Oor persoonlikheidstipes en goeie maniere

Dit is so dat ons persoonlikheidstipes almal verskil, dat ons verskillend reageer in verskillende situasies, dat ons soms foute maak, soms meer soms minder.

Persoonlikheidstipes interesseer my nog altyd. Ek lees graag daaroor en as ek ‘n fliek of iets kyk, is die optrede van die verskillende mense vir my soms baie interessanter as die storie self! So het ek destyds met die eerste Big Brother vasgenael gesit by die TV, nie omdat dit vir my vreeslik saak gemaak het wie wen nie, maar oor hóé elkeen optree. Nou ja, deesdae besef ek al hoe meer dat met hierdie realiteitsreekse, hulle eintlik net vir jou wys wat hulle wil en jy dalk ‘n heel skewe beeld kan kry van ‘n persoon.

Waarop dit neerkom: Ons het almal ons persoonlikhede. In krisissituasies gaan ons verskillend reageer. M a a r … ons kan en mag nie ons persoonlikheidstipe gebruik as iets om agter te skuil as ons ongeskik of onrespekvol teenoor ander mense optree nie. Ons mag nie net vertel dat ons so gemaak en so gelaat staan is nie.

Die voordeel, volgens my, van al hierdie persoonlikheidstoetse wat ‘n mens kan doen, is sodat jy jouself, en ander mense beter kan leer verstaan, sodat jy kan besef dat daardie persoon dalk anders as jy opgetree het omdat sy persoonlikheid anders is. Elke persoonlikheidstipe, elke persoon, het sterk punte én swak punte en dis juis dáár waar die geheim lê. Anders as met diere, het God vir ons gemaak dat ons kan dinge leer, dat ons kan leer om sekere dinge te beheer, dat ons kan leer om dalk anders in ‘n situasie op te tree as wat dit vir ons natuurlik is. Dis hoekom ‘n mens soveel keer hoor dat ouer mense sê, ‘Mens is nooit te oud om te leer nie.” Die groot vraag gaan of jy ‘n leerbare gees het of nie, en of jy bereid is om te leer.

Een van die belangrikste lesse wat ek ooit geleer het, is speel die bal, nie die persoon nie. Ek dink tog ek kry dit nogals reg. Maar ek sien soveel keer hoe iemand die persoon speel, hoe vuurpyle doelbewus afgevuur word na waar dit die seerste maak.

Swak maniere bly swak maniere en goeie maniere bly goeie maniere, ongeag ons persoonlikheidstipe. Ongeskik bly ongeskik, ordentlik bly ordentlik, al is ons wíé.

Mooi dag

Toortsie

Toortsie by Finesse: Net drie dinge en jou lewensuitkyk verander

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding and tagged . Bookmark the permalink.

5 Responses to Oor persoonlikheidstipes en goeie maniere

  1. Elizabeth sê:

    Baie insiggewend, dankie Toortsie! Stem saam dat goeie maniere iets wonderliks is en die wêreld vir almal beter maak.

    Like

  2. Kameel sê:

    Ek het my kinders beter verstaan deur hulle persoonlikheidstipes in ag te neem. Het Tim en Bev La Haye se boeke oor die Geesbeheerde Man, Vrou, Kind en Gesinslewe soos ‘n bybel bestudeer. Vandag nog kyk ek en verstaan my kinders, hulle huweliksmaats en kleinkinders beter. Hoekom pak my een skoonseun sy garage nie reg nie en hoop alles op? Hy is ‘n Flegmaat…. die ding lê soos ‘n berg voor hom…. hy sal wel eendag daarby uitkom 😆

    Liked by 1 person

    • ekmyselff sê:

      Jy is oulik om moeite te doen om self jou skoonkinders beter te verstaan – oulike “skoonmoer” 🙂 Ek lig my hoed vir jou – klink soos my ma

      Liked by 1 person

      • Kameel sê:

        Ag dankie 🙂 Dit help werklik om mense beter te verstaan, en met hulle eienaardighede saam te lewe. Laat my aan die dag dink toe ek vir een van my skoonseuns sy temperament .(spelling) lees. O.a staan daar dat ‘n Cholerie makliker ‘n moord kan pleeg (hulle is nie gevoelsmense nie.) Sy verbaaste antwoord was net ‘HAAI MA!!!!!’

        Liked by 1 person

  3. Respek en maniere…die goue sleutel tot ‘n aangenamer lewe vir almal.Mooi geskryf,Toortsie!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s