Ek leen hierdie onderwerp by RSG, maar dit het so lekker geklink en ek wil ook graag my eiertjie lê.
Hier waar ek woon, het almal omtrent in my kinderjare byname gehad, maar ons mag dit nooit voor hulle gesê het nie. Dit was oom Thys Neus, oom Jan Keppies, oom Oortjies, Brilletjie, oom Mattewis Hoed, ek neem aan hy het altyd ‘n hoed gedra. Baie keer was die plaas waar hy woon, deel van die naam soos om Jan Potberg, of oom Dirk Ouplaas, oom Koos Holdrif of Piet Sanddrif.
Ek begin toe neerskryf wat mý name almal was, of eerder, wat ander mense my genoem het. My een tannie het vir my ‘Blommetjie’ genoem, terwyl ‘n ander tannie my Madetuisie genoem het.
‘n Skoolvriend het vir my vanuit die lugmag ‘n brief geskryf Universiteitskoshuis toe, en skryf toe tussen hakies ‘Madeliefie’. 🙂 Ek moes onder die lang HK tafel deurkruip om die brief te ontvang. Natuurlik het ek dit as groot pret gesien! Ons eerstejaars in ons koshuis was almal pawpaw’s en daarvandaan was ek die res van die jaar pawpaw Madeliefie! Ek gee natuurlik glad nie om om ‘n madeliefie te wees nie, dis ‘n pragtige blommetjie wat blom net waar jy hom plant, solank hy sonlig en so hier en daar ‘n bietjie water kry. Chris, ek was erg opgemaak daarmee!
Op skool het ek een keer van motbolle gepraat en toe het iemand dit goed gedink om my Madelé Motbol te doop. Alhoewel sý my end-uit so genoem het, het die naam nie posgevat nie.
‘n Naam wat egter wel gekom het om te bly, was toe ek by Bedford skoolgehou het. Ek het in so ‘n ou gebou gebly waar kokkerotte was, so ek was toe sommer dadelik Kokkerot gedoop. By die volgende skool was ek een dag erg kwaai met die lot seuns, en toe hulle uitloop lê daar ‘n briefie op een van die tafels: “Ou Heks”. Nou ja …
My man het my in ons uitgaandae Liefie genoem … 🙂 en party van my niggies en neefs noem my Ou Nig. ‘n Buurman het my Marmelade gedoop. En dan is ek mos in blogland bekend as … TOORTSIE!
So, kom vertel ‘n bietjie, wat was JOU naam? Of wat is dit nog steeds?
Toortsie
Toortsie by Finesse: Foto’s en die vreugde van saamwees.
Toortsie se Faceboekblad
Toortsie se Bantingboerekos
Dis te lekker. Ek het juis byname op my Toeka-Tokkel ly gesit. Ek dink ek kan sommer daarmee afskop vir volgende maand se eerste een. My man het gewaag om my Poplap voor my Pa te noem wat n hele argument uitgelok het!
LikeLike
Poplap is dan so mooi!
LikeLike
My pa het nie so gedink nie. Ek het mos n naam!
LikeLike
Ek sal ook in ‘n heks ontaard as iemand my Kokkerot noem.
LikeLike
🙂 Ek het rekeningkunde gegee. As ek voorbeelde op die bord gedoen het, was kokkerot altyd een van die persone wat in die voorbeeld deelneem.
LikeLiked by 1 person
Dit sit ook nie op elkeen se besem om vir groot seuns rekeningkunde te leer nie…….sien, jy is eintlik Liewe Heksie!! My man noem my Annie Bunnie, vandaar my blognaam…..;-)
LikeLike
Die seuns was WISKUNDE! Weet jy, dis verskriklik lekker vir ‘n vrou om by ‘n seunsskool skool te hou. Dit was die Tegniese Skool op Oudtshoorn waar baie koshuiskinders was. Die seuns het die paar vroue op die personeel op die hande gedra.
