  iets in myself te verander verg baie moed en oortuiging, maar veral deursettingsvermoë. Ek mag besef dat ek nie meer so wil wees nie, ek mag selfs besluit hóé ek anders wil wees, ek mag selfs die proses bestudeer van hoe om anders te raak, ek mag besluit dat ek nou anders GAAN wees, maar voor ek dit nie begin doen nie, bly ek maar my ou ek. Selfs al doen ek dit vir ‘n ruk anders, is dit ook baie maklik om op jou ou weë terug te val.

Die verneuker bly maar ‘n verneuker, selfs al wil hy anders wees. Die een wat sy/haar huweliksmaat verkul, doen dit ook met die volgende een … en die volgende een … Dis ‘n gewoonte wat moeilik verbreek word. Ek dink dis ‘n ‘mindset’. En om ‘n gedagtegang te verander, sjoe, dis MOEILIK en verg HARDE WERK.

Ek ervaar dit baie met werksmense. Die goeie werker bly ‘n goeie werker en raak beter. Die lui een bly ‘n lui een, selfs al kom hy vir die derde keer by jou werk en vertel hy dat hy nou verander het. Nie sommer nie! Die ou wat by jou steel, doen dit weer as hy 5 jaar later weer by jou kom werk.

Ek het al baie keer gedink, sou die persoon eerder sy aandag by sy werk bepaal het, eerder as om die heel tyd planne te maak van hoe hy iets by jou kan steel, hoe hy kan munt slaan uit jou, sou hy dalk ‘n aansienlik beter werker gewees het, sou hy dalk die oog gevang het, sou hy selfs dalk ‘n salarisverhoging kry, sou hy vir jare by een plek bly werk, in plaas daarvan om keer op keer by ‘n volgende plek te moet aansoek doen vir werk. Sou hy naam gebou het as goeie en eerlike werker.

Nou ja, jy het net één naam waarmee jy kan maak net wat jy wil!

Diegoeienuus? Verandering is wel moontlik, maar nie sommer net nie.

Groete

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die storie? of die foto?

Toortsie se faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding. Bookmark the permalink.

12 Responses to Die ding van die jakkals

  1. Goed gesê!Gevestigde slegte gewoontes is voorwaar moeilik om te verander.

    Like

  2. seegogga sê:

    Ai, hoe jammer dit ookal is, ongelukkig is dit baie waar.

    Liked by 1 person

  3. Goed gesê Toortsie!

    Like

  4. Kameel sê:

    In die vlees is dit amper onmoontlik om te verander. Net met wedergeboorte wanneer jy nuutgemaak word kan jy in krag van God die ou dinge aflê. Dit is my ondervinding.

    Liked by 1 person

  5. Soms/gewoonlik is dit Genade

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s