Die sondebok

Soos ek dit verstaan is ‘n sondeboek iemand wat die skuld dra, selfs al is hy nie altyd skuldig nie. Iemand word ‘n ‘sondebok’ gemaak. So ‘n sondebok kan vreeslik deur die gemeenskap gestraf word, selfs al is hy of sy onskuldig.

Ek het ‘n rukkie gelede die fliek, ‘The Dressmaker’, gesien van ‘n dogtertjie wat uit ‘n dorp verban was omdat sy ‘glo’ ‘n moord gepleeg het. Iemand het ‘n wolhaarstorie versprei en sy moes boet. Sy het as volwasse vrou teruggekeer en die waarheid ontdek, maar steeds was sy die uitgeworpene, selfs nadat dit bewys was dat sy onskuldig was.

Francine Rivers het ‘n boek geskryf, ‘The Last Sin Eater’ oor ‘n dorpie waar een persoon in die dorp gekies was as sondeboek, uitgewerp is en sodoende moes boete doen vir al die sondes van die dorp. Ek het dit baie lank gelede gelees so ek kan nie meer al die detail onthou nie.

In my deurlees van die Bybel van voor tot agter, kom ek soms by gedeeltes af wat ek nie so baie lees nie en elke keer vreemd klink. Ek lees in Levitikus van al die offers en die voorskrifte en konsentreer seker maar nie genoeg nie, tot ek by Lev 16 ‘n baie interessante stuk raaklees. Vir die jaarlikse versoening moet daar twee bokke gevang word. Dis nou behalwe al die ander offers wat in die Ou Testament gedoen moes word. Met die offer van die een bok is die sondes van die volk vergewe. Aäron moes sy twee hande op die kop van die ander bok lê en al die oortredinge en opstandigheid en sondes van die Israeliete bo-or die bok bely. Daardie bok is dan die woestyn in gejaag na Asasel toe, om nooit weer gesien te word nie.

Wat ‘The Last Sin Eater’ beklemtoon het, en waaraan ek ook nou gedink het toe ek hierdie stuk in die Bybel lees, was dankie vir Jesus. Dankie dat Hy as sondebok opgetree het en al ons sondes op Hom kom neem het.  Dankie dat ons nie meer ‘n sondebok die woestyn hoef in te jaag nie, maar direk vir God om vergifnis kan vra, en dankie, dankie dat ons sondes dan weggeneem word vir altyd, amper soos die bok wat in die woestyn ingejaag is om nooit weer te voorskyn te kom nie.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Wat ‘n belewenis!

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

Work in Progress – Toortsie’s Banting  Bash (Farmstyle cooking) Hopefully available in July 2016.

Toortsie's Banting Bash Nr 1

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

7 Responses to Die sondebok

  1. Kameel sê:

    Dit is ‘n goeie boek, maar ai dit laat ‘n mens maar morbied voel. ‘n Rukkie gelede die fliek gesien, dit was baie goed gedoen. Ja, dankie tog vir Jesus…. ‘n mens voel sommer die verskil wanneer jy die OT lees, en dan by die NT uitkom…. Lig in die duisternis!!!

    Like

    • Toortsie sê:

      Oee en dit neem vir my 2 jaar vir die OT en een vir die NT. Op ‘n stadium het ek die NT 2x gelees voor ek weer die OT aanpak. Dis darem nie ál wat ek lees nie so dis darem nie altyd sleg nie. Ek is nou det weer deur al die wette en offers. …

      Liked by 1 person

  2. Ek mag nou wel banter oor banting maar as dit kom Hom wat die lig laat skyn Jesus Christus stem ek heeltemal met jou saam. Hebreers 9: 11-14 gaan juis oor Christus wat soveel meer as ‘n sondebok is.
    As jy lus is vir humor en ‘n boodskao oor Christus lees gerus https://abriejoubert.wordpress.com/2013/07/04/n-beproewing-in-bellville-biblioteek/

    Liked by 1 person

  3. Woef-Woef sê:

    Ek het ook FR se boek gelees. In Afrikaans, en was verwonderd oor wat mense kon glo. Dankie tog dat daar ‘n ander Sondebok ook is

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s