LikeLike
Meeste van my vrinne roep my Jakes, ‘n paar noem my Jakkals. Op hoërskool was ek Rockbiter en by SAW en seuns Spitfire. Die van Helsdingen poppie noem my Liewelawwelyfie as my aandele hoog is en dinge wat ek nie hier kan herhaal nie wanneer daardie aandele verby rommelstatus sak.
LikeLiked by 1 person
En ek noem jou die man met die hoed. Wat het van jou geword?
LikeLike
Ek hang maar in die agtergrond rond. Die man met die hoed sien alles, maar sê weinig
LikeLike
Klink g e v a a r l i k !!!
LikeLike
Ons het veral die onderwysers op skool byname gegee en ek het altyd gewonder of hulle wel geweet het wat hulle byname was.Voorbeelde wat ek kan onthou was ”Kalahari- aap,Witrot,
Moegoe,Bewusteloos,Tone” en nog meer.Gewoonlik was die Onderwysers met byname nie baie gewild nie.Sommige van my Kollegas noem my bv Werries,wat my glad nie pla nie.Toortsie as ek jou miskien ‘n bynaam sou gee sal ek defnitief iets van ”Banting in bring.Ek grap maar net.
Groetnis.xx
LikeLike
🙂 O né? Maak ek julle MAL???
Maltrap was nogals ook ‘n naam wat ek op ‘n stadium gehad het. 🙂
Ja, die onderwysers weet gewoonlik wat die name is. Mure het ore, jy sien, en onnies het oë agter hulle kop.
LikeLike
Elke keer wat Kokkerot die Debiteur of wat ook al was, het die kinders altyd geskaterlag. Bietjie pret van die dag. 🙂
LikeLike
Nou WATTER Bantingbynaam sou jy vir my uitdink?
LikeLike
Weet net ons onnies het almal byname gehad…. kannie dink ons het ooit anderste van hulle gepraat nie. Net as ons persoonlik met hulle gepraat het is hulle op hulle vanne aangespreek.
LikeLike
Ek onthou een onderwyser se bynaam was Aasvoël,want hy het so ‘n lang dun nekkie en vreeslike groot adamsappel gehad.Ons Duitse onnie was Baäl,maar ek weet tot vandag nog nie hoekom nie.Een ou met so ‘n “comb over” soos Donald Trump,se bynaam was Oertel….vreeslike groot kaalkop,met die hare so van agteraf oorgekam en op die voorkop vasgeplak in klein krulletjies.
LikeLike
Oee en as daardie Oertel in die wind geloop het en die wind het van verkeerde rigting gewaai … kan net dink! 🙂
LikeLiked by 1 person
Daardie gordyn het meer as eenmaal in sy nek gehang,dan het ons gekraai van die lag…arme man!
LikeLike
Ekskuus dat ek dit sê, maar dis regtig sy eie stupidgeid!
LikeLiked by 1 person
Op skool was ek ‘n vreeslike bleeksiel. Toe ek jare later die venynige bynaam hoor wat my klasmaats my gegee het, het dit my nie verbaas nie: “Professor Bokdrol”!
LikeLike
Ag ekskuus! Hulle agterente! 😦
LikeLiked by 1 person
“Skapie”kan jy nou glo … sug… ons het uit ‘n piepklein laerskooltjie gekom en … wag, dis laaaankal verby
LikeLike
Vertel! My seun se naam was ook skapie. Maar vertel jou storie!
LikeLiked by 1 person
Nie eintlik ‘n storie nie … kinders is mos vreemd Dalk het ek soos ‘n skaap gelyk – ek was baie jonk Ek is later na ‘n ander klas gesluif en daarvan kan ek nie veel onthou nie
LikeLike
Toortsie, nou inspireer jy my… ek gaan ook hieroor skryf
LikeLike
Oeee nou is ek opgewonde!
LikeLiked by 1 person
Ek was in n Lanbouskool – daar het almal byname gehad en soms het jy nie eers die kinders se regte name geken nie. Lekker gelees.
LikeLike