I staan vir inkpot

I staan vir #Imagine!, ‘n beweging waar tieners meer en meer vir Christus leef, ‘n beweging wat stadig maar seker sy merk in die land maak.

I staan vir ivoor, iets waarvoor olifante gemoor word.

I is Ierland, ek was nog nie daar nie.

Impala. Ons het in die Kruger Wildtuin gery, vreeslik baie rooibokke gesien. Iewers stop ons en ‘n Engelse persoon kla dat hulle net Impala’s sien, waarop die boertjies uit die Suid-Kaap antwoord dat ons nog glad nie dit gesien het nie. Groot was die verleentheid toe ons later besef waarvan die man praat! 🙂

Inkvis … calamari?

Iemand, teenoor niemand. Watter een is jy?

Igloe, waarin die Eskimo’s bly.

Ietermagog. Watookal!

Internet! Hoe hét dit ons lewens verander!

Ingewikkeld. Verhoudings kan tog soms so ingewikkeld wees. Ai toggie. Maar ander tye weer … Interessant! 🙂

Dan is daar nog indrukwekkend en imposant.

Idioom. Ek blý vra: “Wat het van die idioom in ons taal geword?” Mense neem mekaar letterlik op, haal mekaar verkeerd aan, nét omdat hul begrip van die taal so swak is.

Inspanning. Dit wat jy moet doen om iets te laat werk. As ‘n mens moeite moet doen vir iets, is dit gewoonlik die moeite werd. Inspanning om ‘n taak te voltooi. Inspanning om ‘n verhouding wat wil verbrokkel, heel te maak omdat dit absoluut die moeite werd is. Ek lees op faceboek van iemand wat vir ‘n ou getroude oom en tannie vra hoe het hulle dit reggekry dat hulle huwelik 60 jaar oorleef? Hul antwoord? Hul kom uit ‘n era waar hulle iets wat stukkend was, reggemaak het, nie weggegooi het nie. Iets om te onthou. Die vreugde van ‘n heel verhouding is die inspanning wanneer dit nie goed gaan nie, werd.

Ingedagte. Dit gebeur baie met my. Hulle vertel dat my oupa baie vining kon ry. Dan raak hy ingedagte en ry al hoe stadiger, en stadiger, tot hy weer in die oomblik kom en besef hoe stadig hy ry. Dan het hy met ‘n spoed weggetrek, tot die gedagtes weer hul eie loop neem. 🙂

Intelligensie. Wat ‘n fantastiese gawe! Nog beter as ‘n mens jou intelligensie voluit benut.

Groetnis,

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

Toortsie by Finesse: ‘n Verbeeldingsvlug

Advertisements

10 thoughts on “I staan vir inkpot

  1. Ek sou ook nie van beter geweet het i.v.m. daardie bokke nie. Jare gelede sien ons bokke in Augrabies het het nie ‘n idee wat hulle is nie. Fotos geneem en by huis gekom vind ons uit dit is ek dink rooibokke…. of is dit nou springbokke? My man het intussen sy bokke leer ken…. maar probeer soos ek wil ek kan hulle nie in my kop kry nie. Ek weet darem hoe lyk ‘n olifant!!!

    Like

  2. Toorts, die oomblik toe ek hierdie opskrif gelees het, was ek terug in st. 3. Ons het inkpotte op die skooltafels gehad en met sulke lang penne geskryf wat ‘n oop “nip” gehad het. So by elke derde of vierde woord moes jy eers die pen in die pot druk. Diu ou wat BIC balpuntpenne uitgevind het, gaan my held bly tot die Skim weer terugkom.

    Like

    1. Ja. Die banke het so ‘n gaatjie gehad vir die inkpot. Dit was voor my tyd. Vulpenne was wel iets uit ‘n ander wêreld en as jy nou regtig ‘smart’ was het jy met ‘n vulpen geskryf, hier in die laerskooljare. Wat ‘n gemors vir ‘n linkshandige! Ja nee wat, ek verkies ook ‘n gewone balpuntpen.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s