Toortsie se Toeka Tokkel oor speletjies

In opdrag van Scrapydo.

In die plaasskool het ons behoorlik gespeel, maar ek was nog klein toe ek daar uit is, en kan nie regtig die speletjies onthou nie. Ons het die wêreldkaart op die grond geteken met ‘n klip en dan het ons oorlog gehou teen mekaar en stukke wêreld by mekaar gewen. Hoe, kan ekself nie onthou nie. Buitespeletjies waar grond en stof en klippe deel was van die spel.

Saans by die melkstal het ons net so baie gespeel, ek en die plaaskinders. Ek het al vertel van die baan wat ons in die grond getrek het van nommer een tot 10, wat ons eenbeen moes spring van een tot tien. Elke keer het jy die klippie na die volgende nommer gegooi en as daar ‘n klip in die blokkie gelê het, moes jy dit mis spring.

Ons koshuiskinders het natuurlik ok gespeel middae in die tyd tussen studie en aandete. As dit toltyd was het ons tol gegooi, was rekspring in die mode, het ons rek gespring. Dieselfde met touspring en klimtol.

Ons gesin was baie lief vir kaart speel en veral vir Brug en Canesta. Vakansietye het ons kaart gespeel. Ek het kleintyd al my knou met brug gekry. My ma hulle het BRUG gespeel. Ernstig. Daar is nie gepraat nie. Geen brûe is tussen spelers gebou nie. Jy moes reg roep en reg speel anders was jou maat kwaad vir jou. Nou ja, ek moes soms instaan as daar ‘n hand te min was. Ek voel wat brug aanbetref nog altyd na die spaarwiel, ek mag saamspeel as daar nie iemand anders is nie. 😦 Ons het vriende wat ook lief is vir brug, maar ek is deesdae nie meer lus vir speel nie. Ek verkies om saam met my man te speel, hulle wil nie as huwelikspaar saamspeel nie. Dan moet die dames saamspeel en die mans sit openlik en kroek. Genade! Dan raak ek op my senuwees want dis TOTAAL teen hoe ek geleer is!

Ons het nagte deurgespeel. Canesta was lekker, maar my man het die manier om al die kaarte in sy hand te hou, dan speel elkeen letterlik vir homself en die ‘lekker’ word vervang met ‘wen’ …

So deesdae speel ek nie meer graag saam nie. As ons gaan toer, is ek die een wat verskillende kaartspeletjies inpak en saans uithaal, en lekker sit en hekel terwyl die ander speel. 🙂  Ek dink ek is eintlik maar te dom, en speel baie eerder saam met die kinders!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Toortsie se Faceboekblad

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

18 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor speletjies

  1. As kind het ons ook die Wêreldkaart speletjie gespeel maar daar was twee spelejies wat ek baie voor lief was. Die een was ‘Koljander, Koljander, so deur die bos’ en die ander was om damme te bou by ‘n water kraan.

    Like

  2. boesmanpos sê:

    Ek onthou al daardie speletjies. Het juis sommer onlangs nog gewonder of kinders nog wegkruipertjie speel. Onthou julle “Een! Twee! Drie! Blok myself?” En “fly?” En wat van al die heerlike uittelrympies?

    Like

  3. My mammie het vertel dat sy ophou brug speel het die dag toe sy haar maat se kaart getroef het – ek dink dit was ook so ‘n ernstige klompie bymekaar.
    Ek onthou ook die grond en die stof en die klippe…

    Like

  4. Kameel sê:

    Canasta was ons en ons vriende se heerlikste tye saam. Ons het Canastanaweke gehou… speel sommer deurnag. Slaap bietjie en speel verder. Geen gekroekery word toegelaat nie!!!!! My kleinkinders weet dit ook… speel enige speletjie saam met my en jy kroek speel ek nie weer met jou nie. My kinders sê mos een woord om my op te som is “Regverdig.” En dan natuurlik vingerbord…. ag nou is ek lus vir speel!!!

    Like

  5. Nou het ek sommer weer n hele hoop speletjies hier gelees waarvan ek al vergeet het. Jou familie klink baie soos my familie en hul speletjies. My ouers het Vrydagaand gaan brug speel. Een week by ons en volgende week by hul vriende. n Groot dankie vir jou lekker terugdenke aan speletjies. Daardie klippie in die 10 blokke en springery het ons BAIE gedoen- hop scotsh

    Like

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 17: n Mens in elke blom… – I scrap 2

  7. Klionk vreeslik lekker

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s