Bloghulp – foto in die kantlyn

Iemand het ‘n rukkie terug vir my gevra hoe ‘n mens die foto opsit wat permanent in die kantlyn bly. Dis nou, as jy op my blog regs kyk, die twee foto’tjies van die  Toortsieboeke. Jammer vir die slimmes hier rond, ek en my maters neem partykeer lank om iets te ‘kop’. Ekself het baie lank geneem met hierdie een.

In jou Beheerpaneel in die linkerkant kies jy vir APPEARANCE. Dan, WIDGES.

Die Widges is mos hierdie goedjies wat almal op jou blog bly: Die kommentare, kategorië, blogs waar jy graag lees, ens.

Dan kies jy IMAGE, en PRIMARY WIDGET AREA. (Ek kon nog nooit die ander widget areas verstaan nie!)

Kies: Voeg widget by.

(Ek moet erken, dis maar mogge troffe en ‘n paar keer se probeer tot hy uiteindelik reg is soos jy dit wil hê.)

Nou vul jy in:

Widget Title. (Dis nou die stukkie wat ek bo-aan die foto geskryf het)

Image URL. Om een of ander rede kan mens nie ‘n nuwe foto oplaai nie. So ek gaan na waar die foto iewers in ‘n bloginskrywing voorkom, regskliek daarop, kies ‘copy image address) Regskliek in die blokkie en paste.

Alternative text? Weet nie

Image title? Weet ook nie

Caption. Dis die woorde wat onder die foto verskyn.

By alignment kies jy mos maar wat jy wil, ek het middel gekies.

Met die wydte en hoogte het ek ‘n bietjie gesukkel. Op hierdie stadium is my wydte 200 en hoogte 280. Of dit heeltemal reg is, is ek nog nie seker van nie.

Link URL: Sou jy die foto wou koppel aan ‘n sekere bloginskrywing of wat ook al, dan vul jy die adres van daardie bloginskrywing daar in. As die persoon dan op die foto kliek, kom hy uit waar jy graag wil hê hy moet uitkom.

Dan kliek jy op STOOR.

Met die muis trek jy hom tot waar jy hom wil hê: Watter widgets wil jy bo hom hê en watter onder.

Hoop dit het gehelp! Soos ek reeds gesê het, dis maar mik en probeer. Ek toets en toets maar heeltyd tot dit reg is.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Toortsie se Faceboekpage

 

 

16 thoughts on “Bloghulp – foto in die kantlyn

  1. So baie dankie Toortsie, ek gaan terstond probeer. Jy bid “mog het troffe”. In my geval troffe dit meesal nie. Dan sit ek met ‘n kiekie wat hoek-tot-kant oor die kopie strek. Baie baie moeilik om tegnologies gerem te wees. Daar is wel ‘n kiekie langs my inskrywing maar verniet of ek vir enigiemand kan vertel hoe ek dit daar gekry het.

    Like

  2. Ek het deeeestyds met my boeke dit probeer. Toe kom daar so ‘n klein blokkie sonder ‘n prentjie en ek weet nie hoe om hom af te ky of groter te kry of in ‘n prentjie te verander nie. Baie geluk dat jy dit reggekry het. Miskien moet ek met jou instruksies eendag weer probeer….

    Like

  3. Ooo, dankie jong, ons roei in dieselfde bootjie. Omdat mens dit nie elke dag gebruik nie is dit telkens n gespook en gespartel om regte plek te tref en grootte ook. My Goodreads is nie soos ek wil nie maar is te bang as ek verander verloor ek alles en moet van vooraf begin. Gaan jou aanwysings highlight!

    Liked by 1 person

  4. Toortsie die powers wat be van WordPress vra mos bo aan die dashboard die volgende :
    Tip: Do you love helping other bloggers? Do you volunteer in the forums? We‘re hiring people all over the world to be Happiness Engineer!
    Jou Toortsie laat jou dalk nog skyn as Gelukkige Ingenieur!

    Like

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord