C was amper ‘n sekel gewees

C is ‘n Engelse letter waarmee nie veel Afrikaanse woorde begin nie. Ek sal sowaar ‘n woordeboek moet nadertrek!

C staan vir Calvinia, Clanwilliam, Cloetesville, almal plekke wat ek nie ken nie. Tog lê daar Toortsieboeke in Clanwilliam se Kunshuis te koop!

Die Camino, die staproete in hoofsaaklik Spanje wat soveel mense onderneem. ‘n Geloofsroete oor baie honderde kilometers wat mense stap, sommer om weer hulle lewe te oordink, of om watter rede ook al. Iets wat ek ook nog graag sal wil doen, dalk nie die hele roete nie, dalk sommer net ‘n stukkie daarvan.

Christene, volgelinge van Christus.

Coetzenburg op Stellenbosch. Langs Coetzenburg vloei ‘n waterstroom, aai, jaai, JOEgaai! Coetzenburg waar die Maties hulle ding doen, sport doen, graad vang.  Op Coetzenburg het ek die voorreg gehad om vir Zola Budd in aksie te sien. Sy het teen die top atlete van al die universiteite deelgeneem en hulle van agter af ingehaal! (Dis gewoonlik iets wat met my gebeur het, die goeie ouens het my van agter af ingehaal!) Daar het student rondom die baan gesit en deur die Mexican Wave te volg kon jy presies sien waar sy op die baan is.

Calamari. Heerlik as dit reg gaargemaak word. Calamariringe met Tartaresous, Calamarsteak. Mmmmmm …

Cantabile. In ‘n sangerige styl. ‘n Baie beskrywende woord in musiek.

Con Brio. Met vuur! Con spirito. Met geesdrif.

Chicago. Daar het ek een nag geslaap. Hul het ons vreeslik vertel van die meer, hoe belangrik dit vir hulle klimaat is, en tog het hulle hom nie vir ons loop wys nie. Kan jy nou meer! Of het hulle?

China. Ek het geen begeerte om soontoe te gaan nie. Die Chinese invloed moet ons egter nie onderskat nie. Moet ons bang wees? Of moet ons aan maniere begin dink om met hul saam te leef? Die Chinese taal aanleer? Hulle is hier, of ons dit wil erken of nie, hulle kinders word Suid-Afrikasnse burgers. Ek bly dink hoe ons as Christene na hul kan uitreik. Ons hoef nie eers China toe te gaan on die Goeie Nuus met hulle te deel nie, God stuur hulle na ons! Ek wens ek weet hoe ek kan maak, ek kom nie eintlik in hul winkels nie. Dalk is dít stap een? Om hul winkels te begin besoek?

C staan vir Camry. Toyota Camry. ‘n Rooie. Dis wat my skoonpa gehad het. Oeee daai kar kon  v i n n i g ry! Sjoe!

Camerbert kaas, goed rypgemaak. Lus kry ek nou!

So het ek toe nooit die woordeboek uitgehaal nie!

Chau

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging and tagged , , . Bookmark the permalink.

13 Responses to C was amper ‘n sekel gewees

  1. Kameel sê:

    Gewonder of ek en jy nie die dag by die casino kan deurbring, en vir ons calamari vir ete bestel nie. Toe onthou ek Carel my chauffeur het dag af. Sonder hom is dit chaos in my lewe….. maar ek sal oorleef. Gelukkig is ek nie choleries van aard nie, dus sal ek die dag rustig by die swembad deurbring waarin die tuinier te veel chloor gegooi het, wat dit onmoontlik maak om te swem. Maar wat, ‘n goeie boek en ‘n cocktail en dit gaan ‘n wonderlike dag wees. Chau 🙂

    Liked by 2 people

  2. Ek het destyds met my ma se Cortinatjie my lisensie gekry. Toe kon ek self CSV toe ry en selfs ‘n meisie vir ‘n lekker cappuccino neem. Die fancy restourante met chefs en chilli-geregte het my nooit aangestaan nie. My sussie het nog my CV op ‘n tikmasjien getik op voorwaarde dat ek haar balletklas toe neem. Ek het nie omgegee nie, maar moet toegee dat dit vir my meer om die chicks as die choreografie gegaan het. Ciao! Cheers!

    Liked by 1 person

  3. …..moeilike ene – die C! Ek is besig om vir ons kleinseuntjie ‘n prenteboek te maak van die alfabet. Ai jai, die ‘c’ is moeilik……! C’est la Vie!

    Liked by 1 person

  4. Jy is lekker slim… ek sou maar die woordeboek moes nader trek!

    Like

  5. Wys jou net sodra mens begin dink kom daar tog genoeg tevoorskyn om te gebruik. Ek het ook aan Cortina en Corolla gedink vir c

    Like

  6. Terug pieng: Blogging from A-Z: Letter C – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s