D staan vir donkie

D staan vir donkie en dam en deurnat, alles plaaswoorde. En vir dadelik, doen, deeglik!

Dawid, Deon, Dewald, eg Suid-Afrikaanse name, en de Wet, de Waal, du Plessis, eg Suid-Afrikaanse vanne.

D is ‘n dame, pragtig getooi.

D is vir dra, ‘n pa wat sy kind dra, vriende wat mekaar dra deur moeilike tye. ‘n Draagbaar om die beseerde te dra.

‘n Dragtige dier.

Droom. ‘n Droom van iets moois of iets goeds wat jy nog altyd wou doen. Jou Droomman of Droomvrou. Hoe sing Lukas Maree? “Ek soek al die jare nog na haar …” Moenie dat iemand jou droom steel nie.

Driejarige 🙂 Wat ‘n fees!

Drie jaar, 1000 dae vir ‘n besigheid om sy staan te maak.

Doeners. Doelgerig.

Dweep.

Skielik Dink ek aan Denemarke. In Denemarke is daar ‘n klein eilandjie, met net die gebou op wat gebruik was om die ongehude moeders te huisves. Deesdae is daar ‘n lang brug weerskante van hierdie eiland wat dit met die land verbind. In die ou dae was daar net water. Dit laat my wonder: Waar was die ongehude vaders? mmmm?

Dankbaar, dankbaarheid. Dankbaar vir voorregte, dankbaar vir geleenthede. Dankbaar vir familie en vriende. Dankbaar vir God vir alles in my lewe.

Dood. Dooierig. Sommer dooilik. Sjoe! Dis erg!

Donderweer. Donderstorm. Hoekom dit nog altyd so met ‘n lawaai moes kom, kon ek nog nooit verstaan nie.

Deur staan vir deur. Net een deur om in die hemel te kom, een deur om by God te kom. En daardie deur is Christus. Jesus Christus. Die Enigste Deur.

Dan is daar Dollars, iets lekkers om te hĂȘ. As jy ‘n hele klompie van hulle in jou sak het, kan jy ver kom. Hulle sal jou egter niks help om deur die Deur te kom nie!

Duur. Duursaam. Groot verskil. Soms is ‘n eenvoudige ding duur, maar nie so duursaam nie.

Dagboek. Daardie boek wat EKSELF te vol maak.

Dogter. My dogter. My meisiekind. My lieflingmeisiekind.

DNA.

D staan vir Dien. Om te dien. Sonder om iets terug te verwag. Dien. Diensbaar.

Dan groet ek maar.
Doortsie

Toortsie by Finesse: Tjoklits op ons pad

Toortsie se Faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging and tagged . Bookmark the permalink.

11 Responses to D staan vir donkie

  1. HesterLeyNel sĂȘ:

    Doortsie 😀 Dis ‘n dienlike lys

    Like

  2. annie260264 sĂȘ:

    Deksels, dis oulik!!

    Like

  3. Jy het een van MY woorde en so ampertjies ‘n tweede een. Donderstorm, so ‘n lekker Vrystaatse een – net die woord alleen bring beelde van wonderlike herinneringe (veral na so ‘n lang droogte) en dan daardie geur na die reen. My ander woord, dankie – so ‘n kort, baie kragtige woord. En dan donskombers. Weer eens, net die noem van die woord op ‘n koue, nat aand bring daai knus heerlikheid soos warm troos oor jou gemoed.

    Like

  4. hehehehe Lekker gelees Doortsie

    Like

  5. Ek het toe ook Donkie gebruik. Jy het beslis n behoorlike versameling d’s hier. Jy vaar baie goed.Noudat ek geskeduleer het kom ek nie by die skakel nie, Just too bad dis maar goed so.

    Like

  6. Terug pieng: Blogging for A-Z: Letter D – I scrap 2

  7. seegogga sĂȘ:

    D= dadels! Letterlik en figuurlik.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s