As die lewe suurlemoene gooi

… maak suurlemoenstroop!

En as die lewe jou met modder gooi, bak modderkoekies!

Ons het nie altyd beheer met wat die lewe en ander mense na ons kant toe gooi nie, maar ons kan die meeste van die tyd kies wat ons daarmee maak.

Ek verkyk my altyd aan kinders duidelik uit uiters moeilike omstandighede kom, maar tog lag en speel.

Ons reaksie is ons keuse. Beslis nie altyd ‘n maklike keuse nie, veral as ons met onregverdigheid behandel word. Ons maak nie altyd die regte keuse nie, die oomblik is dalk net te groot. Soms werk ons keuse van reaksie in die een omstandigheid goed uit, terwyl dit net die vure aanhelp by die volgende omstandigheid.

Jy staan die oggend vrolik op met sterre in jou oë en voor jy jou kom kry het ‘n vreugdelose iemand jou vreugde probeer steel. Wat maak jy? Is jy nou die res van die dag ook omgekrap en dit danksy die ánder ou wat jou vreugde verafsku? Of skud jy dit van jou skouers af en kies dat dit jou nie gaan affekteer nie?

Jy kom agter dat iets in ‘n verhouding skort en kom tot die besef dat soveel mooi bedoelings oor jare omgeswaai is na iets leliks. Wat kies jy? Gaan jy nou maar ophou met goed wees, gaan jy jou onttrek en nie meer liefde saai nie? Of gaan jy eerder besluit om steeds liefde te saai, laat dit val waar hy wil?

Gaan jy jou sonnige geaardheid behou ten spyte van die pyn in jou hart, of gaan jy in jou pyn in ‘n donker reënwolk verander?

Dis moeilike besluite wat elkeen net vir homself kan maak. Gaan ek deurdruk of gaan ek moed verloor? Gaan ek my strategie verander? Wat kan ek anders doen? Hoe kan ek dinge anders hanteer? Wat kan ek maak dat die persoon nie meer so ‘n sterk houvas op my het nie? Wat kan ek aan myself doen om my hart te beskerm sodat spiese wat bedoel is om my hart te deurboor, my nie beskadig nie?

Kom ons leer om lemonade te maak! Kom ons werk daaraan om van ons verleentheid ‘n geleentheid te maak, van ons pyn ‘n groei-ervaring. Kom ons werk aan onsself sodat ons weet wie ons is, sodat ander se wanpersepsies ons nie so seer maak nie, sodat ons die res van die dag kan geniet, sodat vreugdeloses nie ons vreugde steel nie.

Nie altyd maklik nie, maar baie moontlik.

Groetnis

Toortsie

Hierdie bekende foto het ek geleen op Faceboek.

Toortsie se Faceboekblad.

Toortsie by Finesse: Verbeeldingsvlug

10547540_10152244794620669_6855462651523124610_n

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings, Motivering en Bemoediging. Bookmark the permalink.

17 Responses to As die lewe suurlemoene gooi

  1. Pragtig Toortsie!Negatiewe mense moet liewer vermy word.

    Like

  2. Ja ,ongelukkig word mens soms vasgevang in ‘n situasie saam met negatiewe mense en al spook jy om die gesprek te eraai,kom dit altyd terug op die negatiewe spoor.

    Like

  3. Dit is so Toorts en vanuit my perspektief kan ek byvoeg dat dinge wat vandag so vreeslik seermaak en jou omkrap, oor tien jaar belaglik en kleinsielig voorkom.

    Like

  4. Ja, jou reaksie op jou omstandighede bepaal heel dikwels die rigting wat jou lewe gaan inslaan. En net jy het beheer oor daar reaksie. Wanneer dae donker raak, dan herinner ek myself altyd aan alles wat Viktor Frankl as Jood in die Duitse konsentrasie moes deurmaak en die wonderlike boek wat hy geskryf het: Man’s Search for Meaning. Twee aanhalings het al baie my denkrigting bepaal.

    1. Between stimulus and response there is a space. In that space is our power to choose our response. In our response lies our growth and our freedom.
    2. When we are no longer able to change a situation, we are challenged to change ourselves.

    Liked by 2 people

  5. Makliker gesê as gedoen

    Like

  6. ekmyselff sê:

    Ja ons het n keuse…. om of bitter of beter te raak/word vroeer jare toe ek jonger was was die keuse altyd vir my baie maklik…
    Maar soos ek ouer word hoe meer verander dit

    Like

  7. kutukamus sê:

    And what a fitting image! 🙂 Indeed, it’s up to us—pain, or some thirst-quenching lemonade! 🙂

    Like

  8. Terug pieng: L staan vir lawwigheid | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s