Toortsie se Toekatokkel oor ‘n persoon in elke blom

In opdrag van Scrapydo.

Jare gelede het ‘n vrou op RSG gepraat. Sy noem toe dat God in prente sien. Of dit so is, weet ek nie, maar daardie tyd het ek baie gewonder, hoe sien God my? As dit so is dat God in prente sien, wat ek natuurlik betwyfel, Hy is te groot daarvoor, watter prentjie is ek?

My tannie het my kleintyd blommetjie genoem, of Madeliefie, ‘n skoolmaat het my ook so genoem, na aanleiding van my naam.

Hoe lyk ‘n madeliefie? Ons ken hom natuurlik ook as ‘n daisy. Dit kan meerjarig of eenjarig wees.

 (Foto geleen by madeliefiemakietie.co.za)

Madeliefies kom in ‘n verskeidenheid kleue en variëteite.

Oor die algemeen groei madeliefies daar waar jy hulle plant. Hulle hou van vol son, maar ook darem nie te warm nie. Hulle groei selfs in arm grond, waarvan ek kan getuig omdat hulle orals op ons werf opkom waar die saadjies val.

Hulle is heeltemal gelukkig tussen ander blomme en verdring nie ander blomme nie.

Madeliefies hou daarvan dat die son op hulle skyn. Warmte en liefde laat hulle behoorlik blom. As hulle versorg word blom hulle net beter en beter. Hulle hoef nie heeldag vertroetel te word nie, maar ‘n bietjie aandag laat hulle wel beter blom.

Hulle is nie suinig nie. Hulle is vrygewig met hulle blomme, maar ook met hulle saadjies, en sou jy ‘n stukkie (steggie) van hulle afbreek en op ‘n ander plek in die grond druk, groei hy ook. Madeliefies deel graag met ander dit wat hulle het, hulle help graag ander.

Hulle is maklike plante en het nie veel fieterjasies nie. Tog floreer hulle op ‘n bietjie liefde en aandag. Madeliefies wys hulle emosies. Of hulle blom voluit, of glad nie. 🙂

Of ek ‘n Madeliefie is? Ek weet nie? Tog dink ek baie van my eienskappe kom ooreen met hulle s’n. Dalk het my tannie my nie toevallig so genoem nie!

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekosboek

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 'In opdrag...., Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

18 Responses to Toortsie se Toekatokkel oor ‘n persoon in elke blom

  1. Kameel sê:

    Klink ook vir my asof jy ‘n madeliefie kan wees. ‘n Eienskap van jou wat ek werklik bewonder is jou mededeelsaamheid. Blom so voort!!!!

    Like

  2. Uit wat ek van jou leer ken het uit jou blogs,klink jy soos ‘n madeliefie.Pragtig geskryf,Toortsie!

    Liked by 1 person

  3. Ek dink ‘n madeliefie ja – sag en mooi op die oog, maar ook gehard en ‘n aanmoediging vir ander. Ek dink nou daaraan, dit is ‘n sterk klompie vroue saam met wie ek so ewe vrypostig ingeval en begin blog het, sterk van binne bedoel ek.

    Like

  4. As ek ons blomgedagtes so lees en oor blomme dink, raak ek ondraaglik nostalgies. Jy laat my nou ‘n margrietjiebos onthou – met klein wit blommetjies wat mens kon pluk en in ‘n blompot druk om vrolik verder in die huis te blom…

    Like

  5. Sjoe ek is so bly die blom en mens en mens en blom het sulke pragtige vertellings ontlok. Jou Madeliefie beskrywing is nogal n baie goeie voorbeeld van hoe ek jou voorstel dat jy is. Ek is so bly julee ou klompie deurdrukkers hou so mooi vol met saam skryf. Dit vul my hart met baie trots en vreugde om alles te lees wat jul te sê het. Baie dankie vir die ondersteuning.

    Like

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 18:Eetgoed toe/en/of nou – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s