v staan vir vrolik

V staan vir Vandag. Vandag gaan ek ‘n klomp V-woorde in sinne gebruik, maar hulle net elke keer in hakies sit om dit te beklemtoon. Hebreërs maan ons dat solank daar nog ‘n (v)andag is, laat ons dit gebruik om die Here te loof, ons geloof te bely en teen (v)erkeerdhede op te staan. Vandag gaan ek hierdie toortsliggie gebruik om te skyn op ‘n plek waar daar nie geskyn wil wees nie.

‘n (V)riendin wat my ken sedert ons in 1976 in standerd ses was, sê dat ek ‘n profeet is omdat ek in my hele wese teen (v)erkeerdhede opstaan. Wanneer ek verkeerdhede sien, kan ek nie stilbly nie. Ek is ook ‘n Juffrou en waar ek (v)ieslikhede sien, is dit deel van my opvoedingstaak om dit aan te spreek.

So, noem my na hierdie blogpost enige naam. Dalk outyds, dalk preuts, ag net wat jy wil, maar hier gaan ek. Dis juis omdat ons mensdom bang geword het om op te staan teen dit wat verkeerd is, dat ons samelewing so (v)erval het en dat is ons waar ons is.

V staan vir (v)ieslik en vulgêr. Ek gun vir elke diertjie sy plesiertjie en elke outjie sy foutjie. As hy wil vieslik wees, is dit reg so, dis net homself wat hy in die proses (v)erneder. Hy kry dalk ‘n klomp aandag daardeur waarvan hy baie hou, dit gee hom dalk die gevoel van ‘n bietjie mag en aansien. Ongelukkig laat dit ‘n slegte smaak in soveel ander mense se monde. So, ek sou dink as ‘n mens jou tyd en energie aan vieslikhede wil spandeer, jy dit in privaatheid doen en dit nie in ander mense se kele en gesigte afdwing nie. Alles het perke, ook wat betref vieslikheid. Ek sou (v)oorstel dat as enige persoon buitensporig wil aangaan op ‘n blog, hy die blog ‘password protected’ sal maak sodat net hy en sy (v)riende hulleself kan (v)erlustig en (v)ergryp aan hulle (v)ieslikhede. Sekere goed hoort net nie in die openbaar nie. (Ek dink die ouens met wie ek raas, lees nie hier nie.)

Vir veral die jongmense wil ek sê: Jy dink dalk jy is oulik om ‘anders’ te wees, dis goed om ‘anders’ te wees, maar ook binne perke. Jy voel dalk trots op jou ‘uitdagendheid’, maar iewers in jou lewe gaan jy grootword en gaan jy in skok en afgryse terugdink oor wat jy aangevang het. Jy mag dalk ‘n nuwe blaaitjie omslaan, maar die ou blaaitjie bly die res van jou lewe deel van jou.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Net drie dinge, en jou lewensuitkyk verander

Toortsie se faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging, Opheffingswerk; Opvoeding. Bookmark the permalink.

8 Responses to v staan vir vrolik

  1. Vrolike vreugdevolle vroulike vriendinne. Lekker man. Hoe meer mens dink hoe meer kry mens!

    Like

  2. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 15: Legkaart/e – I scrap 2

  3. Kameel sê:

    Jy kan vaardig raak met die pen….of rekenaar nê. Ek stem Toorts…. daar kom genoeg vieslikhede uit Hollywood wat maak dat ‘n mens amper niks meer kan kyk nie. Ek verpes vieslike gesprekke, en ‘n vloekery. kannie verstaan hoe mense hulle daarin kan verlustig nie. Hoop jou liggie het iewers in die donker geskyn, en lig gebring.

    Like

  4. Lekker alleterasie …

    Like

  5. Hallo Voortsie – ek stem!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s