H staan vir Hello

H staan vir Haarhoff. Wát ‘n herinnering aan ‘n vrou wat by ‘n pedofiel betrokke was. ‘n Nare storie wat jare gelede afgespeel het. Iemand het nou die dag die foto’tjies op faceboek gesit en gevra of ons nog onthou? Wie sal ooit daardie klompie foto’tjies wat orals opgeplak was, vergeet?

H staan vir Histeries.

H staan vir hasie. In die toekoms sal dit my altyd aan my amper-skoonseun laat dink. Hy is heeldag met hasiegrappies besig. Wat noem ‘n mens ‘n geel hasie? ‘n Khasie! 🙂 Of wat sê die een hasie vir die stadige hasie? Hasiehasie! 🙂

En dan het my ma altyd gesing: “Hol hasie, hol, hasie, hol, hol, hol. Boer gaan jou skiet dat jy rol, rol, rol.” Die rolle en my brei-R wou nie altyd so lekker werk nie.

H staan ook vir Hoor. Soms hoor ons en dit gaan by die een oor in en die ander oor uit. Soms hoor ons en luister. 🙂 Ons dominee sê altyd as hy wil hê ons moet iets inneem wat hy wil beklemtoon: “Hoor jy?”

H. Hand. ‘Put your hand in the hand of the Man who still the waters …’

H staan vir ‘Haal sommer die wind uit die ou se seile uit’, dié ou wat met alles wat jy doen, fout te vind het. Haal dit uit! Verras hom.

Hart. Die middelpunt van jou bestaan. Om ‘n hart vir iets of iemand te hê.

Hersien van werk voor ‘n eksamen. Ek was gewoonlik te agter vir hersien, het nog geleer op daardie stadium!

Hiep, hiep, hoera, Suid-Afrika!

H staan vir helikopter, ‘n rooie waarmee Ursula rondvlieg, of eerder, rondwip!

H staan vir Halaal, ‘n woord wat aandui of kos vir Moslems rein is. Die groot ding gaan oor varkvleis en ander kosse wat haraam (onrein) is. In Moslemlande is daar nie ‘n Halaalteken op kos nie, slegs in nie-Moslemlande. Wat ons as Christene nie weet nie, is dat die maatskappye wat die teken op hulle kos laat sit, baie geld daarvoor betaal. ‘n Groot persentasie van die koopprys van enige produk met die Halaalmerk op, word gebruik vir die bevordering van Islam. Nogals iets om oor ná te dink. Elke keer wat ons iets met die Halaalmerk op koop, bevorder ons Islam, selfs al wil ons nie. Deesdae het omtrent álle kosse die teken op, selfs suiker en sout!

Halleluja! Wat ‘n woord!

Hê ‘n mooi dag! Hasta manana! (Môre is nog ‘n dag! – as google reg is)

Groetnis, Hoortsie

Toortsie by Finesse: Blomme van Geluk

Toortsie se faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging and tagged . Bookmark the permalink.

22 Responses to H staan vir Hello

  1. ♪ Hasie, hoekom is jou stert so kort? ♪ laat jy my nou vroegoggend sing saam met wie … Al Debbo? Toe ek so deur jou woordlys kyk, dink ek daaraan dat elke letter in die alfabet verbind kan word aan ‘n gruwel (Haarhoff), maar ook aan hoop (hand). Lekker gelees.

    Like

  2. Ja Hasie met sy kort stert en Al Debbo! Halleluja! Wat ‘n woord!!!(het jou H by I ingesit!)

    Like

  3. Terug pieng: Blogging From A-Z: I – I scrap 2

  4. Kameel sê:

    Wat jy nou hier herhaal, weet jy dit vir ‘n feit of is dit net hoor-sê? Die hedendaagse mens hardloop mos maklik weg met ‘n ding, dan hel hulle al verkeerdom. Dit sou hemel op aarde wees sou jy almal kon glo. Ek weet hoeka nie meer wat om te glo nie, dus halveer ek wat ek hoor, en vertrou ek het nie die hond by sy stert beet nie. (Hierdie kommentaar is my bydrae tot h en het geen betrekking op3 jou skrywe nie 🙂

    Like

  5. Kameel sê:

    Hameel sukkel al van hanekraai af om te begin skryf aan alfabet. Helaas… die tyd hardloop weg, en sy is nog nie halfpad nie. Al gewonder of sy nie maar handoek moet ingooi nie… maar dan herhinder sy haarself daaraan dat as jy jou hand aan die ploeg geslaan het moet jy aanhou. Hameel herkou nou aan dele van bybel om stories te kry. Nou hokaai ek net hier.

    Like

  6. Ek onthou ook vir ” Hasie, hoekom is jou stert so kort?”. Ek lees lekker aan die Afrikaans, dankie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s