Sommer oor troues en die dinge wat so verander het

Toe ek kind was, was ons gehoorsaam aan ons ouers. Noudat ons groot is, is ons gehoorsaam aan ons kinders. Sekere goed het soveel verander …

Soos, toe ek getroud is, het ek niks eintik met die troureëlings te doen gehad nie. My ma was in beheer en het alles besluit en gedoen. Ek het wel aangedring daarop dat ek nie ‘n hele gevolg wil hê nie (wat daar was, maar ‘under cover’), en sangers en wat ook al nie. Die dag voor die tyd moes ek nog vure doodslaan, want sangers het op ‘n subtiele manier ingesluip.  Maar verder? Ek het my eie trourok gemaak, en dit was dit. Ons het HEERLIK troue gehou. Ek sou dit NOOIT so kon reël nie.

Intussen het dinge totaal verander, die bruid en bruidegom is deesdae in beheer van hulle troues, wat sekerlik nie verkeerd is nie. Tog het ek al ‘n hele paar mammas hoor sê dat hulle uitgesluit voel by hulle dogter se troue. En dis so jammer, dan huil ek in my hart saam met hulle. Dis seker nie die norm nie en elke reël het ‘n uitsondering, maar ek dink tog in elke moederhart is daar die droom van wanneer jou dogter trou. Ek weet hoe my ma altyd hardop gedroom het, en ook hoe ek die spesiale dag  van my dogter al jare in my hart koester.

Vandag wil ek sommer op my verloofde dogter ‘n heildronk drink en ek wil vir haar bedank dat sy my insluit in haar troureëlings. Dit beteken vir my baie. Dis lekker om saam opgewonde te wees, saam te droom, saam planne te maak.

Sê nou sy het my uitgesluit, het ek nooit self die voorreg gehad om betrokke te wees by troureëlings nie.

Toortsie

Toortsie se faceboekpage

Toortsie se bantingboerekosboek faceboekpage

Toortsie by Finesse: Net drie dinge en jou lewensuitkyk verander

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

20 Responses to Sommer oor troues en die dinge wat so verander het

  1. ekmyselff sê:

    Ja dinge verander en dit is hartseer, kan nie dink, ek sou NOOIT my ma kon uitsluit by my relings nie. Dis hartseer dat dit wel soms vandag so gebeur. Dinge rondom troues het baie verander, sommige ma’s en skoonma’s sal enige bruid na drank laat gruip 🙂 sommige mense weet net nie waar om op te hou nie. Jongmense betaal deesdae self vir troues, dit is nie meer soos vroeer dat die ouers vir die troue betaal het nie. Nataniel maak my altyd lag oor al die dinge rondom n troue.
    Geniet die relings saam met jou dogter!

    Like

  2. ekmyselff sê:

    Ooh ja ek wou nog se, ons het ook groot geword dat kinders gehoor maar nie gesien word nie, dat grootmense eerste opskep, dat kinders nie mag sit en tande tel nie en dat slegs grootmense gaskoeldrank drink – dinge was ander, baie anders. Ek se gereeld vir my kinders: EK is die ma en JY is die kind… 🙂

    Like

  3. My dogter en haar verloofde het hulle hele troue in die VSA self gereel en betaal, MAAR sy het my in SA kom haal, ons het 10 dae saam in ‘n vakansiehuis in Pennsylvania gebly en ek is as “Mother of the Bride” op die hande gedra. Dit was my ongelooflike voorreg om ‘n kort tafelgebed by die aansit-ete te kon doen: eers in Afrikaans en toe in Engels. Die troue was een van die wonderlikste ervarings van my lewe: al die vreugde en niks van die moeite nie 😀

    Liked by 1 person

  4. Ek is maar te bly die kinders reel alles self,dan weet jy hulle sal nie ongelukkig wees met jou voorstelle nie.Ek en pa het net opgerol by ons dogters se troues…met ‘n oop beursie ….en heerlik teruggesit en alles geniet.Ek jok so ‘n bietjie..ek het darem gehelp met rok uitkies en is heeltyd in die prentjie gehou!

    Like

  5. Vertel my dogter nou vir my ‘n storie oor ‘n onthaal waar gaste versoek is om geld te skenk eerder as om geskenkies aan te koop. Een van die oorsese gaste het GBP200 (Engelse ponde) geskenk en is agterna per e-mail bedank, maar ook ingelig dat hulle welkom is om nog geld in rekeningnommer so en so in te betaal, as hulle dalk gedrewe voel om bietjie meer te skenk. 😀

    Like

  6. boesmanpos sê:

    Dis vir vrouens van alle ouderdomme steeds ‘n droomdag. Lekker vir my dat ons seun en toekomstige skoondogter ons deel van hul planne maak. Beste geskenkskande wat in ons vriendekring lank oor gegiggel was, was die bruidspaar wat gaste versoek het om die geskenkgeldjies in een van daardie stylvolle vo”elkoutjies te gooi, terwyl die bruid se pa die sleuteltjie bewaar het. N’a die onthaal was die ontsteltenis groot toe ontdek is die koutjie was dolleeg. Etlike maande later, toe bruidegom en skoonvader effe van mening verskil, – oor rugby, nogal – het die skoonpa in ‘n hittige moment erken hy het die geld vir homself geneem want die bruilof het hom “bliksems baie” geld uit die sak gejaag en hy was darem op ‘n ietsie geregtig.

    Alle vreugde en se”en met die groot dag se beplanning. Onthou, soos Marianne Fassler vir my ges^e het: “Jy moet asseblief net nie soos ‘n ‘tannie’ lyk nie!”

    Like

  7. seegogga sê:

    Ag julle gaan d troureelings so geniet!

    Like

  8. Pixie sê:

    Ek het redelike vasgestelde idees gehad van hoe ek ons troue wou gehad het. Jare van droom en beplan het ewe skielik ‘n realiteit geword! Alhoewel ek meestal alles self gereel het, het ek my ma nogal baie betrek, veral as dit gekom het by dinge waarvan ek nie veel geweet het nie, soos bv blomme. Ek is bly dat jy ook lekker saam kan troue reel.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s