F staan vir Fanie

En vir Fees! Familiefees!

En vir fantasie! Wat is lekkerder as ‘n goeie fliek of storie waar die fantasie ryklik rondswaai? Fantasties!

En van flieks gepraat, ons dink nog met nostalgie terug aan die inryteaters, ook die ou vlooiflieks van vroeër voor die moderne metro’s en ander flieks gekom het. Ek hét een keer van my fliek-ervarings gekryf in opdrag van Scrapydo, gaan lees gerus daar. 🙂

‘Fiedeldiedelvaaksak, my seun Daan, kruip in sy bed met sy broekie aan, die een skoen uit, die ander skoen aan, Fiedeldiedelvaaksak, my seun Daan.’ Ken julle daardie liedjie? Ons het dit altyd gesing. Fiedels was my eerste hond, ‘n cocker spaniël. Fiedeljonsie het ek hom genoem.

Feetjies en kabouters! :0 Hoe lekker kry ek nou. ‘Daar is feetjies, kleine feetjies in my tuintjie, en nou wie van jul kan raai waar hulle woon?’

Fraaie dogtertjies 🙂

Finesse! Finesse met sy nuwe blogwebwerf waar daar opbouende en positiewe bloginskrywings gedoen word, met die doel om mense op te beur, positief te beïnvloed. En die Toortsie is so bevoorreg om sowaar daar te mag skryf! Die storietjies wat ek alreeds geskryf het, is: Tjoklits op ons pad; Kleur; Blomme van Geluk; ‘n Beter jy. Gaan loer gerus daar en gesels saam.

F staan vir fieterjasies. Sommige het baie, ander het min. Soms dink jy jy het nie eintlik fieterjasies nie, dan voel iemand anders dalk anders oor jou!

Flink. Flink dink. Flink optree.

Die Fleur van ‘n persoon se lewe. Die beste tyd. Die mooiste tyd. Iemand is in die fleur van sy lewe.

Fenomenaal. Soveel mooi woorde in Afrikaans wat ons min gebruik.

Flegmaties. Hoe is ‘n persoon as hy ‘n flegmatiese persoonlikheid het? Ek het die persoonlikheidstipes met ander name geleer. ‘Phlegmatics do not act as if they are better than others. They are eager to please, and quick to give in to others rather than asserting their own desires as if they’re the most important. They take the path of least resistance whenever possible. They so desperately wish for peace, for everyone to get along, and to avoid conflict at all costs.’  

Finaal. Die offer wat Jesus Christus gebring het, was finaal. Ons sondes is finaal vergewe. Ons hoef nooit weer ‘n offer te bring as ons in Hom glo nie. Nooit weer nie. Finaal. Vir eens en vir altyd.

Frommel. Om iets op te frommel. Dankie dat julle dit nie met my blog doen nie! 😉

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

 

 

 

23 thoughts on “F staan vir Fanie

  1. Maar daar is meninsverskil oor wanneer jy in die fleur van jou lewe is 😀 O ja, soos jy al agtergekom het, ek het nie ‘n flegmatiese persoonlikheid nie. Ek frommel ook nie mooi skrywes op nie.

    Like

  2. Weer eens ‘n klompie heerlike woorde. En ek besef weer ‘n keer dat mens die hele woordeboek hier kan neerpen, maar twee F-woorde wat so ‘n groot deel van my lewe was/is, dat ek dit ook graag op jou lysie sou wou sien, is FIETS en FOTO(ALBUM). Ek het anderdag juis weer so lekker deur ou fotoalbums geblaai… herinneringe! En my fietsrydae as kind. Fliek (inry!) was ook so deel van my lewe. NEEE… moenie nou verveeld raak nie.

    Like

    1. Dankie vir die bysit van woorde!
      Ek sal vasbyt. Darem al by K met die skrywery. Ek raak gou verveeld en verbeel my die arme mense wat dit lees moet nog erger voel! 🙂

      Like

  3. Fyn vasgevat Foorsie. As ek jou skrywe sou wil verfrommel sal ek my foon flenters moet gooi 😀 Gaan nou in my fluweelsagte japon sit en fliek…. nee ek bedoel na ‘n preek kyk. Gelukkig is dit verniet…. en vra hulle nie ‘n footjie nie. Lekker aand vir jou!!! Moet nou nie fratse uithaal nie 😊 netnou frustreer jy jou man.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!