Hoeveel eiers mag ek eet?

Hoeveel wíl jy eet?

madele_resepteboek_photographybylize (80)

Ek hoor gister op RSG ‘n dieetkundige sê dat eiers nou dalk nie meer heeltemal so ongesond is soos wat altyd gesê is nie. Daar was mos ‘n lang tyd gesê mens mag hoogstens drie (3) eiers per week eet! Genade! Sy sê darem nog nie een eier per dag nie, en slegs as jy gesond is.

Wel, ek het ook na daardie mense geluister, vir baie lank in my lewe.

As kind het ek elke dag twee eiers vir ontbyt geëet en as ek vir nóg lus was, sommer nog twee gebak. Dit was plaaseiers, so ek glo dit sou groot eiers gewees het, nie die klein ou goedjies wat in die winkels as ‘groot’ verkoop word nie. Ek was plankdun, brandmaer en ekstra gesond.

Dis nou amper twee jaar wat ek elke oggend met 2 eiers vir ontbyt begin. Dis nou die eiers wat ek ‘skoon’ bak. Dan mag daar nog eiers in my kos ook kom. Die soutterte wat ek maak, bevat almal 7 eiers! Nou nie dat ek die hele souttert op een slag opeet nie, maar ‘n hele klompie van daardie eiers sal in my maag beland! Dis nou saam met die room en die vet en alles. Ek bak daardie twee eiers in ‘n lekker groot stuk botter en as ek die dag lus het, gooi ek nog die gesmelte botter so oor die eier as ek dit in die bord skep. Heerrrrlik!

Ek is die gesondste in my lewe. Baie gesonder as wat ek vir baie jare was. My vel het ‘n gesonde kleur, my cholesterol het heeltemal gestabiliseer en ek gebruik geen cholesterolmedikasie meer nie. Asb! Moenie sommer skielik jou cholesterol- of enige ander medikasie net stop nie, doen dit in samewerking met jou dokter! My suikervlakke het só afgekom, dit word nie eens meer gemeet nie. Dít, nadat ek .1 van suikermedikasie af was! Op ‘n stadium het die dokter gesê ek het Metaboliese sindroom. Ek is seker, as enige dokter nou na my kyk sal hy vra: “Wie het dít gedink?”

So, my dearies, ek is nie ‘n dokter nie, ook nie ‘n dieetkundige nie. Ek kan nie namens of vir ander mense praat nie. Al waarna ek kan kyk, is my eie gesondheid. Ek aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir jou gesondheid nie. Jou gesondheid is jou eie saak en jy moet dit met jou dokter uitklaar. Maar wat mý betref, vra ek elke oggend: “Toortsie, hoeveel eiers moet ek vanoggend vir jou bak?”

Groetnis,

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER

Toortsie by Finesse: Elektroniese afhanklikheid

12718121_1537873029840317_5777716569469283944_n

 

 

13 thoughts on “Hoeveel eiers mag ek eet?

  1. Ek stem saam. As die eiers in die winkels nie so pateties was nie, het ek hulle elke dag geëet. Hier by ons is hulle peperduur en jy moet maar versigting in ‘n aparte borjie of nbakkie oopbreek, voordat jy dit by die kos voeg. Ek is nie juis lief vir gekookte eiers nie.

    Liked by 1 person

    1. Ek moet darem sê: ‘n Gekoopte eier (wat ek ook maar eet), selfs in ‘n aparte bakkie oopgebreek, is steeds BAIE BETER as GEEN eier. 🙂
      Ek kry deesdae my eiers van my buurman, dis blykbaar vrylopende hoenders. Tog koop ek nog baie by die winkels ook. 🙂

      Liked by 1 person

  2. Hoe honger word ek nou toe ek jou skrywe lees,Toortsie.Die eiers wat te koop is hier in die Stad is so bleek, dit lyk of hulle in ‘n meelsak geval het.Ons dokter die eiers maar hier vir meer smaak en maak maar roereier of omelette.
    Groetnis.

    Like

    1. En die erg geles wat mens koop is nie natuurlik geel mie. Onthou ek koop ook maar meestal by die kettingwolinkels maar net vandag het ek 60 eiers van die bure bestel, so ek is reg vir omtrent ‘n week of twee.

      Like

  3. Ek kry elke dag so vier of vyf eiers van my ses vrylopende girltjies (hennetjies) en eet so twee ‘n dag, elke dag, heerlik! My gunsteling is “toad in the hole” waar jy die eier in die middel van ‘n sny brood wat ‘n blokkie uitgesny is, ingooi en dit dan so braai. Die eierdoppe maal ek fyn vir my hoenders vir kalsium en om rondom plante te strooi, dit hou slakke weg. Ek maak ook nes jy Toortsie, eet alles en ek is so gesond soos ‘n perd!

    Liked by 1 person

    1. Gaatjie-eier. 🙂 Dan het ons nog ‘n bietjie blatjang oorgesmeer. Heerlik!
      Maar nou eet ek mos nie meer stysel nie, so gaatjie-eier is uit. Die stukkie brood wat jy uithaal het ons ook in die olie gebraai, die kinders het behoorlik baklei daaroor.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!