‘n Vasdag vir Suid-Afrika

Hier is weer ‘n verkiesing op pad. Hier is baie wonderlike goed in Suid-Afrika, maar ook baie dinge wat ons ontstel. Ek kan hulle een vir een opnoem, maar dan gaan ons almal só negatief raak, dis net nie waar nie!

Ek glo in gebed en vas meer as in enige iets anders. Ons almal het ons manier wat ons hierdie dinge verwerk of wil verander. Ons stuur vir mekaar smsse, ons toi-toi in die strate, ons moedig mekaar aan, ons jak mekaar af. Tog is die heel beste raad nog, gebed en vas.

Gebed en vas tot ons God, die God wat die hemel en aarde gemaak het. Kom ons begin weer en stel ons selfone op ‘n sekere tyd van die dag om ons te herinner om vir SA te bid, en kom ons BID dan. Net waar jy is, wat God ook al op jou hart lê, doodstil. Niemand anders hoef eers te weet jy doen dit nie. Jy kan op jou knieë gaan as jy wil, of jy kan net doodstil staan met oop oë, dit maak regtig nie saak nie. God sal daardie gebed hoor.

Ek het ook geleer dat as ek regtig ernstig oor ‘n saak voel, ek al alles probeer het, baie gebid het, vas ‘n groot verskil maak. Besluit vooraf dat jy ‘n sekere dag gaan vas. Besluit selfs hóé jy gaan vas, byvoorbeeld, gaan jy slegs water drink of gaan jy koffie en tee ook toelaat. Van hoe laat tot hoe laat gaan die vas duur, is dit van opstaantyd tot vanaand 6 uur? Stel die reëls vir jouself vas en doen dit.

Vas bring ‘n mens nader aan God. Soos die dag vorder en die honger begin al hoe meer knaag, hoe meer word jy herinner aan waarmee jy besig is. Elke keer wat jy aan kos dink, onthou jy om te bid vir dit waarvoor jy die dag vas.

Ons kan nie vir God manipuleer nie, Hy is te groot daarvoor, Hy sal Hom beslis nie laat manipuleer nie, maar God ken ons harte. Hy weet en sien dat jy regtig ernstig voel oor die saak en sal jou gebed hoor.

Hierdie is nie ‘n ‘as jy dit nie doen nie gaan iets slegs met jou oorkom‘ nie. Ook nie ‘n manier om punte by God te verdien nie. Dis totaal vrywillig, niemand anders hoef eers te weet jy doen dit nie, maar as jy so voel, kom ons vas vir Suid-Afrika.

Groetnis

Toortsie

Voelgoed: Wat is vas

Toortsie by Finesse: In ‘n glaskas

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

2 Responses to ‘n Vasdag vir Suid-Afrika

  1. Kameel sê:

    Jou mond is die pen waarmee jy op jou hart skryf. Al die negatiewe pratery doen niks om die saak te verbeter nie. Bid, bid en nogmaals bid ja!!!

    Liked by 1 person

  2. Vertrou is ook baie belangrik saam met bid. Daardie saamstaan en vas is BAIE belangrik. Samehorigheid vorm tog maar die ruggraat van ons bestaan.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s