#Imagine! 2016

Hierdie naweek is dit weer #Imagine! Ek raak sommer net opgewonde as ek daaraan dink, want regoor die land gaan daar duisende tieners bymekaar kom vir die naweek en God loof en prys en eer. Hulle gaan nuwe dinge leer, hulle gaan positief beïnvloed word vir die toekoms, hulle harte gaan verander, hulle lewensloop gaan verander. Hoe fantasties! Hoe opwindend!

#Imagine! is ‘n beweging wat 100% gemik is op tieners. Dit word op drie plekke in SA aangebied. Verlede jaar was daar net by die Bredasdorp saamtrek 4000 tieners gewees, vanjaar hoop hulle vir 5000! 5000 tieners wat die ervaring van hulle lewe gaan hê.

Die toekoms van ons land lê in die hande van ons jeug. Ons kan ons skouers optrek, kla, bekommerd wees, of ons kan daadwerklik deelneem en sorg dat ons eie toekoms in goeie hande geplaas word. Hoe? Deur sulke positiewe aksies, soos #Imagine te ondersteun. Ons kan ons hulp aan te bied, want hulle het altyd vrywilligers nodig. Al daardie duisende kinders moet kos kry in ‘n ekstra kort tydjie. Vir elke 8 of 10 tieners is daar ‘n volwassene nodig wat daar is om te help om die kinders te koördineer. As jy naby een van die plekke is wat dit aanbied, hulle het byvoorbeeld bakkies nodig om die kinders te vervoer van die registrasieplek tot by hulle tentjie. Hulle het tente nodig! Natuurlik is daar altyd die behoefte aan fondse. Ken jy ‘n tiener? Stuur hom of haar asseblief na #Imagine en maak ‘n verskil! Borg vir hom/haar sy/haar toegangsfooi van R400, of dalk, net ‘n gedeelte daarvan. Dalk ken jy ‘n volwassene wat graag sal wil gaan kamp saam met die tieners, vir R500. Dalk kan jy vervoer aanbied tot by die naaste kamp?

Daar is SOVEEL wat ons kan doen, ek het net ‘n paar genoem. Wat ek weet uit eie ondervinding is die groot verskil wat sulke kampe in my eie, en ook my kinders se lewens gebring het. Imagine, stel jou voor, dink net, as daar 400 tieners van ‘n dorp, van alle rasse en klasse, so ‘n naweek ervaar het en terugkom in hulle skole, WAT ‘N VERSKIL maak hulle nie in hulle skole en gemeenskappe nie? Kan jy jou voorstel? Kan jy jou voorstel as 20 000 tieners landwyd so ‘n kamp bywoon, tesame met nog ‘n 2 000 volwassenes wat ook alles bywoon, WAT ‘N VERSKIL kan dit nie maak nie?

Maak ‘n verkil! #Imagine!

Toortsie

#Imagine! Faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Ouerskap en ouerleiding and tagged . Bookmark the permalink.

2 Responses to #Imagine! 2016

  1. Dis wonderlik. Daar is steeds elke dag geleentheid vir geloof en verstaan. Selfs vir volwassenes is dit n geleentheid om te kan getuig en leef volgens Sy wil,

    Like

  2. Kameel sê:

    Ag toggie ek sal huil. Net as ek ons jeug in die kerk met soveel entoesiasme die Here sien loof en prys raak ek tranerig. Vertrou die Here gaan ‘n magtige werk daar doen.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s