J staan vir jollifikasie

J staan vir Jeug, jongeling, jongman, jeugdige. Dis mos in húlle hande wat ons toekoms is. Kyk ons sleg na ons jeug, is die kans goed dat hulle eendag sleg na ons gaan kyk. Kyk ons goed na ons jeug, vertrou ons dat hulle eendag goed na ons gaan kyk. Respekteer ons ons jeug, sal hulle ook vir ons respekteer. Ignoreer ons ons jeug, wel, dan moet ons nie kwaad wees as hulle vir ons ignoreer nie! Gee ons genoeg aandag aan hulle? Maak ons seker dat hulle die regte, positiewe insette kry, of stop ons sommer net ‘n klomp geld in hulle hande sodat hulle hulleself moet besig hou, ons gee nie eintlik om waarmee nie. Spandeer ons tyd aan ons jeug, of laat ons toe dat die TV hulle opvoed met al wat program is, of ons saamstem met wat hulle daar geleer word of nie? Leer ons ons jeug om kerk toe te gaan of is onsself Sondae te lui om op te staan en die voorbeeld te wees?

J staan vir Jesus Christus, my Here, die Seun van God, die Enigste een.

J staan vir Jerusalem, die Dawidstad, waar sy seun, Salomo die eerste tempel gebou het. Hierdie tempel is afgebreek en na die ballingskap herbou. Dis die ou Jerusalem, die wêreldse Jerusalem, maar in Openbaring lees ons van die Nuwe Jerusalem, van strate van goud en mure van edelstene. 🙂 Ek sien behoorlik uit daarna om dit eendag te mag beleef!

J staan vir Jaar. ‘n Jaar. 365 dae. Hoe lank kan ‘n jaar soms neem, ander kere, so vinnig! Soos ek ouer word, word die jare al hoe korter, gaan dit al hoe vinniger, kry ek al hoe minder gedoen.

Ja. Die Bybel sê: “Laat jou ja, ja wees en jou nee, nee.” Mens moenie ja-broers wees nie.

Jaloers. In soveel gevalle kan dit so lelik wees, terwyl jaloers ook mooi kan wees. Om iets van jouself jaloers op te pas, teenoor om jaloers op iemand anders te wees.

Jy moet jou geniet!

Joortsie

Toortsie by Finesse: Die jaar van die veer.

Toortsie se Faceboekblad

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging. Bookmark the permalink.

7 Responses to J staan vir jollifikasie

  1. Ek vind ook dat jare vinniger verbysnel.Mooi geskryf,Toortsie.

    Like

  2. Daar’s te veel mense in die wêreld wie se ja nie ja is nie, en nee nie nee nie. Ek probeer hulle vermy want ‘n mens weet nooit regtig waar jy met hulle staan nie.

    Like

  3. Maai wat jy saai! As jeug verwaarloos word sal ouderdom ook verwaarloos word. Diejeug is soooo belangrik.

    Like

  4. Kameel sê:

    Laat my nou aan die lied dink:
    “Jesus, name above all names
    Beautiful Savior, Glorious Lord
    Immanuel, God is with us
    Blessed Redeemer, Living Word.”

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s