BanTing hoef vir niemand ‘n bedreiging te wees nie

Banting kry die skuld vir alles. Is blomkool skielik duur, is dit Banting se skuld. Doen die pasteiwinkel skielik swak, ook Banting! Een keer lewer ek kommentaar by faceboekfoto’s van ‘n tuisnywerheid, dat Toortsie tog te mooi sal lyk in daardie winkel, waarop ‘n vriend toe antwoord dat daardie winkel sal toemaak as die dorp skielik verander na Banters.

Dit ís so dat Banting regtig baie veld wen, dat al hoe meer mense oorskakel na dié gesonde eetplan waar ons weer REGTE kos eet, in plaas van verwerkte goed wat soos kos lyk, maar nie is nie, wat ons in boksies en pakkies koop. Tog kan ek steeds nie dink dat dit vir enige winkel ‘n bedreiging hoef te wees nie.

Ons is vleisboere, melkboere, maar ook graanboere. Die feit dat een van ons boerdery se vennote ‘n Banter is, het nog nooit ons boerdery bedreig nie. Ek is nie kwaad vir aartappels en brood nie, ekself doen net beter deur dit nie te eet nie en neem niemand anders kwalik wat verkies om dit te eet nie. Ek wil niemand op aarde dwing om die Bantingleefstyl te volg nie, selfs nie my eie huismense, net omdat ek vir jare gesukkel het om my gewig in toom te hou nie! Natuurlik is dit Bantingkos wat ek maak, maar as my man lus het vir ‘n snytjie brood, staan dit hom vry om dit te eet.

En juis dít bring my by my punt waar ek begin het. Banting moet vir niemand ‘n bedreiging te wees nie. Ek dink winkels moet net in ag neem dat daar mense is wat verkies om nie stysel te eet nie, maar ook soms ‘n wegneemete nodig het. Selfs die pasteiwinkel moet dalk aan ‘n ekstra item op sy spyskaart dink om die een Banter in die gesin te akkomodeer as die hele res van die gesin pasteitjies bestel.

Daar is ‘n koffiewinkel wat Toortsies verkoop, heeltemal nie in lyn met die koek en skons wat hul verkoop nie. Die winkel verkoop Toortsies dat dit klap! Want die nie-Banters wat daar inkom, koop dit vir die Bantermaats wat hul het. En ja, ook Banters drink koffie!

My uitdaging aan winkels en tuisnywerhede en koffiewinkels wat Banting nog met ‘n lang tand kou, oorweeg weer die saak. Bring dalk net nog ‘n item in op jou spyskaart, nog ‘n lyn wat dalk Bantingvriendelik is, saam met jou ander goed wat steeds goed verkoop, en jy gaan dalk verbaas staan met hoeveel nuwe én dankbare voete jy gaan kry.

Waag dit! Ons Banters is gewoonlik ook lief vir eet.

Groetnis
Toortsie

Toortsie by Finesse: Wat ‘n belewenis!

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

voorblad 001 Toortsie's Banting Bash Nr 1

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged . Bookmark the permalink.

10 Responses to BanTing hoef vir niemand ‘n bedreiging te wees nie

  1. Alles met ‘n ‘te’ soos die ou mense gesê het

    Liked by 1 person

  2. Hi Toortsie ek het vandag ‘n blog geplaas waarin ek jou by name noem en goedig die banting volgelinge terg deur te skerts. Banter beteken natuurlik skerts. Ek is ‘n banter maar doen nie banting nie. Die blog self gaan oor iets heel anders.

    Like

  3. seegogga sê:

    Mugg en Bean is baie slim met hulle banting ontbyt en hamburgers!En of Vrredendal van ale plekke het ek in ‘n koffiewinke banters toebroodjies bestel! Hulle brood word gebak van ‘n amandel en klappermeelmengsel. Bie vullend en lekker

    Like

  4. vega sê:

    Ek het baie probleme met banting. Jy skryf banting is REGTE kos. Enige iets wat gegroei word is natuurlike regte kos. Sodra dit met bymiddels verwerk word dink ek verminder die voedingswaarde, so wat dit aanbetref stem ek saam.. Aartappels en rys en vele ander koolhidrate kan ook gesond wees. Basies sal die mensdom oor 5 jaar weer iets nuuts he om aan te hang. Elke jaar word 7% van die ‘waarhied’ van die vorige jaar verkeerd bewys. Dis net Amerika waar die goed begin en Suid Afrika wat die nuwe giere soos skape volg. Die res van die wereld weet nie eers wat banting is nie en is gesonder as die mens in VSA en SA. As banting die gesonde antwoord is wil ek graag sien hoe die mense in die arm lande die eetstyl kan volg. Dis net welvarende mense wat die luuksheid het om so kieskeurig te wees met wat hulle eet.

    Like

    • Toortsie sê:

      Vega, vir my werk dit regtig. Ek skryf ook graag dat elke persoon moet eet soos wat dit vir hom pas. Ons verbou self grane en ek is dankbaar dat soveel mense dit steeds eet en sal aanhou eet. Ongelukkig moes ek daarmee ophou, soos ‘n alkoholis gedwing word om op te hou alkohol inneem. Sekere kosse akkordeer nie met sekere mense nie. Elkeen is eerklik vry om te maak soos hulle goed dink, maar ek vertel graag hier op my blog hoe ek dit beleef omdat dit dalk iemand anders help wat in dieselfde bootjie as ek is.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s