Soveel dae, soveel dinge

Die ding is dat ons almal verskil. Ons het verskillende persoonlikhede, verskillende geaardhede. Wat vir die een reg is, is vir die ander verkeerd. Jou beste intensie is vir die ander een afskuwelik.

Die een verwerk sy hartseer deur in ‘n hopie te gaan sit, die ander een praat met almal daaroor, die een baklei oor ‘n ding,  die ander een vlug weg.

Dit kom maar net daarop neer: Ek probeer dalk my bes om iemand anders te konsidereer uit my persoonlikheid en ervaringswêreld, maar het geen versekering dat die ander persoon dit so sal opneem nie.

Mens is baie keer reg in jou optrede, maar ook net soveel keer verkeerd, selfs met die beste van bedoelings. Bly jy stil in ‘n situasie, neem iemand jou dalk kwalik omdat jy stilgebly het. Tree jy op, voel ‘n ander een weer jy neem oor, of meng in.

‘n Goedbedoelde kompliment uit die hart uit, laat die een persoon blom, maar die ander een verstar.

Is dit omdat ons verskillende agtergronde het? Is dit omdat ons dinge verskillend sien? Is dit dalk ons eie verkeerde gedagtes wat maak dat ons sommer self besluit dat die ander persoon se motief negatief is, selfs al is dit nie?

Dit voel vir my dat wanneer ‘n mens soms so uit jou pad uit gaan om iemand anders in ag te neem, jy selfs meer tone raaktrap. Dalk moet ons nie so hard probeer nie. Dalk is daardie tone in elk geval daar, maak nie saak wat jy sou doen nie?

Mooi loop. Leef voluit. Neem ander in ag, maar nie dat jou eie siel skade ly nie. Gryp die dag!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die wonderlike versekering

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosfaceboekpage

14 thoughts on “Soveel dae, soveel dinge

  1. Maak nie saak hoe versigtig ons optree nie, daar gaan maar altyd iets wees wat ‘n ander ou omkrap. Ons verskil te veel van mekaar….. maar dit is mos wat die lewe spice gee. So gaan ons maar so baklei, baklei deur die lewe… dit is nou tong in die kies gesê. Ek haat onmin…. lief vrede… maar helaas!!! Gister ons gawes gedoen….. gee jou ‘n raai wat is myne 🙂

    Liked by 1 person

      1. My grootste gawe is’Mercy.’ Ag glo my vry dit is ek deur en deur. Sal die hele mensdom onder my vlerk wil neem as ek kon. Weet nie hoe God se hart voel as myne gedurig voel dit wil breek onder dit wat ek sien nie.

        Like

          1. Die onderrig verbaas my glad nie by jou nie. Ek is ook bemoediging, en geloof… en word of knowledge. Het nog huiswerk om te doen daarop vir volgende selgroep. Liewe so tussen die A-Z blog skryf, en bybelverse leer (Stukke, en stukke uit die bybel) en kosmaak vir Ken wat gedurig wil eet, kry ek skaars tyd vir iets anders. Lekker slaap!!!

            Like

  2. Is waar. Sommige mense raak mos so stil-stil kwaad vir jou en jy kom dit nie eens agter nie, tot op ‘n dag … dan is jy skoon verbaas oor die tone wat jy per ongeluk raakgetrap het. Wel, as die persoon nie vir my vertel waaroor hy/sy kwaad is nie, kan ek ook nie om verskoning vra nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!