Toortsie oor Carb Flu

Carb Flu, oftewel, Koolhidraatgriep (my eie skepping), is ‘n angswekkende toestand wat die meeste nuwe Banters tref.

Dis mos nou al aan ons almal bekend hóé verskriklik verslawend suiker is. Wat baie mense egter nie besef nie, is wanneer daar van ‘suiker’ gepraat word, die nie net gewone suiker is wat van suikerriet af kom soos ons dit ken nie. Ons neem elke dag soveel suiker in sonder dat ons eers bewus is daarvan.

Ek was nou die aand by ‘n funksie waar die lieflikste kosse bedien was, kos soos wat ek dit ook voor Banting gemaak het, en ek kon daardie aand net mooi niks eet nie, letterlik álles het massas suiker in gehad. Die voorgereg was ‘n sampioensop wat met meel  dik gemaak was, natuurlik saam met ‘n snytjie brood. Toe volg die hoofgereg: Hoenderpastei, rys, braaiaartappels, ertjies en soet wortels. Die slaaie was koperpenniewortelslaai en beet en genadiglik koolslaai, waaroor daar ook suiker gestrooi was! Daarná was die heerlikste malvapoeding met roomys. Vir ‘n nie-Banter ‘n paradys. Vir ‘n Banter ‘n nagmerrie! Al hierdie kosse is gelaai met koolhidrate. En ja, ek het voorheen so geëet!

Nou besluit jy skielik oornag om van ‘n Laevethoëkoolhidraatdieet oor te skakel na ‘n hoëvet lae koolhidraat dieet en jou liggaam gaan in skok in. Hy kan net nie anders nie! Wat het geword van al die suikers waarvan hy vir jare geleef het? Hoe gaan hy oorleef? Angs! Vrees! Bewing! Wat moet hy skielik met hierdie ryk kosse maak wat hy vir jare nie gehad het nie? Hoe verwerk hy dit? Nog meer angs en bewing en vrees, tesame met die o n t t r e k k i n g s i m p t o m e. Jou liggaam kry onttrekkingsimptome, net soos wat ‘n alkoholis of dwelmverslaafde kry as hy skielik die alkohol of dwelms los.

Jy voel sleg. Aaklig. Naar. Opgestop. Jy het hoofpyn. Jy is MOERIG. O Nee! Genade! So kan ‘n mens nie voel nie! Jy voel na opgooi, jou vinger in jou keel druk. Regtig? Is dit nou nodig? Hoekom nie teruggaan na jou ou, gewone koolhidraatvolle dieet nie?

Want DAAR het jy ook nie so wonderlik gevoel nie, onthou? Onthou jy dat jy wil gesonder leef of gewig verloor of wat ook al?

Die goeie nuus? Dit gaan oor! Regtig! Party mense het dit vir een dag. Ek het dit vir drie dae gehad. Ander het dit vir ‘n week of twee, oe ek kry hulle jammer, maar … byt vas, dit gaan oor, en DAN gaan jy WONDERLIK voel.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Foto’s en vreugde van saamwees

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER

img_104674595322599.jpeg

Advertisements

14 thoughts on “Toortsie oor Carb Flu

  1. Dinsdag – dag 1 van banting nadat die skaal my groot laat skrik het. Dinsdagmiddag kry ek die lekkerste Lindt sjokolade, maar weerstaan dit om te proe. Woensdag voel ek sommer net goor en Woensdagaand deel ek die heerlike Lindt sjokolade met my kinders. Sug….

    Like

  2. Nee ek het geen ontrekk8ngsimptome gehad nie- en ongelukkig voel ek ook nie sleg as ek soms wel kroek ni….gisteraand bietjie malvapoeding by vriende geeet, vandag is suiker te hoog…

    Like

    1. Seegogga, ek het erg onttrekkingsimptome gehad.
      Ek kroek maar min, maar voel nie regtig dan ‘n effek op my liggaam nie, ek het wel ‘n rukkie terug migraine gekry ná ‘n stukkie soet kaaskoek.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s