K staan vir kalfies

Vandag besing ek die lof van kaas, wat vir soveel jaar nou al sy kop moes wegsteek omdat hy kwansuis te vet is! Kaas, wat in soveel verslankingsdiete totaal uitgesny is. By die een verslankingsdieet tel ‘n blokkie kaas so groot soos ‘n vuurhoutjieboksie ‘n hele 4 punte, terwyl ‘n sny brood slegs een tel, so wíé sal dan sy punte op kaas mors? Toe kom Banting en ons mag kaas na hartelus eet. Sommer ‘n hele dik sny enige tyd van die dag wanneer jy daarvoor lus het! Harde kaas,  sagte kaas, wit kaas, geel kaas, énige kaas waarvan jy mag hou, soveel soos jy wil, wanneer jy wil, net solank die nie laevet- of geprosesseerde kaas is nie. Wie wil in elk geval laevetkaas eet wat soos rubber proe? So, dames en here, vandag gaan die beker aan … Kaas, waarvoor K natuurlik staan.

En k staan ook vir kos ! Dit raak net al hoe lekkerder, want julle weet mos, ek is mal oor kos! Die een wat kos uitgevind het, verdien sowaar ‘n medalje.

Dan is daar ook koffie, iets wat ek nou al ‘n geruime tyd vas om persoonlike redes, maar oe, daardie reuk van koffie!

K staan vir die mooi katedrale in Europa, massief, fantasties om te besoek. Die St Peters Katedraal in Rome is ontsagwekkend, maar nie net hy nie, elkeen van hulle met hulle loodglaswerk.

K staan vir koor. Wat is mooier as ‘n goed afgerigte koor wat saamsing?

K l a v i e r !  Niks meer hoef hieroor gesê te word nie, en saam met hom, K i t a a r!  Ag, hoe lekker!

K is die letter van my man en ook my kleinseun se naam.

K staan vir die Klaagmuur, in Jerusalem. Salomo se tempel is afgebreek en ná die ballingskap herbou. Nou kan ek nie onthou of dit hierdie tweede tempel is of selfs ‘n derde een wat in Jesus se tyd daar gestaan het nie? Dis in die jaar 70 n.C verwoes. Deesdae is daar net ‘n stukkie van ‘n muur oor, vandag bekend as die Klaagmuur, waar die Jode daagliks kom huil en treur oor die Moskee wat daar gebou is op die temple se plek en waar hulle briefies skryf vir God en dit in die muur druk. Só het Jerusalem een van Islam se hoofplekke geword waar hulle tot hulle god bid.

K staan vir kielie. Tot jy so gekielie word dat jy moed verloor! 🙂 En vir kekkellaggie. 🙂

Koortsie

En K staan vir K A M E E L !!!

Toortsie by Finesse: ‘n Beter jy

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

 

12 thoughts on “K staan vir kalfies

  1. Dis ‘n heerlike klomp k’s en ek stem saam met die reuk van koffie, hoewel ek dit ook nie drink nie, maar kielie – aikona wena. As jy net mik vir my voetsole is daar klaar oorlog. Ek raak nie aan die giggel as iemand my kielie nie; ek raak net vreeslik onvriendelik.

    Like

      1. Het by haarkapster gesit en lees, en konnie goed konsentreer nie. Klaarblyklik was ek nog slaperig ook want my gedagtes was nie kristalhelder nie…. en ek was seker Koorsie het al die k woorde gevat, en hoe moet ek nou kommentaar lewer?

        Like

Gesels saam, asseblief!