Oor mammas en pappas en babatjies

Dit is so dat tye totaal verander het. Soveel het verander, soveel het dieselfde gebly. Party van die goed wat verander het, is vir my wonderlik, maar party van die goed steek my dwars in die krop.

Die jong mammas gaan dalk my vandag stenig, die oues dalk ook. Tog is hier ‘n klompie goedjies wat ek van my hart wil afkry. Noem my maar sommer outyds.

Vandag praat ek NIE met mammas en pappas wat albei buitenshuis werk nie. Dáár is die omstandighede heeltemal anders, pappas sal vir mammas móét help omdat dit net uiters onregverdig is dat die ma alles moet doen as sy vanaand by die huis kom en sy werk net so hard om die dak op die huis te behou.

Ek praat vandag met tuisblymammas. Wonderlik! Ek is SOOO bly daar is nog ma’s wat tuisbly en hulle kinders self grootmaak. Ek weet julle het baie frustrasies. Julle raak moeg, julle raak moedeloos, julle voel soms afgeskeep, julle kry nie die stimulasie soos die ma’s wat werk nie. Tog bly julle tuis vir julle kinders en weet julle, julle sal eendag nie spyt wees daaroor nie.

Ek wil sommer net vir julle vertel hoe dit was toe my kinders klein was. Party mense het dit baie erger gehad, ander het dit makliker gehad. Ek hoor baie keer van die baie huishulpe wat ons kwansuis gehad het.

Op 23 jarige ouderdom en uiters arm, het ek ‘n tweeling gehad. Ons het nie Eskom krag gehad nie, wel ‘n enjin wat ek buite kon gaan aansit indien dit nodig sou wees. Ek het nie ‘n wasmasjien gehad nie, ook nie ‘n bediende nie. Later het Jana wel 3 ure per dag, weeksdae, ingekom om te kom help doeke was, want, ons het LAPDOEKE gebruik wat in Steri-Nappy emmers gestaan het. Daardie doeke is met die hand gewas.

My kinders het ook nie kaste vol klere gehad nie. Omtrent 3 tot 4 stelletjies per persoon. Een vir die was, een vir die bas en een vir die kas.

Die enigste gereed-om-te-gebruik kossies wat daar was, was Purity. Die res het ons self gekook. My man het heeldag gewerk, van sonop tot sononder, baie keer baie langer. Dit was vir ONS wat hy gewerk het, so ek kon nie kla nie, ek kon ook nie hulp van hom verwag nie. Snags het ek en ek alleen opgestaan vir ELKE voeding, elkeen van die twee babas was op 3 ure voeding. Dus, elke uur en ‘n half is ‘n baba gevoed, 24 uur van die dag.

Verder het ekself gesorg dat daar kos vir my man is, 3 etes per dag. Soms was dit ingepak vir die dag, soms het hy by die huis kom eet. Hy hoef nie vir homself kos te gemaak het nie.

Mooi loop en sterkte. Elke tyd in die lewe het maar sy eie uitdagings.

Groete

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Blomme van geluk

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Ouerskap en ouerleiding and tagged , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Oor mammas en pappas en babatjies

  1. Kameel sê:

    Yep, dit klink baie bekend. Was eers toe die stil kind gekom het (toe is daar vyf kinders in die huis), wat Ken ingestem het dat ek ‘n bediende eenmaal per week kan kry om vir my te stryk. So het dit dwarsdeur kindgrootmaak totdat hulle uit huis uit is gebly.

    Like

  2. nowathome sê:

    Ek het ook self maar alles gedoen en tussendeur nog skool gehou ook!!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s