Elke vrou ‘n blom

Scrapydo se toeka-tokke: ‘n Mens in elke blom

pansies-flowering-purple-garden-31091882Scrapy sê haar ma laat haar aan gesiggies dink. As ek aan my ma dink is dit ook die blom wat ek aan haar sou toeskryf, alhoewel ek aan haar dink wanneer ek Lobelias sien; net omdat sy hulle altyd in haar tuin gehad het. Met haar blou oë, en lag om haar mond het sy mense na haar toe aangetrek. Eendag sien ‘n wildvreemde vrou haar; slaan haar hande saam en sê vir my ma sy is omring deur pragtige laggende “onsigbare” mense. Ek verstaan natuurlik glad nie wat hierdie vrou gesien het nie, maar my ma het vrede en vriendelikheid uitgestraal. Kort voor haar tagtigste verjaarsdag neem ek haar na ‘n dokter toe. Hy is nog jonk, maar nie lank nie of hy kom ook onder haar bekoring. Hy kyk vir my en sê, “Jy het ‘n pragtige ma.” Alhoewel ek haar as ‘n gesiggie sien, was dit haar begeerte om in ‘n wit kis met ‘n bos bloedrooi rose op, begrawe te word.

Ek het al geskryf oor my oudste dogter Marlè se liefde vir varkore, en dat ek haar gesig in die kelk van elke varkoor sien.

rose_white_arrow_516794Jay is ‘n wit roos op ‘n lang steel. Sy is lank, statig, lyk sag, en gee ‘n lieflike geur af. (Toe Jay ‘n dogtertjie was, het ‘n vrou gesê sy laat haar aan ‘n lux advertensie dink,) Sy is vol liefde en deel dit mildelik uit, maar haar sin vir reg of verkeerd maak dat sy nie baie taktvol is wanneer sy iemand oor iets aanspreek nie. Sy het ‘n kwaai kant wat ander respekteer. As prefek in standard vyf het die ander prefekte haar kom roep as hulle nie die graad eentjies onder beheer kon kry nie.

gazanias_flowers_garden_plant_220754Die Stil Kind is ‘n Gazania. Wanneer die son skyn en dit gaan goed maak sy oop en oorweldig jou met haar kleurvolle geaardheid, en lekker lag. Haar skreeusnaakse sêgoed wat die trane laat rol en haar anderste kleredrag. Ons lag nou nog vir die prentjie van haar wat in ‘n silwer kostuum met hoë silwer platvormskoene aan, in die boendoes rondloop.  Maar sodra die son in haar lewe sak, trek sy terug, maak toe en laat jou niks van die mooi wie sy is, sien nie. Hartseer om te sê dat ons lanklaas ons sprankelende Gazaniakind gesien het. Sy is vir die laaste paar jaar geplant in ‘n donker vallei waar die son nie werklik skyn nie.

stock-photo-colorful-portulaca-100402960Chantè is ‘n kleurvolle bedding Portulacas wat heeljaar deur blom. Haar Portuegese bloed is iets om aan gewoond te raak. Sy is net ‘n handgrote lank, praat en lag kliphard, en aanmekaar. Sy sit nie een oomblik stil nie maar woel en werfskaf oral. Is ‘n uithaler kok, en kan uitstekend reël. Sy weet wat in almal se lewens aangaan, en het ‘n hart wat oorloop van liefde, en probeer almal help. Maar ai, ons moes haar, en nie vir Marlè nie afrondingskool toe gestuur het.

Nou wonder ek watse blom is ek?

34 thoughts on “Elke vrou ‘n blom

  1. Iemand het een keer my ma as ‘n arondskelk beskryf, met die mooiste rede waarom. Nou, baie jare later, noem my ma dat sy dit glad nie as ‘n kompliment beskou het om ‘n varkblom te wees nie. (Ek het nogals gedink die beskrywing was regtig mooi!)
    Lyk my ons het omtrent gelyk ons bloginskrywings gepos. 🙂 Great minds …
    Lyk my ek en jou Portugese kind sal goed regkom. Ek moes ook maar eintlik by die afrondingskool loop draai het … uhm…

    Like

    1. Juis besig om jou blog te lees. Het omtrent op dieselfde tyd gepos. Dink ook jy het Portuegese bloed as ek so na Chantè kyk, en luister wat jy altyd sê.

      Like

        1. Ja daardie meisiekind staan terug vir niks nie. Soos my man vir haar man gesê het toe hy kom ouersvra het… “As jy kans sien vir haar kan jy met haar trou.” My kinders hier was vir die naweek na Chantè hulle toe… toe skoonseun netnou hier inloop sê hy “Ek het lanklaas so lekker geeët.” Eie aan haar hart, het sy vir my en haar pa ook van die lekker kos teruggestuur. Sê mos vir jou ek bewonder hierdie medeleelsaamheid in julle karakters. Grote seen soos hierdie skepseltjie vir ons is, kan jy net een op ‘n slag van haar hanteer. 😆

          Like

    1. Eendag wanneer ek nie meer daar is nie sal hulle weet van my blogs, en dit dan kan lees. Amper bedtyd vir my….. jy het nog twee ure om te gaan. 🙂 Lekker slaap

      Liked by 1 person

  2. Hallo Kameel, lanklaas van jou gehoor en mis jou by my laaste blog oor Lawrence! Jy is ‘n samon pienk roos met sulke sagte fluweelblare. wl jy myy se jy blog anoniem virr jouu kinders? My kinders weet van my blog, maar wat hulle lees dit nie! ( sover ek weet nie)

    Like

    1. Hello seegogga. Dankie vir die blom!!! Sal dit onthou. Ek lees lekkerder blogs op my laptop…. my foontjie se skrif bietjie klein. Sal môre oor Lawrence lees en sien uit daarna. Nee jong hierdie klomp van my myle te nuuskierig en sal die blogs lees. Sou graag ‘n vlieg teen die muur wil wees wanneer hulle eendag al my geskrywery onder hulle bespreek 😆 Mooi aand vir jou en lekker slaap.

      Liked by 1 person

  3. Ek is so dankbaar dat jy die blomme en mense so mooi voorstel. Jy is darem self n juweel. Baie dankie vir jou liefdevolle inskrywing. (Jy kan dalk so n diep pruimkleurige fliuweel sagte pronkertjie wees- nie net die blom self maar die geur trek mens aan! :))

    Liked by 1 person

    1. Dankie Scrapy. Was toe ‘n lekker uitdaging toe ek eers begin dink het. Ek is van plan om bybelkarakters klaar te maak al vat dit ‘n jaar. Los mos nie dinge onvoltooid nie. Mooi dag vir jou daar in die poskaart 🙂

      Like

      1. Ek is bly jy het bietjie uitgewyk na die blomme nou kan jy weer lekker volstoom met vroue voort gaan. Die poskaart hier is sop nat en besig om rerig winter te word. Ons het egter water nodig vir komende somer so niemand kla rerig nie. Jy moet n mooie dag hê en moenie TT heeltemaal wegskuif nie-as jy voel jy wil skryf is jy welkom!:D

        Liked by 1 person

    1. Dankie Frannie. Sy is ons hartseerkind… so ‘n sprankelende persoonlikheid maar soveel hartseer in haar lewe. Dit gaan nie goed met haar nie; sy is laaste paar dae so op my gedagtes…. sy sê ek weet altyd wanneer dit nie met haar goed gaan nie… maar sy het toegemaak.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!