Y staan vir ysberg

Ek is seker ek het al ‘n hele stuk oor Y geskryf, maar WAAR het die Y heen verdwYn?

Y staan vir yskastert. Heerlik. Soet. Met kondensmelk gemaak. Peppermentkrisptert. Suurlemoenmeringue. Nou Bant die uwe mos, so nou lyk die terte ‘n bietjie anders. Eintlik nog baie dieselfde, net baie romerig. My yskasterte word deesdae van roomkaas en room gemaak. Oeee, ek maak deesdae ‘n mokka een en gebruik sommer Mascarpone roomkaas want hy het 3x (ja, DRIE KEER) room in. Njam. Purrrrr.

Y staan vir Ywerig. Vol geesdrif. Nogals ‘n mooi woord in Afrikaans. Terloops, daar is nou ‘n kompetisie op RSG aan die gang wat ‘n mens jou gunsteling Afrikaanse woord kan instuur en groot wen. Jammer, ek kon nie nou die skakel vind nie. Van ywerig gepraat, ek het voor soveel ander begin met hierdie A-Z van Blogging, en hulle is al laaaankal klaar. Sal dit my nou minder ywerig maak? Of eerder dat ek hou van multitask?

Y staan vir Yvonne. My peetma wat vir my so goed was. Sy het my altyd baie spesiaal laat voel.

Y staan vir yster. Soms is iemand ‘n yster … uhm … ‘n Strykyster word al hoe minder gebruik. In my kinderdae het ons sulke strykysters gehad, natuurlik glad nie so geroes soos hierdie nie! Hulle is op die AGA stoof se warmplaat neergesit, sommer so 4 op ‘n slag, tot hulle vuurwarm was. Op ons etenstafel in die kombuis is ‘n dik kombers en nog stryklappe bo-op gesit en wanneer die ysters dan warm genoeg was, is die klere op die tafel gestryk. Ek kan nou nog die reuk van die materiaal wat eintlik brand as daardie warm yster daarop gesit word, onthou. Vele kere is ‘bn baie duur kledingstuk verwoes met een hou. Ai, jai, jai! En dan hét my ma gesê hulle moet versigtig stryk. 😦  Ek het altyd ‘help’ stryk en kon dan die manssakdoeke stryk. Dis vasgehou met ‘n hele paar vatlappe sodat jou hand nie brand nie.

Y staan natuurlik vir ys. My man is MAL oor ys. Soms amper belaglik mal. Hy koop daar in Namibië amper die hele voorraad op, ons kon later amper ys smous!

Amper daar!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Saam-saam

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging. Bookmark the permalink.

9 Responses to Y staan vir ysberg

  1. seegogga sê:

    Ai ek het mos ook so begin stryk met d manssakdoeke.

    Like

  2. Hei, Yoortsie! Ek onthou ons strykkombers, met so ‘n mooi skroei-afdruk van die yster aan die een kant.

    Liked by 1 person

  3. Daardie strykyster brandmerk en reuk is beslis well bekend! Jy het beslis goed gedoen met jou A-Z – beslis n goeie klomp idees. Nou net Z. Ymmy yskastert

    Like

  4. Kameel sê:

    Y staan vir ysroomys van ons kindertyd. So lank en mooi gekleur op ‘n stokkie…. yum-yum.

    Like

  5. Woef-Woef sê:

    Jy laat my ver terugdink met daai ysters!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s