R staan vir renoster

R is ROOI, ‘n Wonderlike kleur, ‘n kleur wat jou woema gee. Gisteraand was die wolke rooi, mens sou sweer die wolke was aan die brand. Selfs nadat die son al onder was, het die hoogste wolke die strale gevang en was hulle bloedrooi. Wat ‘n gesig! Rooi is die kleur van Toortsie se kopdoek wanneer sy gespanne voel en kosfoto’s moet neem en energie nodig het.

R is RUGOEFENINGE. Ai, jai, jai, die Toortsie kan lui wees om dit te doen en dan sê sy les op, drink pilletjies wat nie regtig help nie, slaap ongemaklik, kreun en kla, loop soos ‘n oumens, tot sy besef, nou is die tyd en dit doen, en ‘n halfuur later staan sy op en voel ‘n ander mens. Kan ‘n mens so simpel wees en jouself so straf!

R staan vir die riel, ‘n eg Suid-Afrikaanse dans wat ‘n sekere etniese groep graag dans. Hulle hou selfs rielsamekomste en -kompetisies. Jammer, ek het dit nog nooit gedans nie. Hou ‘n bietjie hierdie spannetjie dop, hulle dans dat die stof so staan! 🙂

R staan vir Regs. ‘n Regswêreld waarin ons woon, waarin ons linkshandiges vroeg in ons lewe moet leer om te oorleef, aan te pas en planne te maak, selfs al besef ons dit nie eers dat ons dit doen nie. Al waaroor ek dankbaar is, is dat ek nie gedwing is om regs te skryf nie, dat my ouers en onderwysers my my linkshandigheid gegun het. Tog is ek spyt dat ek nie maar met ‘n linkshandige kitaar leer speel het nie, ek dink ek het myself baie gestrem daardeur, ek kry net nie sulke lekker ritmes uitgeslaan met my regterhand soos wat my linkerhand dit sou doen nie. Ag, ek sal dit regkry, maar met baie oefening! (Bietjie lui, sien!)

R staan vir ROND. Op my yskas in Struisbaai se huis is ‘n magneet geplak, iets soos: ‘Hulle sê ek moet my lyf in vorm kry, maar rond is mos ook ‘n vorm. ‘ … Dit was tóé. Ek kry dit nou nogals af en toe dat iemand iets te sê het oor my lang lyf wat alles kan dra, soms voel ek amper dis met ‘n byt in die stem, dan kan ek nie anders as om te noem dat dit nie altyd so was nie, dat ek ook maar my lewe lank gesukkel het met die rondheid.

Nou ja, lekker dag!

Ek wonder darem of Roortsie sal werk? Dit klink erg grillerig!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Foto’s en die vreugde van saamwees

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging. Bookmark the permalink.

9 Responses to R staan vir renoster

  1. Die riel het my dag opgevrolik 😀

    Like

  2. Oulik geskryf…en ek hou van die rieldans!

    Like

  3. Kameel sê:

    Dis nou voorwaar dans dat die stof so staan!!!

    Liked by 1 person

  4. Roortsie klink g’n grillerig nie, dit klink na iemand wat die riel saam met die bestes sou kon dans!

    Like

  5. seegogga sê:

    Toemaar Toorts! T is taamlik naby vir Toortsie

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s