M staan vir middel

In die Middel, Cyril! Dit beteken ek is in die middel van hierdie Malle uitdaging. M is die 13e letter van die alfabet, so wanneer ek hierdie ding publiseer, is net die laaste helfte oor. Dan is elkeen wat ek skryf nader aan die eindpunt. Dis seker van die begin af so, maar dis soos ‘n uit-en-terug wedloop. Met die gaan voel dit vir jou of jy elke tree wat jy gee, weer moet gee, maar met die terugkom is dit net terug, elke een Minder.

M staan vir Mooi Middeljarige Mense. Dis nou waar ek en my ou Minnaar ons nou begewe. Hy, die Mooi, Middeljarige Man, en ek? Die Mooi, Middeljarige Mannin! (Hoe’s daai?)

Matriek, sekerlik die belangrikste eksamen in jou lewe. Jy kan eendag al ses grade besit, maar steeds vra hulle vir jou jou Matrieksertifikaat! Genade!

Wat is die lewe sonder M U S I E K ? Enige musiek. Stadige, strelende musiek, woeste dansmusiek. Ek hou van ‘n baie breë spektrum van musiek, maar is nie so erg mal oor doef,doef,doef nie. Ook nie van ‘n verskriklike hoë sopraan operasangeres nie. Sekere musiek wil ek sag luister, ander moet op volle volume uitbasuin word.

Maniere. Goeie maniere. Goeie maniere beteken respek vir myself en ook vir ander.

My meisiekind. 🙂  Wat ‘n voorreg vir ‘n ma om ‘n dogter te hê. Net so ‘n groot voorreg om ‘n seun te hê. Om ‘n KIND te hê, maar as jy geseënd is met minstens een van elk, sjoe! Hoe gelukkig kán ‘n mens wees, en al roem my ma dat sy die resep ken, dink ek steeds dis nét genade van Bo wat bepaal dat jy op die ou end enigsins ‘n kind het, ongeag die geslag.

M staan vir Ma, Moeder. Geen mens sal ooit die ma se hart en se liefde verstaan nie. Daar is soveel goed wat my in my jongdae van my ma irriteer het, net om nou te besef dat dit wat sy gedoen het, uit liefde gedoen was. Hoeveel keer moes sy haar mond hou teen my skerp tong? Jammer ma. Waaroor ek uiters dankbaar is, is dat God vir my die geleentheid gun om reg te maak, om nou op haar oudag haar die respek te gee wat sy al die jare verdien het en dalk nie aldag gekry het nie.

Toortsie

Ns. Nuwe, makliker manier van ‘tag’. Ek lees dit vandag in hierdie artikel. Dis nie meer nodig om op die ou manier te tag van die skakeltjie te kies nie. Dit kan wel nog so gedoen word. Dis nou baie makliker! Jy kleur eenvoudig die woord in wat as skakel gaan dien en regskliek op die woord en paste die url van die artikel in wat jy wil tag. Baie maklik. Duidelik?

Toortsie by Finesse: Elektroniese afhanklikheid

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging. Bookmark the permalink.

9 Responses to M staan vir middel

  1. nowathome sê:

    Mooi!! Ja mens kan nie sonder musiek leef nie!!

    Like

  2. Musiek, moeder, manlief- lekker klomp emme. Dis nogal n verligting om halfpad te wees en afdraende te gaan noudat die helfte verby is. Die twee weke vakansie red my lewe. Ek kan nou rustig my verdere letters doen.

    Like

  3. M staan vir mooi geskryf!

    Like

  4. Kameel sê:

    M staan vir moeilikheid…. dit is waarin ek is as ek nie nou gaan bad nie. My meisiekind is oppad hierheen om hier te kom werk, en ma sit nog in haar nagklere. Laat ek myself nou gaan mooimaak. Mooi dag vir jou Moorsie!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s