B staan vir Bees

B staan vir Blogging! Wat ‘n lekkerte!. Sal ek God ooit genoeg kan dank vir hierdie deur wat Hy vir my oopgemaak het? Danksy blogging het ‘skryf’ in my ontwikkel, iets wat dalk nooit anders sou gebeur het nie. Hoe arm sou ek nie dan gewees het nie! Danksy blogging het ekself ontwikkel en baie dinge geleer. Dis ‘n nuwe wêreld wat vir my oopgemaak het.

Bredasdorp. Hier het ek grootgeword en ook weer as volwassene kom leef. Hier het ek mens geword.

Bybelstudie. Wat ‘n heerlike tydverdryf. Persoonlike bybelstudie, maar ook in groepe saampraat oor God,  die lewe, enige ding. Om as vriende saam meer oor God te leer.

Boere. ‘n Vloekwoord vir baie. Sekere gemeenskappe praat van die ‘boere’ wanneer hulle die polisie bedoel. In die Bybel is boere en boerdery ‘n edel beroep. Die boere is die mense wat God gebruik om vir ons ons kos te voorsien. Elke happie kos wat ons in ons mond sit, is deur ‘n boer geproduseer, tensy jyself dalk ‘n groentetuin het of hoenders in die agterplaas aanhou.

Bejaardes. Hulle wat die pad voor ons reggemaak het. Hulle wat ons voorgeloop het. Danksy húlle harde werk en liefdevolle sorg toe ons nog klein was, het daar vir ons geleenthede gekom wat ons weer kon uitbrei en ontwikkel.

Braaivleis. Bobotie. Boerekos. Brandewyn. Broccoli. Broccolislaai is heerlik, terloops, en as jy nie weet hoe om dit te maak nie, kyk in Toortsie se Bantingboerekos.

Bach, Beethoven, Brahms, almal musiekmense van formaat.

Berge. Banting. Boorde appelbome. Bloeisels in die lente. Boeke.

Begeesterd! Wat ‘n word! Wat ‘n verskil maak so ‘n woord!

B is ‘n bruid, uitgedos in die mooiste rok, haar oë skitter, sy is pragtig, met blomme in die hand. Aan die einde van die paadjie wag die bruidegom, trots. Hy staan verstom as hy haar sien. Sy bruid. En saam hou hulle bruilof, met bruilofsgaste wat elke oomblik behoorlik geniet. 🙂

Beste groete

Toortsie

Toortsie by Finesse: Tjoklits op ons pad.

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek Faceboekpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in A tot Z van blogging and tagged . Bookmark the permalink.

22 Responses to B staan vir Bees

  1. Kameel sê:

    Liewe Toorts…. jy is voorwaar begeesterd deur hierdie A-Z uitdaging. Ek is beindruk 🙂

    Like

  2. Ja-nee ek stem saam. Begeesterd is jy beslis. Bruid, bruidegom, buidspaar is mooi B woorde.
    Jy doen goeie werk met jou alfabet. Onthou net om n dag tussenin af te vat om asem te skep.

    Like

  3. ekmyselff sê:

    Baie lekker gelees. Besonders.

    Liked by 1 person

  4. seegogga sê:

    Bliksem! Het nooit geweet B is so Besonders ni!

    Like

  5. seegogga sê:

    Skuus vr d woord maar hy pas so mooi by B

    Like

  6. Besonders met ‘n B…geskryf!

    Like

  7. Terug pieng: Blogging from A-Z: Letter B – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s