T staan vir Tabernakel

T staan vir Tee, nes sy naam sê! Rooibostee, Heuninbostee, Cylon tee, Groentee (urgh!), allerhande gegeurde tees. Ek verkies rooibostee met ‘n geurtjie, amper enige een van die vele variasies wat jy kry. Ek drink dit sonder melk en suiker en dis héérlik, en as Ursula my halwe teekoppies wegsteek en ek kry dit ‘n dag of wat later waar sy dit gesit het, is dit steeds lekker, selfs al is dit yskoud. Die eerste sluk moet net heerlik kokend wees. Dit laat my dink, daar staan nog ‘n halwe koppie tee in die kombuis, laat ek dit DADELIK gaan haal!

T staan vir televisie. Ek was in standerd vyf toe Suid-Afrika televisie gekry het. Die Transvaal het lank voor die Kaap TV gekry, dalk het Kaapstad self saam met Johannesburg TV gekry, ek weet nie, maar ons op die plaas het eers heelwat later TV gekry. Die oomblik toe TV’s beskikbaar gekom het, het Heineman van Swellendam af gekom en ons TV kom installeer. Geen sein natuurlik nie, net die reënboogstrepe het gewys, dag en nag, en ons? Ons het gereeld gaan kyk of daar nie tóg iets meer wys nie. Dan sou my broer skree: “Die TV speel!” en ons lot ape het onmiddellik aangehol gekom om te kyk, en nee, net strepe! Ai tog! Uiteindelik het die TV gepeel, saans van 6 tot 8. Een uur Afrikaans, een uur Engels. Die Engels en Afrikaans het mekaar afgewissel, Maandae was byvoorbeeld Engels eerste, Dinsdae Afrikaans, ens. Sondagaande het hulle beurte gemaak. Ons het elke aand ál die programme gekyk, wat meestal goed uitgesoekte programme van goeie kwaliteit was. Haas Das se Nuuskas was natuurlik een van ons gunstelinge, en later het ek en my pa vreeslik graag Redding Internasionaal gekyk.

T staan vir TOORTSIENiks meer hoef gesê te word nie, né? 🙂 Die Toortsie wat ‘n liggie probeer wees. Ai, jai, jai! Die doel was dat die liggie soms op ongemaklike plekke inskyn, maar lyk my sy raak ‘n bietjie bang! 😉

T staan vir Tweegesig. Ek kan nie ‘n tweegesig vat nie. Glad nie.

T staan vir Tornado. Ek dank die Heer dat dit nie iets is wat eintlik hier in ons mooie Suid-Afrika gebeur nie. Ja, ons het misdaad en ‘n paar ander minder lekker dinge, maar dankie dat ons nie siklone en tornado’s en al daai slegte dinge het nie. Kan julle julle die alomteenwoordige  vrees en bewustheid indink wat tog maar in daardie mense se koppe moet wees?

Tatta

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging. Bookmark the permalink.

19 Responses to T staan vir Tabernakel

  1. Elizabeth sê:

    Hoe lus maak jy my nou vir my geliefde rooibostee! Lekker gelees.

    Like

  2. Hi Toortsie, ek is besig met ‘n nuwe boek “‘Go high with carbohydate”. Die voorbladfoto is van ‘n piekniek in de berge met die lekkerste boerebrood en geurige ander brode, Mens tuur af oor die pragtigste natuurtoneel, Inspirerend! T: Toortsie ek Terg neT, Maar vind jy die nie vreemd dat kool die basis van koolhidraaT vorm nie? 🙂

    Like

  3. Ai die begindae van TV darem…ons het in ‘n waterwesekonstruksiekamp gewoon en saans na die bure gegaan om te kyk na Joanna Lumley wat Purdy se rol gespeel het in een of ander reeks..dit was die hoogtepunt vir ons!

    Like

  4. Lekker klomp T’s hier saamgebring. Ek kan nog Trompie ook byvoeg-nie net my hond nie maar die gewilde Trompie en sy bende! Ek stem saam met die tornado ding, dis nie lekker nie. Hier is die aardbewings wat nie te plesierig is nie. Geweld kan mens nog in n mate hanteer maar natuurlike geweld kan mens niks aan doen nie. Toortsie BO.

    Like

  5. G’n channel hopping in die vroee dae van televisie nie!

    Like

  6. Werner Olivier sê:

    Die begin jare van TV was baie lekker gewees.Ek onthou ‘n reeks met die naam”Butler Parker” wat oorgeklank was en ons het baie lekker gelag as die afrikaanse stem reeds gespreek is en ou ”Butler Parker” praat nog aan sonder verdere klank.Goed wat ‘n mens altyd sal onthou.

    Like

  7. Werner Olivier sê:

    Kyk nou net.Dit voel soos gister.
    Groetnis.

    Like

  8. Mag ek byvoeg? Tafel (my ma se tafel in die gesellige kombuis).Toebroodjie (so ‘n lekker dagwood-stapel een). Tarentaal (‘n voël waarvoor ek ‘n sagte plek het). Tafels (ooo, gril uit my laerskooldae – maar vandag ken ek almal steeds). Tiener (so ‘n warboel, mengelmoes van emosies – ekstaties tot skaam, rebels tot ondersoekend).

    Like

  9. Hallo daar – die egte Toortsie, vandag! Daar is wel soms ‘n orkaan hier in die noorde – waar dit binne die spektrum van tornado’s en siklone val, is ek nou te lui om te gaan uitvinne…Dis egter nie naastenby so vernietigend soos die VSA s’n nie.

    Like

  10. Kameel sê:

    Weet nie hoe ek hierdie T van jou gemis het nie? Het nou deur Fb op hom afgekom. Jy praat nou van toentertyd se dinge… die begin van tv. Daar was ‘n hele klomp treffers, maar vandag se tv is taboe vir my…. wil nie heeltyd my oë sit en toeknyp nie. ‘n Woord wat sommer nou by my opkom is telegram…. daardie gevreesde ding wat gewoonlik slegte nuus gebring het.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s