Gelatine

Ek en gelatine is nie pelle nie. Van my dae af wat ek ‘n woonstel gehad het nog voor my troue. Die een keer werk dit, die volgende keer nie. Nou, meer as 30 jaar later, besef ek, ek ken nie die terme nie! Ek verstaan dit nie.

Wat beteken: ‘Spons die gelatine in water’? Hoe doen jy dit? Wie het daardie woord uitgedink?

Nou het ek die heerlikste mokkakaaskoekresep by iemand gekry wat ek wil verwerk vir Banters. Dis ‘n lieflike resep met roomkaas en room en koffie en kakao. Die vriendin wat dit vir my gestuur het, sê sy vervang net die suiker met xylitol. Met die eerste poging brand dit my keel. Die oomblik as ek dit proe, maak dit ‘n irritasie in my keel. Die resep stol nie soos belowe nie.

Die volgende poging gooi ek minder xylitol in en meer vanieljegeursel. Die irritasie is minder, dit stol steeds nie. Hierdie keer het ek die resep beter gevolg, nie alles net bymekaar gefoeter soos dit gewoonlik my manier is nie. (Iemand het gesê ek moet kom demonstrasies hou van my resepte, toe reageer iemand anders, “Hoe gaan jy demonstreer, alles is dan net gooi bymekaar?”) Hierdie keer klits ek die room tot styf, soos die resep sê, doen alles mooi stap vir stap, maar steeds stol dit nie. DIS DIE GELATINE! Is die gelatine dalk oud?

Ek soek op op die internet en sien die vreemdste gelatine. Dis sulke plastiekblaaitjies wat eers in koue water moet lê en dan weer in ander water. Klink na groot werk. Iewers lees ek dat die poeiergelatine sommer direk in die kos gegooi kan word. My ou staatmaker kookboek praat van koue water. Die resep praat net van water. Ons gooi dan as ons jellie maak die poeier in kookwater, maar ‘n vriendin sê as jy kookwater gebruik is dit sommer kliphard.

Uiteindelik doen ek wat ek al in 1985 moes doen: LEES WAT STAAN OP DIE BOKSIE! En weet julle wat sê die boksie? Dit moet BAIE warm water wees en die poeier moet by die water gegooi word, nie anders om nie. Ek doen dit, roer dit en laat dit ‘n bietjie staan dat dit so ‘n dik vloeistof raak, gooi dit by die bestanddele EN DIT WERK! Dit het pragtig gestol! Ek dink ek het ‘n nuwe beste maatjie, haar naam is Gelatine! … maar … dit krap nog effens in my keel!

Daar’s nog werk voor …

Toortsie

Dit is nie heeltemal so maklik om ‘n resep Bantingvriendelik te maak nie, net vir as julle wonder.

Ns. (Geskryf 17 Aug 2016) Moenie hierdie raad volg nie! Ek het ‘n nuwe bloginskrywing gemaak wat dit makliker maak.

Bestel Toortsie se Bantingboerekosboek HIER.

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie by Finesse: In ‘n glaskas

img_59097563831079

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Gelatine

  1. boesmanpos sê:

    Toetsie, ons lieflike chef, Veronishka Clayton, maak hier by die lodge gereeld haar eie jellie. Haar metode is bestand teen stommerike: Gooi sowat ‘n halwe koppie louerige water in ‘n poedingbakkie. Strooi die juiste hoeveelheid geletien oor die water en laat toe om te spons (ja, weer daardie term). Kook intussen bietjie water en gooi ‘;n ‘n kastrolletjie met ‘n bek net groot gebnoeg om die poedingbakkie netjies te ondersteun. Sodra die gelatien sponsagtig begin lyk, pas die poedingbakkie mooi op die vrolik borrelende water. Moenie dat die bakkie aan die water raak nie. Die stoom gaan die ding doen. Roer stadig tot die gelatien gesmelt en die vloeistof helder is. Laat effe afkoel en meng dan met die ander bestanddele vir jou vorm, mousse of jellie. As jy ‘n dubbelkosker het, kan jy dit gebruik.

    Kyk sommer vir die lekker na Nishka se resep vir kutchu raviolis op http://www.boesmanpos.wordpress.com. Kutchu is Kalahari truffels en kan deur ‘n mengsel van vars en gedroogde sampioene vervang word.

    Gerard en Annelize Slabbert Deception Valley Lodge Botswana

    2016-05-13 5:38 GMT+02:00 Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie :

    > Toortsie posted: “Ek en gelatine is nie pelle nie. Van my dae af wat ek ‘n > woonstel gehad het nog voor my troue. Die een keer werk dit, die volgende > keer nie. Nou, meer as 30 jaar later, besef ek, ek ken nie die terme nie! > Ek verstaan dit nie. Wat beteken: ‘Spons die gela” >

    Like

  2. 😂If all else fail,read the instructions!Gebeur gereeld met my😜

    Like

  3. Kameel sê:

    Weet nie of ek ooit die boksie gelees het nie, maar ek het toeka al opgehou om goed te maak wat gelatine inkry…. te veel van ‘n (nou wou ek hier ‘n lekker Ingelse woord gebruik het…. maar weet nie hoe om hom te spel nie.) het hom SCHLEP 🙂

    Like

  4. Ek sukkel net so. Gooi te veel in dan is alles te veel gestol, geen wobble soos n panacotta moet he nie. Dan weer te min of te korrelrig. Okay ek sal die dem pakkie gaan lees…….🙆

    Like

    • Toortsie sê:

      Jy hoef nie, ek het mos al klaar gelees, maar dink nie dis al so dat dit altyd suksesvol gaan wees nie!
      Nou weer die tert gemaak en sien ek gooi dubbeld die kakao en koffie in. Geen wonder my keel het gekrap nie! Nou is die krap in die keel weg maar hy het nie skop nie! Ai toggie! Dink ek moet die middeweg volg.

      Liked by 1 person

  5. Middeweg is hou aan proe. Tot dit lekker is. Dan hoef jy nie te lees nie!

    Like

  6. Terug pieng: Ai, ai, ai, die gelatine! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s