Toortsie se Toeka Tokkel oor Legkaarte

In opdrag van Scrapydo.

As kind het ons nie baie legkaarte in die huis gehad nie. My broer het een in sy laai gehad wat ek oor en oor gepak het.

Toe my eie kinders egter klein was kon ek nie genoeg legkaarte vir hulle koop nie. Die tweeling was nie in ‘n kleuterskool nie en ek het elke middag van 5 tot 6 nm mammatyd gehad waar ons verskillende opvoedkundige goed gedoen het. Natuurlik was legkaarte ‘n groot deel van die mammatyd. Soos hulle ouer geword het, het die blokkies natuurlik meer geword. Op ‘n stadium het Smile die oulikste legkaarte gehad met so baie gesiggies op, baie beweging, ek dink 500 blokkies. My kinders was baie mal daaroor.

Daardie speelgoed is gebêre en op ‘n stadium het ek met ons plaaskinders gespeel. Dit was vir my onstellend dat hulle al op skool was en nog géén kontak met legkaarte gehad het nie. Ek moes hulle leer van die begin af, van daardie een houtblokkie wat in die gaatjie moet pas. Hulle was mal daaroor en het graag die legkaarte gepak. Tog was daar ‘n struikelblok: Hulle was al te oud vir die legkaarte wat ek gehad het. Dit was klein kinder legkaarte, so dit het hulle gou verveel. Hulle wou nie dieselfde een oor en oor pak nie, maar hulle kon ook nie die ‘moeiliker’ legkaarte baasraak nie. Tot so by 36 blokkies was goed, daarna was dit amper te moeilik en het hulle belangstelling verloor. Tog het ons wonderlike tye saam geniet en ek is nie een oomblik spyt daaroor nie.

Intussen het die plaaskinders minder geword toe ons die melkstal op ons werf stop en is die speelgoed opgepak. Dit was vir my ‘n swaar dag, die einde van ‘n era (gaan lees dit gerus). Die speelgoed is gebêre. Nou word dit weer uitgehaal as die kleinkinders kom kuier!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie by Finesse: Drie dinge en jou lewensuitkyk verander

9 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor Legkaarte

  1. Daar is by die naskoolsentrum hierso net twee legkaarte met groot stukke en net 36 stukke ek. Die beginner kleintjies het dit geniet toe hul begin het die jaar. Nou soek hul moeiliker kaarte! Wens van die ouers wil bietjie skenkings maak!. Legkaartbou is n baie goeie vaardigheids oefening. Dankie vir jou deelname. Daardie plaas kindertjies kon seker nie hul oë glo toe hul dit regkry nie.

    Like

    1. Hulle was mal daaroor. Ek het een keer die mammas laat kom om vir hulle ‘te wys’ wat ek met die kinders doen. Dit was hartverskeurend om te sien hoe hulle ook die heel eerste keer in hul lewe met so iets te doen kry, die sykkel en die vreugde in hulle oë as hulle dit regkry.

      Like

      1. Dis so wonderlik om daardie gesigte te beleef en te weet dat jy iets bereik het wat hul verryk het. Ek sien die liefde wat die kleintjies hierdie jaar vir my wys omdat hul my vertrou. Selfde met daardie agtergeblewe kleintjies. hul is so oop vir alle vreemde dinge.

        Liked by 1 person

  2. Jy kan my in ‘n wip vang met legkaarte bou. Dit gebeur nie nou meer nie…. spasie om dit te los tot ‘n volgende keer ontbreek. Die kinders van vandag speel van kleinsaf speletjies op selfone ens. Hulle hand en oë koördinasie verbaas my met die vinnige bewegings wat die speletjies verg. Kannie die klomp om ‘n tafel sien sit en legkaart stukkies soek nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!