Toortsie se toeka tokkel oor slaapkamers

In opdrag van Scrapydo.

Ek was ‘n alleendogter in ‘n groot ou plaashuis, so ek het my eie kamer gehad wat my ma baie mooi gemaak het. Toe my oudtste broer uit die huis is, kon ek sy kamer kry wat ‘n badkamer aan het. Ek voel nou nog sleg daaroor, my ander broer moes dit eintlik kry en as ek mooi daaroor dink, ek was bang daar. Daardie kamer was lief vir s p I n n e k o p p e !

Ek was vir 13 jaar lank koshuiskind en moes vir die grootste gedeelte van daardie jare ‘n kamer deel. Dit was ‘n baie goeie leerproses. Ek moes leer om my persoonlike spasie te deel met baie ander, maar ek moes ook leer om ander te respekteer.

In standerds vyf en ses het ons in die ‘groot kamer’ geslaap. Interessant, die klein rukkie wat my dogter in daardie selfde koshuis was, het sy ook in die groot kamer geslaap. Op ‘n stadium was 0ns 8 kinders wat in daardie kamer geslaap het. Eintlik dink ek daardie kamer is geskik vir 6. Ons het tog te lekker gebly daar. ‘n Jolige lot.

Met soveel kinders in een kamer het daar altyd iets ‘gebeur’. Ons klerekaste was almal ingebou aan een muur. Dáár het ons ure verwyl deur handstane en kopstane te doen, elkeen teen sy kas. Ek wonder hoe dit gelyk het vir mense wat daar verby geloop het, ‘n hele ry vol dogters op hulle koppe teen die muur! 🙂

Een van die dogters het in daardie tyd ‘n kitaar gekry. Ons was in standerd ses. Ek was onmiddellik verlief, verslaaf aan daardie kitaar. Binne ‘n dag het ek die eerste drie basiese drukke geleer en toe ek verjaar, het my ma vir my my eerste kitaar present gegee. Wát ‘n vreugde. Ons het gespeel en gesing!

Tog was daar die nodige dissipline: Opstaantyd het ons soos een man opgestaan, stiltetyd het elkeen stil met haar Bybel op haar bed gesit. As die ligte-uit klok gelui het, was die ligte uit, het ons omgedraai en geslaap. In daardie kamer het hulle ‘n vergunning gemaak: Waar die bybelstudiegroepe eers in standerd ses begin het, het hulle op ons versoek dit reeds met ons begin doen in standerd vyf.

Ek het oor jare ‘n verskeidenheid kamermaats gehad. Soms moes ek met hulle uithou, baie keer moes hulle met mý uithou! Ek glo op ons elkeen se eie beskeie manier het ons tog iets van mekaar aan die ander afgesmeer, het ons geleer by mekaar.

Goeie tye!

Toortsie

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se Toeka Tokkel stories. Bookmark the permalink.

12 Responses to Toortsie se toeka tokkel oor slaapkamers

  1. Mmmm Toortsie – ek is ook ‘n koshuiskind en mal daaroor. Die slaapkamers is maar ‘n sensitiewe ding – ek self is nie lief vir spinnekoppe nie – vriend van my het eendag gesê hulle kom agter my stem aan…! ai

    Liked by 1 person

  2. Soos jy sê, lekker tye daardie koshuisdae. Mens leer ander respekteer as mens n kamer deel. Dis dieselfde as met vakansie gaan met ander. Kamers moet altyd gedeel word as jy in n groep is, Dankie vir jou deel van jou slaapkamer stories.

    Like

  3. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 13: Hele April”Blogging from A -Z” – I scrap 2

  4. Ek was altyd jaloers op die koshuiskinders wat nooit sonder geselskap was nie en elke dag by die skool groot stories vertel het van hulle doen en late. Ek was lank die enigste kind in die huis en het nooit nodig gehad om te deel nie, maar ek het darem so nou en dan maatjies uitgenooi om oor te slaap.

    Liked by 1 person

  5. Lekker gelees hier!

    Like

  6. Kameel sê:

    Ken net van koshuis uit die Maasdorp reeks 🙂 Later jare toe ek my twee verlore seuns weer gevind het, het my hare gerys toe ek hulle koshuisstories gehoor het.

    Like

  7. Pixie sê:

    Ek wou so bitter graag koshuis toe gaan, dat ek, in St 8, selfs gemaak het of ek in die koshuis is! En dat ek natuurlik “hoofmeisie” was en al die ander denkbeeldige maats moes maan om te leer en dan moes raas in die gang af vir ligte af tyd. In my eerste jaar op technikon het ek tydens ontgroening vir ‘n week in die koshuis gebly. Dit was die lekkerste week ooit!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s