E staan vir esel

E staan vir esel, ‘n mengsel tussen ‘n donkie en ‘n perd. (Oeps! Hier maak ek my eie naam esel! ‘n MUIL is ‘n mengsel tussne ‘n donkie en ‘n perd.) Shucks!

E staan vir eerlikheid. Bo alle twyfel. Ter wille van myself. Ter wille van ander mense. Eerbaar wees. Eer.

E staan vir eerste. Vir baie mense is dit ‘n absolute móét. Om altyd eerste te wees, eerste te kom, die eerste te weet van ‘n nuwe modegier.  Eerste liefde. Eerste kleinkind. Eerste skooldag. Eerste dag by die werk.

E staan vir Ek. Die balans, o die balans. Vir party is die Ek tog só belangrik, dis ek, ek en ek. Vir ander is die ek weer so onbelangrik, ook nie reg nie, na my mening. As ek vir myself respek het, sal ek ook vir ander respek hé. As ek weet wie ekself is, sal ek ook respekteer wie die ander persoon is.

Een. Een God. Net een God. Hom alleen moet jy dien.

E is ‘n engel, ‘n boodskapper van God. Soms kry ‘n mens ook ‘engele’ op aarde. 😉

Erdeware, of te wel pottebakkery. Ek hoor nou een Sondag in die kerk dat hulle afgekom het op erdepotte uit die tyd van koning Herodus, toe Jesus gebore is. Daarin was sade van ‘n palmboom wat al totaal uitgesterf het. Blykbaar is ‘n klomp van daardie sade toe in ideale omstandighede geplant en behoorlik vertroetel … en … hulle … groei! Wat ‘n ontdekking! Palmbome wat al eeue terug uitgesterf het, groei weer! WOW!

E is die Eersterivier wat vloei deur Stellenbosch. Langs Coetzenburg vloei ‘n waterstroom … waar menige student al hulle harte verloor het, leer soen het! 🙂

Ererol. Wat ‘n prestasie! Eredoktorsgraad. Eerste Minister. Alles goed wat ek nooit geproe het nie.

Engelbert Humperdict.

Engelkore

Ensemble 🙂 Blokfluitensemble. Enige ensemble. ‘n Groep mense wat saam musiek maak.

Etiek. Werksetiek. In ‘n land met amper 50% werkloosheid, waar armoede hoogty vier, sou ‘n mens dink dat hulle eerder werksetiek sou bevorder, in plaas van luiheid, korrupsie, wat nog alles.

Ela Spence, Ettie Bierman met haar lugwaardinstories en Ena Murray. As tiener het ek hulle stories verslind. Dit was mos Ettie Bierman wat die lugwaardinstories geskryf het? Van stories gepraat, ‘En die Tuinfluiter sing’, van Jos van Manen Pieters het op my ma se boekrak gestaan, met ‘n nuwer weergawe op my eie boekrak. Ek het hom ‘n paar keer gelees.

Ek groet jou!

Toortsie

Toortsie @ Finesse: Kleur

Toortsie se Faceboekpage

 

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging. Bookmark the permalink.

11 Responses to E staan vir esel

  1. Kameel sê:

    Sou nie omgee as ‘n engel aan my wou verskyn nie!!! Maar dan weer gaan ek op my aangesig neerval en hoe de swernoot kom ek weer op. Mooi dag vir jou 😊

    Like

  2. Voeg by: As ek vir myself respek het, sal ander my ook respekteer. Engelbert! Jare laas geluister – ek moet hom sommer nou gaan opsoek.

    Like

  3. Pragtig man! Geestelik is baie belangrik in die lewe.

    Like

  4. Skoon in ekstase oor al die e’s!

    Like

  5. Nou wonder ek of jy met “esel” nie dalk “muil” in gedagte gehad het nie. ‘n Esel is ‘n donkie (heel opreg). ‘n Muil is die kruising waarvan jy skryf. Klompie pragtige e-woorde hier met die mooiste konnotasies. Mens kan die lys natuurlik BAIE lank maak, maar een wat sommer nou in my gedagtes kom, is evangelie.

    Like

  6. Pixie sê:

    Ja! Ettie Bierman! Ek het as jong meisie Ena Murray se boeke verslind, maar intussen aanbeweeg van romantiese novelles. Ek was nogal hartseer alhoewel om verlede jaar te lees dat Ena Murray oorlede is.

    Like

  7. Terug pieng: Blogging from A-Z: Letter E – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s