X

Hier aan die einde van die alfabet kom ek nou by MOEILIKE letters!

X staan vir Xhosa, een van ons inheemse tale. Ag, ek wou graag leer Xhosa praat toe ek op Stellenbosch was en het die taallab bygewoon waar jy gratis enige taal kon aanleer. Almal sit daar met goed oor die ore, so jy kan na hartelus praat. Ek het só hard gepraat en gesukkel dat van die ander studente omgekyk het. Dit, saam met my kys wat toe uit was, (manlief wat toe in Cradock was), het ek maar die lesse gelos. Sien, ek het gedink dit sou goed wees om Xhosa te kon praat as jy in die Oos-Kaap sou woon. Jare later het Nellie my ook probeer leer, maar ek het weer eens nie veel verder as molo gekom nie! Nou is ek te lui.

X staan vir xilofoon. Toe ek in die laerskool was het ons skool ‘n hele versameling xylofone gekoop. Elkeen met sy eie naam, wat ek natuurlik nie meer kan onthou nie. Ek is spyt dat ek nooit geleer het om dit regtig goed te kan speel nie. In Heidelberg, Duitsland, het ek twee jongmanne gesien wat saam speel, elkeen ‘n meester op sy eie! Ek kan maar net staan en kyk en dit indrink. Dis natuurlik vir my van die lekkerste dinge in baie Europese stede, dat die musikante sommer net daar staan en speel, en dit nie sommer ping-pong nie, ordentlik speel. Ek wonder altyd of dit musiekstudente is wat sommer ‘n bietjie blootstelling soek?

Daar is natuurlik baie afrikaanse liefdjies wat met ‘n X begin. Sommer net om een te noem: X ‘n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis! 😉

X is ook die afkorting van Christus. Eintlik Xs. En ‘n Christen Xen (superscript).

En dan staan x natuurlik vir soentjies. xxxx vir al my blogmaats!

En nou is ek sommer klaar. X klaar.

Toortsie

9 thoughts on “X

  1. Die meeste van julle is veels te jonk om dit te onthou, maar toe ek ‘n kind was, was daar ‘n strokieskarakter in Die Huisgenoot (Ja, dit was toe nog DIE Huisgenoot). Die ou se naam was Walter die Wonderman en hy het in Xanadu gewoon. Later toe kom daai mooi Australiese meisie (Olivia N-J) toe mos uit met ‘n gelyknamige lied.

    Liked by 2 people

  2. As ek aan x dink laat dit my altyd dink aan een of ander geheime persoon of ondergrondse organisasie.Ek wonder ook wat het van Mnr Koisan X alias Bennie Alexander geword.Hy was altyd in die nuus maar het jare laas van hom gehoor.X laat my ook altyd aan algebra dink waarmee ons gedril is.X aantal van enige iets.
    Groete xx

    Like

Gesels saam, asseblief!