die kuns van ‘tag’ en ander bloggeheimpies

Oorspronklik geskryf in Januarie 2014. Ietwat verander

Nou weet ek nie eers of ‘tag’ die regte woord is nie!! Nee, blykbaar is dit nie die regte woord nie en beteken ‘tag’ iets heeltemal anders. Ek sal verduidelik.

Ek is deur ervare blogmaats geleer dat as jy van ‘n ander blogger praat (skinder), jy die persoon moet tag sodat hy/sy WEET jy het van hom/haar geskinder!! WordPress het die goeie gewoonte om vir jou te laat weet as jy getag is … oeps … nie altyd nie! Daar is ‘n geheimpie aan.

Wanneer jy die ander persoon se blogadres gebruik wanneer jy hom tag, kan die mense wat by jou lees, op die gekleurde woord kliek en dan die ander blog bereik, maar dan stuur WordPress nie vir die ander persoon ‘n boodskap dat hy getag is nie. So die persoon oor wie geskryf is, WEET NIE NOODWENDIG dat daar van hom/haar geskryf is nie. Dis tog ‘n jammerte, want soms sien daardie persoon dit nooit. 😦

Nou hoe gemaak om die ander persoon ook in kennis te stel? Jy moet op een van sy bloginskrywings se titel kliek sodat die spesifieke bloginskrywing alleen op jou skerm verskyn. Kleur dan sy blogadres (URL as ek reg is?) in, regskliek daarop, copy…

Hoe kry jy dit verder getag by jou? Jy kleur die woord in by jou skrywe waarop die mense kan kliek om by die betrokke blog te kom. Dan bo-aan kliek jy op die skuifspeld. PASTE by die plekkie waar jy dit moet intik (URL), en… whala! Die persoon is behoorlik getag EN WordPress stuur vir hom ‘n boodskap dat hy moet loop loer, iemand het van hom geskinder!! 😉  Weet julle wat? Dit was die OU manier! Daar is ‘n NUWE manier! Jy hoef nie meer die skuifspeld te kliek nie. Jy kan sommer net regskliek op die jou woord wat jy as skakel wil gebruik en PASTE kies. Maar die heel belangrikste? Jy moet eerder ‘n BLOGINSKRYWING tag as ‘n blog.

Ek het ‘n ander probleempie en dis dat ek orals lees en nie altyd daarná kan onthou hoe ek by die persoon se blog uitgekom het nie. So, wanneer jy (‘n blogger) by iemand reageer, of dit nou ‘n ‘like’ is, en of dit ‘n kommentaar is, is dit belangrik dat jy jou VOLLE BLOGADRES invul. Dit werk so: As jy wil kommentaar lewer, moet jy mos jou naam, epos en URL invul. Belangrik. As jy IN JOU EIE BLOG IS, kleur jou hele blogadres in: https//toortsie.com (dis mos nou myne). Regskliek daarop, copy, en paste dit by die URL. Daar is regtig baie keer wat ek wil gaan lees by iemand wat by my gereageer het, en dan is die volle adres nie daar nie. (Onderaan die blokkie staan Log out/Change. Jy kan dit daar verander.) Maak jouself bekend.

‘n Ander blogmaat het vir my verduidelik wat ‘tag’ regtig beteken. Dis daar by kategorië en tags. Jy kategoriseer mos jou bloginskrywings  wat bymekaar hoort, maar jy kan ook tags (etikette) bysit. Dis sulke een-een woorde wat Google help om jou op te spoor. Nogals iets om te gebruik, hoor!

Ek het dit al voorheen ook beskryf, dalk meer as een keer. Maar die meeste van als, geniet dit net! Blogging is HEERLIK. En DANKIE vir elkeen wat hier lees en veral dankie vir kommentare, dis die lekkerste lekker.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek Faceboekpage

Toortsie by Finesse: Wat ‘n belewenis! 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging and tagged , , . Bookmark the permalink.

18 Responses to die kuns van ‘tag’ en ander bloggeheimpies

  1. seegogga sê:

    Elke keer as ek op jou blog kom, skyn die liggie helderder ! Dankie dat jy nou die verskil tussen tag en tag verduidelik het. Ek hoop my getagery woord deur in toekoms deur wordpress aan jou oorgedra.

    Like

  2. scrapydo sê:

    Daars hy, dis hoe dit werk! Nou sal dit reg kom

    Like

  3. Ek sal dit moet bêre want ek vat maar die langpad

    Like

  4. Woef-Woef sê:

    Klink te ingewikkeld vir my breintjie, sal jou blog weer moet lees met my blogs byderhand om beter te verstaan…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s