Moenie van die wa afval nie

Die een ding wat geen persoon op ‘n verslankings- of gesondheidsdieet wil oorkom nie, is om van die wa af te val nie. Dis beslis ook waar van Banting.

Banting werk só goed vir soveel mense, tog is dit van die suksesvolste Banters wat soms van die wa afval.  Die belangrikste is sulke tye om maar net weer op die wa te klim, maar dis nie altyd so maklik nie, so dit moet sover as moontlik verhoed word.

As ek aan myself dink in die verlede toe ek nog by ander verslankingsgroepe was en die pad byster geraak het, wat was die oorsaak?

1) ‘n Verandering in die patroon. Ek is glad nie ‘n roetinemens nie, maar dit lyk my, wat kos aanbetref, moet ek sover as moontlik binne die patroon bly. By die een organisasie was ek al by my doelgewig verby, en verminder toe weer eens my daaglikse toegelate kos om nóg te verloor. Fataal!

2) Sodra ek begin ontspan as ek by my doelgewig kom. Dis dán wat jy nie meer jou kosinname neerskryf nie en hier en daar begin kul.

‘n Gevaar by enige so ‘n program, is om té te wees. Hou by die reëls. Moenie dit strenger maak as wat dit reeds is nie. Baie mense doen dit! Dis wonderlik, maar jy maak dit moeiliker, en ook moeiliker om op die lange duur te hou.

Soos die oranje lys. Soveel mense eet nooit van die oranje lys nie. (Selfaangepasde reël) Liewe vriend, vriendin op Banting, jy mág van die oranje lys af eet, maar binne perke! Op ‘n stadium het ek elke dag ‘n vrug geëet, dis heeltemal toelaatbaar. Ek sê nie jy moet die oranje lys slaafs volg nie, maar waarom jouself ‘n klomp kos ontsê wat jy eintlik mag eet? In die proses maak jy die verskeidenheid kosse wat jy kan eet, soveel kleiner en raak die moontlikheid dat jy verveeld mag raak, soveel hoër.

Porsiegrootte. Mense, die Bantingreël is eet solank jy honger is, stop as jy versadig voel. Ons hoef nié honger te ly by Banting nie. As jy so eet dat jy heeltyd honger voel, gaan jy kul! Wees verseker daarvan. Eet genoeg tydens etenstye. Moenie van jouself ‘n vark maak nie, maar eet sodat jy gevul voel, voel dat jy ‘n goeie bord kos geëet het, lekker voel, geliefd voel.

Soetigheid. Ek weet daar is mense wat soetigheid heeltemal vermy omdat dit hul ‘craving’ na soetgoed aanwakker. Ek aanvaar dit so. Tog wil ek aanraai, maak dan vir jou ‘n soet Bantingtert. Dis wat ék doen as die soetlus my oorval. Ek eet daardie tert in ‘n dag se tyd op en my onderbewussyn voel tevrede. Dit verhoed dat ek myself in ‘n blik lekkers vergryp.

Vas. Ek is ‘n voorstander van vas, om geloofsredes. Ek kyk tog soms bekommerd op die faceboekgroep as daar vir ‘n hele maand van byvoorbeeld suiwel gevas word. Ek raak bekommerd as daar sommer ‘n belangrike deel van Banting uitgesny word. Ja, ek vas biltong en droëwors, of soms totaal vir 24 uur om ‘n rede, maar ons moet tog oppas om nie op die duiwelse stoep te speel, onsself só van kos te ontneem dat ons van die wa afval nie. Dis my persoonlike opinie, jy mag met graagte verskil.

Baie belangrik: Moenie as daar ‘n glips gekom het, moed opgee nie. Dink oor die glips. Gaan net gewoonweg aan met jou Banting.

Die ou, ou raad: Wees versigtig om winkel toe te gaan as jy honger is. Maak seker dat jy nie sulke tye stout goed in jou trollie pak nie!

Wat ek vir jou en my toewens, liewe Banter, is dat ons hiermee sal volhou omdat dit vir ons ‘n goeie leefstyl is. Geniet dit, dis maklik. Moenie onnodige druk op jouself gaan sit nie.

Groetnis
Toortsie

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

12718121_1537873029840317_5777716569469283944_n Toortsie's Banting Bash Nr 1

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge and tagged . Bookmark the permalink.

8 Responses to Moenie van die wa afval nie

  1. seegogga sê:

    Mooi gese Toorts. En jy het sommer vir my ook gepreek.

    Like

  2. My ou oom het gesê as ‘n mens goed wil leef, moet jy vir TE agterlaat. Jy moet nooit TE veel eet of TE dronk word of TE hard vry nie. Dalk moet ons byvoeg “moenie TE hard probeer nie”, want jy’s reg, dit raak ‘n frustrasie.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Enige Te is ‘n probleem, behalwe te perd en tevrede. Te perd is vir my ook ‘n probleem, ek mag afval of rugpyn kry! 🙂
      Die reël? Hou net by die program, moenie jou eie een probeer maak wat moeiliker is nie.

      Liked by 1 person

  3. Ek is bly om te hoor dat almal maar soms struikel

    Like

  4. Met etery het mens baie selfdissipline nodig,want daar is deesdae so baie soorte kos om van te kies.Toe ek ‘n kind was,was daar net basiese goed en natuurlik nooit ‘n uitetery nie.Niemand het toe met gewigsprobleme gesit nie,want daar was nie geld vir al die luukses nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s