S staan vir Solero

S staan vir salf, wat ‘n mens aan ‘n seerplek sit. Die woord, ‘salf’, het egter in die Bybel ‘n baie besondere betekenis. Mense en ook goed is aan God gewy deur hulle met olie te salf. Met Jesus se doop is Hy ook met die Heilige Gees gesalf en as ons Hom aanneem, word ons ook met die Heilige Gees gesalf, met alles wat daarmee gepaard gaan. Wat ‘n voorreg! Daardeur kry ons alles wat ons nodig het om as Christen te leef.

S staan vir Soen. Ek het nou die dag ‘n ou Mills & Boone uit die kas gehaal. Seker so twintig jaar gelede het Penny Stegeman vir my ‘n klomp bokse vol boeke gegee, meestal Mills & Boones. Ek het hier en daar van dit gelees, maar die meeste al weggegee of seker weggegooi ook. Toe kry ek nou die dag lus vir so ‘n tipe boek. Wel, hierdie een is in 1965 geskryf, so, die ergste wat in die boek gebeur het, was dat hulle wel mekaar op die laaste bladsy geSOEN het! SKOK! En nie net EEN keer nie, maar TWEE keer!

S staan vir slagoffer. Slagoffer van geweld. Slagoffer van soveel lelike dinge wat in ons land en oor die hele wêreld gebeur. Tog is daar soveel slagoffers wat opstaan uit die sleg, en as oorwinnaars uittree.

S is ‘n Skuilnaam, iets wat tog te algemeen in die tegnologiese wêreld is. Ek het nie ‘n probleem met ‘n skuilnaam nie, ek gebruik self een, maar het wel ‘n probleem wanneer mense ‘n skuilnaam wil misbruik om ongeskik te wees.

S staan vir SING. Tog te lekker!

S staan vir Suid-Afrika, ons mooie vaderland, en vir die Suidpunt van Afrika, hier by ons by Agulhas, waar die twee oseane mekaar ontmoet. Ons is baie trots op hierdie suidpunt van ons.

S staan vir seuns. Hoe dankbaar is ek oor my twee seuns en nou al een kleinseun. Bly oor die meisiekind en kleindogter ook, maar dit gaan oor S.

S staanSkoonma. Ek het die wonderlikste skoonma waarvoor ‘n mens kan droom. Sy leef nog, die ouderdoem doen sy deel, maar uit haar straal net goedheid.

Somer, son en saffier, of soos die ou advertensie gelui het: Somer, son en Chevrolet! 🙂

Toortsie

Toortsie by Finesse: In ‘n glaskas

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

13 thoughts on “S staan vir Solero

  1. Hallo Soortsie, ek het sopas ‘n televisiereeks gemaak in 2015 klaar gekyk, nogal een wat toekennings vir gehalte gekry het. Die ouderdomsbeperking was 16 – ek dink hulle moes nog een opgesit het vir 60 plus! Soms verlang ek erg na 1965…

    Like

  2. Yep, S staan vir sensuur (spelling) My kinders kom vertel my ook wanneer ‘n fliek ok sal wees vir my om te kyk. Geen seks en geen godslastering nie!!!

    Liked by 1 person

      1. O ja, ek het vergeet om te sê geen vloekery. So ja, ek kyk bitter min flieks. As ek lus is vir ‘n fliek kyk ek op u-tube na ‘n Christelike fliek.

        Like

Gesels saam, asseblief!